Blesbok - net biltongbok of hoe?
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Blesbok - net biltongbok of hoe?
Manne, ek het n blesbok present gekry om einde van die maand te loop jag. Nou weet ek nie lekker wat om met die vleis te doen nie - het al BB biltong ge-eet en dis dit.
Wat se die experts - wat behalwe biltong werk nog met die knaap?
Wat se die experts - wat behalwe biltong werk nog met die knaap?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Natwors!!!!!!
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Ek het verlede jaar twee blesbokke laat opsny basies soos jy skaap sal opsny. Saal tjops, boude in die helfde, skenkels. Wel ook natwors laat maak, en maalvleis.
Twee weke terug een geskiet en die keer egter net natwors en maalvleis laat maak, want dit was die behoefte in my huis. Nie van een van die twee bokke het ek n stukkie biltong of droewors gameek nie.
Twee weke terug een geskiet en die keer egter net natwors en maalvleis laat maak, want dit was die behoefte in my huis. Nie van een van die twee bokke het ek n stukkie biltong of droewors gameek nie.
Veiligheid eerste manne!
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
X2matewis wrote: Natwors!!!!!!
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
- Renier
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Ek benut hom ook vir kookvleis. So bokkie in die stoom-pot smaak vorentoe met die regte sous
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Ek het kerrie sosaties gemaak van een boud se vleis. Dit was fantasties. Ander boud gespit met marinade was vorentoe
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Het so rukkie terug 4 blesbokke verwerk.
Basies het ek so paar tjops uitgesny (vir braai) en die res gemaal vir mince en wors en frikkadelle. Sy vleis (as jy hom dun sny) maak ook 'n baie lekker chilli bite. Kookvleis wat ons die bene afgekook het en pasteie gemaak het, smaak vorentoe!

ek soek nog wapens...
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Dankie manne - lyk my hier kom wors - nog nooit BB wors ge-eet nie.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Jy kan ook 'n paar stukkies lekker kerrie gee. Geniet dit... jy het my nou lekker lus gemaak - ek braai sommer vanaand!!
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
+1SV MAD (Henk) wrote: Het so rukkie terug 4 blesbokke verwerk.
Basies het ek so paar tjops uitgesny (vir braai) en die res gemaal vir mince en wors en frikkadelle. Sy vleis (as jy hom dun sny) maak ook 'n baie lekker chilli bite. Kookvleis wat ons die bene afgekook het en pasteie gemaak het, smaak vorentoe!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Ek geniet so BB boud op 'n weber. Ek maak soos volg.
1 x Blesbok boud
1 x klein ui
1 x pakkie varkspek
50ml olyf olie
roosmaryn
sout swart peper
Sny ui en spek in blokkies en stop Blesbok boud. Geur boud met sout en peper en roosmaryn na smaak.
Sit die blesbok boud op weber foelie bord en besprinkel met die olyf olie.
plaas foelie bord met blesbok op weber, sit weber deksel op, draai boud elke half uur en kook tot gaar.
hierdie is van die beste boude wat ek al in my lewe geeet het, let wel dat die roosmaryn wel spaarsamig gebruik moet word.

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Ek gebruik weer so halwe boud in potjie kos. Net soos jy normaalweg jou pot aanmekaar sal sit, maar ek sit die halwe boud, netso in die pot, en van daar af die normale prosedure. Wanneer dit tyd is om op te skep, haal ek die boud uit en sny dit in stukke om te bedien.
Veiligheid eerste manne!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
FHM
Jy gaan beslis weer Blesbok wil skiet. Sy vleis, veral as hy van die voet gejag word, en nie baie in die jagkamp rondgeharloop het nie smaak voortreflik, en sy biltong/dro?wors is ook baie lekker.
Laat jou karkas so tussen 7 en 10 dae ryp word, en dan verwerk jy die outjie vir Biltong, dro?wors, steaks, tjops, nat wors. Jy gaan nie spyt wees nie.
Groete
Jean

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Blesbok is ook een van die budget bokkies op my lys elke jaar.Die nekke sny ek lekker dik skywe,gooi hulle in die slowcooker in die oggend en vanaand het jy heerlike,sagte sopvleis.Gooi groente en baie gort by,saam met vars brood loop hy mooi.Kookvleis met n lang kerriesous en klein aartappeltjies op stampmielies.Ek dink ek moet nou ophou,ek is besig om myself te verdrink.
Groete,lekker kook.
Groete,lekker kook.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
With labour and diligence.
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Die loop soos JET FUEL
BlesbokBoud
Daar word beweer dat hierdie resep onverbeterlik is. Dit werk ook vir ander wildsbokke en selfs skaapboud. Selfs mense wat nie lief is vir wildsvleis nie, kan nie nee s? vir die een nie.
10ml fyn koljander 10ml swartpeper
5ml fyn naeltjies 5ml mosterdpoeier
2,5ml fyn gemmer
3ml neutmuskaat sout
repies varkspek
knoffelhuisies
suurlemoenblare / lourierblare
1 blikkie bier 75ml asyn of 125ml suurlemoensap
75ml worcestersous
125ml olie Vryf boud in met dro? kruie.
Kombineer sousbestanddele en marineer 24 uur of langer. Bak in stadige oond, in die marinade. (selfs oornag teen 100C.. dit maak BAIE sous)
Danie 243 se Kerrie sosatie resep
Die kooksel is reg vir so 25 tot 30 sosaties
1 kg uie
kwart koppie olie
kwart koppie mazina
500 ml asyn wit
500 ml water
1 en half koppie suiker
kalf koppie kerrie poeier matige soort
1 koppie bladjang
1 koppie melk
2 tee lepels sout
1 tee lepel borrie
Braai uie in olie Meng al die ander bestandele Voeg dit by die uie Roer deer Bring die spul tot op kookpunt Draai plaat effens af en kook vrir 5 min Roer kort-kort, dit wil maklik brand
Haal af van stoof af en laat HEELTEMAL afkoel
Pak vleis in sous en laat staan in yskas vir 3 tot 4 dae, roer gereeld die spul om en om
BlesbokBoud
Daar word beweer dat hierdie resep onverbeterlik is. Dit werk ook vir ander wildsbokke en selfs skaapboud. Selfs mense wat nie lief is vir wildsvleis nie, kan nie nee s? vir die een nie.
10ml fyn koljander 10ml swartpeper
5ml fyn naeltjies 5ml mosterdpoeier
2,5ml fyn gemmer
3ml neutmuskaat sout
repies varkspek
knoffelhuisies
suurlemoenblare / lourierblare
1 blikkie bier 75ml asyn of 125ml suurlemoensap
75ml worcestersous
125ml olie Vryf boud in met dro? kruie.
Kombineer sousbestanddele en marineer 24 uur of langer. Bak in stadige oond, in die marinade. (selfs oornag teen 100C.. dit maak BAIE sous)
Danie 243 se Kerrie sosatie resep
Die kooksel is reg vir so 25 tot 30 sosaties
1 kg uie
kwart koppie olie
kwart koppie mazina
500 ml asyn wit
500 ml water
1 en half koppie suiker
kalf koppie kerrie poeier matige soort
1 koppie bladjang
1 koppie melk
2 tee lepels sout
1 tee lepel borrie
Braai uie in olie Meng al die ander bestandele Voeg dit by die uie Roer deer Bring die spul tot op kookpunt Draai plaat effens af en kook vrir 5 min Roer kort-kort, dit wil maklik brand
Haal af van stoof af en laat HEELTEMAL afkoel
Pak vleis in sous en laat staan in yskas vir 3 tot 4 dae, roer gereeld die spul om en om
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Hallo Neels
Dankie vir die een. Ek jag die einde van die maand 'n blesbok of drie, en sal baie beslis hierdie resepte probeer.
Groete
Jean
Dankie vir die een. Ek jag die einde van die maand 'n blesbok of drie, en sal baie beslis hierdie resepte probeer.
Groete
Jean
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
+1Jean Marais wrote: Hallo Neels
Dankie vir die een. Ek jag die einde van die maand 'n blesbok of drie, en sal baie beslis hierdie resepte probeer.
Groete
Jean
Veiligheid eerste manne!
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Het ongelukkig alergies geraak vir Blesbok maar toe ek nog kon eet het ek sy ribbetjies heel gehou, rugstringe heel vir net so braai en die res natwors met Crown se Burgerwors Speserye.
Dan eet hy lekker maar as Blesbok eers gehardloop het kan jy met hom net wors maak.
Groete
Dan eet hy lekker maar as Blesbok eers gehardloop het kan jy met hom net wors maak.
Groete
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
-
stan man
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
ekself is nie baie lief vir blesbok nie .maar die kan ek jou se,daai maak n mean sosatie. probeer hom bietjie met freddy hirsch se red wine and garlic. hy maak ook n lekker boud in n yster pot. gooi french sallad dressing in die pot saam net die boud wat jy ingevryf her met growwe braai sout. ek stop hom gewoonlik ook eers met knoffel en varkspek.as ek hom gaarmaak draai ek hom so elk dan en wan dat die sous kan intrek. hy maak ook lekker hamburger patties.
ek moet se ek sal knoffel oor roomys ook eet.
ek moet se ek sal knoffel oor roomys ook eet.
- green leader
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Tue Jan 12, 2010 7:10 am
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
nee wat blebok se kind maak ek net biltong en droe wors, n man moet sy storie ken om hom mooi gaar te maak.
bsa .303
parker hale 30 06
colt .45
webley scott 7.65
aya 16 guage
anschutz .22 hornet
parker hale 30 06
colt .45
webley scott 7.65
aya 16 guage
anschutz .22 hornet
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Dankie manne!
Ek sal die BB nat wors en sosaties bou
Ek sal die BB nat wors en sosaties bou
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Nat wors... Ons saag sommer die hele bok in sulke slices met die vleissaag, dan sny jy al die vleis bitter maklik af. Saam met 'n damara se stert is dit net mooi genoeg om wors te maak.
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Blesbok - net biltongbok of hoe?
Hi FHM
In my opinion, there are many other spesies that provide better venison than blesbok for the table. But that does not mean you should not keep some for cooking - it's not bad at all.
My advice:
Blesbuck ewe is totally unaware of you. She is relaxed and you are close enough to take a neck shot. >>> Process however you like. Just the way you would process a nice fat impala. The meat will be good for cooking.
Blesbuck is aware of you. You take a neck shot or heart/lung shot and the blesbuck is dead within seconds. >>> Keep the shins and neck for poitjie/stew. Make wors / drywors / patties / biltong with the rest.
Blesbuck has been chased / stressed / wounded before killing it. >>> Turn the whole thing into drywors & biltong.
In all cases, hang the blesbuck in it's skin for 7-10 days before processing. A ewe / young ram will provide better venison than a trophy ram.
Enjoy the hunt.