Loop lengte, punte en twist vir 260REM Sako TRG

Post Reply
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Loop lengte, punte en twist vir 260REM Sako TRG

Post by Sako75 »

Manne,

Ek hoor graag julle mening.  Ek wik en weeg om 'n Sako TRG in 260Rem te laat bou - die pierce de resistance vir my. As ek dit wel aanpak, wat sou julle aanbeveel itv die optimale lengte van die loop, die tipe en gewig en punt en natuurlik daarna die twist om die 260 tot sy reg te laat kom as teiken geweer wat ook nou en dan 'n bok laat bakkie ry?
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Loop lengte, punte en twist vir 260REM Sako TRG

Post by Francois Marais »

Sako

Myne is n 1-9 Twist Whalter Match loop, 27" en 21mm op sy kroon. Ek weet die kal doen sy beste LR (long range) werk met die 142gr Sierra MK punt.

Ek het myne laat bou om n geweer te he wat my langer loop leeftyd kan gee as n 25-06 op die dag-oeste wat ek doen, so myne laai ek 120gr MK en Nosler BT punte, skiet 3100ft/sec met 43.5gr S365, en ek behoort ong 3500 skote uit die loop te kry. 25 Kan dit nie doen nie. Wat ek egter van die 6.5 agtergekom het, moenie sy punte teen die lands laai nie, hy soek ten minste n 2.5mm jump, myne in elk geval. Hier is n foto van my geweer:

Image

Die hele net is vol geskryf oor die 260 Rem, en soos maar met alle kal is daar manne wat goed en weer ander wat sleg praat. Hier is n paar wat n redelikke idee gee van wat jy te wagte kan wees

http://www.norma.cc/content.asp?Typ=59&Lang=2&DocumentID=261&Submeny=4&Rubrik=Calibers&Title=260+Remington

http://www.shootingtimes.com/ammunition/ST_260remington_200904/

http://shootersforum.com/showthread.htm?t=15240

http://www.snipercentral.com/260.htm

http://demigodllc.com/articles/the-case-for-260-remington/

http://demigodllc.com/articles/6.5-shootout-260-6.5x47-6.5-creedmoor/

Sako, daardie behoort jou n rukkie besig te hou, lyk my die 1-9 twist is maar die gunsteling, maar lees maar self.

Mooi loop
Francois
Last edited by Francois Marais on Mon Mar 22, 2010 3:08 pm, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply