Naand Manne
Hoop julle verstaan waarna ek verwys in die opskrif. Ek jag net deeltyds, en as ek nie by die huis is nie word my stoel afgehaal en gebruik die volk my bakkie vir alledaagse werk.
Ek hang gewoonlik my jakke aan die tralies met 'n stukkie pressdraad deur die hakskeensening, maar ek wil graag 'n ophangraam maak wat ek sommer vir springbok en ongediertes kan gebruik.
My rooi Isuzu het 25 of 30mm (eks nie doodseker) square tubing tralies, maar somtys jag ons springbok met my Pa se cruiser en hy het weer pyptralies, so ek wil probeer om 'n ophangraam te sweis wat op beide sal pas. Is dit moontlik dat ek een sal kry wat op Pyp sowel as square tubing tralies sal pas?
As van julle voltydse manne my dalk 'n paar tips kan gee sal ek bly wees.
Groetnis
Ponkie
Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
Ponkie
Ek sal foto neem van raam wat ek by scrap dealer raak geloop het, werk baie lekker en eenvoudig.
Izak H
Ek sal foto neem van raam wat ek by scrap dealer raak geloop het, werk baie lekker en eenvoudig.
Izak H
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
Izak
Asb man, ek sal dit waardeer. Ek wil probeer om 'n hak te maak wat ek kan afhaal as ek terugkom universiteit toe en die bakkie weer vir normale plaaswerk gebruik word.
Groetnis
Ponkie
Asb man, ek sal dit waardeer. Ek wil probeer om 'n hak te maak wat ek kan afhaal as ek terugkom universiteit toe en die bakkie weer vir normale plaaswerk gebruik word.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- tokjak
- Sr. Member

- Posts: 331
- Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm
Re: Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
hi ponkie,weld vir jou n square raam uit pyp [om binne jou bakkie se tralies te pas ].ek maak dit sommer met draad aan bestaande tralies vas .dan weld jy skuins plat kante met hake aan ,waaraan bokke of jakkies hang.as jy klaar is ,haal jy hom weer af tot weer benodig.
groete
groete
- Izak H
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am
Re: Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
Ponkie
Hier is die foto's soos belowe

Op foto links wys hoe raam oor tralies skuif, tussen die 2 hoekysters in, en dan met 2 boute vas getrek/geknyp word. Foto regs wys net die voorste 2 'pote' wat oor tralies skuif. Die raam is van hoekyster gemaak, 2 mense sit hom maklik op, soos jy kan sien hang myne in my garage se dak en ry ek net onder hom in en laat sak hom en draai vas.
Ek hoop jy verstaan. Ek sal ook as ek hom weer op die bakkie het vir jou 'n foto neem en post.
Groete Izak H

Last edited by Izak H on Sun Jun 10, 2012 4:29 pm, edited 1 time in total.
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
Izak en tokjak
Dankie vir julle idees. Ek sal foto kom opsit as ek by die huis is en myne gebou het.
Groetnis
Ponkie
Dankie vir julle idees. Ek sal foto kom opsit as ek by die huis is en myne gebou het.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
404Jeff
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am
Re: Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
Manne as julle hake maak kan ek dit vir julle zinc plate, ek is tussen Potch en Vandebijl.
223
303Epps
404Jeff
450 straight
303Epps
404Jeff
450 straight
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
Ek sal more n foto of twee post van my hakke,dis baie eenvoudig en werk mooi.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Plan vir "ophang-hakke" aan Tralies
Naand manne
Soos beloof hier is 'n foto van die hakke-patent wat ek gemaak het, hy werk baie mooi vir die springbokke, daar is nog 2 stelle hakke van 4 elk wat aan die sykante kom.
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 3-1514.jpg[/img]