Het die naweek daar naby Rustenburg gaan jag op Bikibinibos. Jag is uitsluitlik op voet en ek het agtergekom hoe onfiks ek geraak het, is vanoggend nogsteeds styf. CarlS hier op die forum was my "pee-h" soos hy self gese het ;-).
Ons het die Saterdag oggend net so voor 7 begin stap, opsoek na 'n blouwb. Net so voor 8 het ons die eerstes gewaar waar hulle naby 'n groot kareeboom rondgestaan het. Bietjie nader bekruip en die skoot op omtrent 100m geraam. Die probleem was egter dat daar nie 'n skoot was nie. Die beeste het heeltyd gemaal en geen skoot gebied nie.
Sit toe geduldig en wag en van die regterkant kom daar toe nog 'n paar wildebeeste uitgestap. Een bul was nie lus vir die ander se spelery nie en het in ons rigting begin stap en gesien iets is nie reg nie en nog nader gestap. Die bul het dan gestop en gekyk, weer bietjie nader gestap en gestop en gekyk tot hy 50m van ons was. Ek het vir Carl gefluister hy gaan ons sien en dan gaan die res van die trop ook hardloop. Die skoot was oop waar ons in 'n droee kleierige loop gesit het, behalwe vir twee takkies van 'n boompie of iets wat tussen my en die bul was. Die bul het effe na regs beweeg en ek het die geweer na regs geskuif in afwagting vir die bul. Ek het 'n 30cm opening gehad om tussen deur die 2 takkies te skiet. Die bul het nog 'n paar tree na regs gegee, die geweer was reeds op die regte plek en ek moes net korrel....
Die skoot het geval en die 220gr Hornady Interlock het getref waar ek gemik het. Met die eerste oogopslag kon mens sien iets is nie pluis met die bul nie. Die handbriek was nog opgetrek toe hy probeer om weg te vlieg. Dit het maar sukkel-sukkel gegaan sonder 'n regterskouer. (Die bul het my sy bors na ons gedraai gestaan, agter die blad skoot was nie aan nie. Ek het toe gemik net links van die nek soos wat hy vir ons gekyk het. ) Die bul het agter die bosse in verdwyn en ons het bly sit, die skoot was goed en dit was net 'n kwessie van tyd voor die bul sou omdop.
Ons stap toe oor na die plek waar die bul gestaan het en draai toe regs in die rigting waarheen hy gehardloop het. Die afwesigheid van bloed het my bietjie bekommerd gemaak, die bul is reguit bosse toe sonder om vir ons "broodkrummels" te los. Na 'n paar draaie se rondloop en niks om vir dit te wys nie, het ek alles neergesit en terug gegaan na waar die bul gestaan het. Weer probeer soek vir bloed sonder sukses. Die bosse ingevaar en 'n rapse dieper in die bosse ingeloop as wat mens sou verwag het die bul sou gaan. Op pad terug uit, het ek 'n sug van verligting geslaag. My bul het omtrent 150m gehardloop voordat hy omgedop het. Selfs in sy laasste paar tree het hy baie min bloed verloor.
[img width=360 height=480]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... -00470.jpg[/img]
[img width=560 height=371]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP7491.jpg[/img]
Die top van die hart is getref
[img width=560 height=371]http://i1134.photobucket.com/albums/m61 ... GP7493.jpg[/img]
Die 220gr Interlock geskiet uit my 30-06 M90 Musgrave teen ongeveer 2100vps. Punt is nie herwin nie (vergeet om te vra), die hoek van die skoot het beteken die punt het seker erens in die derms te ruste gekom.
Hier is 'n link na 'n kort videoclip... https://vimeo.com/44223745
Baie dankie Carl... al het ons nou nie daai rooibok gekry nie !
