Beste waarde vir geld bok
-
ablm468
Beste waarde vir geld bok
Watter bok volgens die slim manne sal die beste waarde vir geld bied, maw as mens dioe prys per kilogram uitwerk.
Ek het byvoorbeeld 'n swart wildebees geskiet die naweek, dit was 'n mooi bul, ek het 'n netto van 40 kg skoon vleis uitgeslag, as jy dan die prys uitwerk teen R2500 per bok is dit R62,50/kg nou wil ek weet watter ander bokke is daar wat dalk 'n beter ratio lewer?

- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Hansman,
Dan moet 'n Blouwildebees bul teen omtrent R2800 baaaie beter waarde vir geld bied?
Nie seker hoeveel "skoon vleis" van 'n 130KG karkas kom nie..
Groete
Dan moet 'n Blouwildebees bul teen omtrent R2800 baaaie beter waarde vir geld bied?
Nie seker hoeveel "skoon vleis" van 'n 130KG karkas kom nie..
Groete
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Ek het 'm BWB koei vir LCA geskiet verlede jaar, karkas was net oor 'n 100kg, skoon vleis omternt 50kg as ek reg onthou.Jagmaar wrote: Hansman,
Dan moet 'n Blouwildebees bul teen omtrent R2800 baaaie beter waarde vir geld bied?
Nie seker hoeveel "skoon vleis" van 'n 130KG karkas kom nie..
Groete
Prys was R2400/50 = R48/kg
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "
- PJS
- Sr. Member

- Posts: 403
- Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am
Re: Beste waarde vir geld bok
Hansman
Ek is nie n slim man nie, maar ek antwoord omdat ek so bietjie ervaring het met die wildsvleis wat ons deur skenkings kry en dan verkoop om fondse in te samel.
Ek stem saam met Jagmaar. Indien die BWB so 130 kg weeg is die skoon vleis, ons ervaring en kan meer of minder wees, so +-70-72% van karkas gewig. Dit gee 91 kg. Indien jy R2500 betaal, wat ek kan kry op n paar plase op die oomblik, dan is dit R27 per kg. Dit is, na my mening, die goedkoopste wat jy sal wegkom. My buurman het laas week by Setlagoli n Kudu bul geskiet wat 160 kg uitgeslag het maw +-112 kg vleis vir R3850. Dit is BAIE goedkoop vir Kudu vleis. R34 per kg. Dink hy het ges? dit was n 47 duim.
Net my beskeie ervaring en mening.
Die goedkoopste is natuurlik die gratis een!
, maar die gelukkies is maar min.
Mooiloop
PJ

Jag is 'n voorreg. Geniet en waardeer elke geleentheid.
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Beste waarde vir geld bok
Ek stem saam Ludwig.Ludwig wrote: As mens beste waarde vir geld vleis bokke wil skiet, vergeet van die manlike diere. Koedoe, blouwildebees en eland koeie gaan waarskynlik die beste R/kg pryse lewer, en boonop lekkerder vleis as die manlike diere ook.Vir my persoonlik elkgeval. Ek dink enige iets onder R25/kg vir skoon karkas gewig is billik vir vleis bokke. Meer as dit sal ek nie sommer betaal nie. As jy by manlike diere wil hou, is blouwildebees seker een van jou betere keuses.
Beste waarde vir geld is per kg.
Daarom sal ek nooit vir prys per karkas skiet nie, tensy ek 'n trofee wil h?. Dan is prys per kg irrelevant.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Hansman
Het jy jou tyd vervoer en verblyf koste ook by gereken om die prys te kry.
Beretta
Het jy jou tyd vervoer en verblyf koste ook by gereken om die prys te kry.
Beretta
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Kom ons los dag gelde vervoer ens uit, my ondervinding was nog altyd dat eland rand n kiklo nie sommer geklop kan word nie. Dit sluit nou trofee diere uit. Mooi groot eland koei slag maklik 240-250kg uit en teen R4500-R5000 gee dit dan tussen R20 en R18 per kilo vleis, boonop sit jy dan met van die beste wildsvleis watr daar is.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
ablm468
Re: Beste waarde vir geld bok
Beretta
Nee ek het net die prys van die bok gebruik R2500, die karkas gewig was om en by 60kgs, netto vleis was 40 kg/R2500 = R62,50/kg.
As ek nou al daai kostes moet byreken sou hy my 'n fortuin gekos het maar mens kan 'n prys op genotwaarde sit nie.
Nee maar dankie manne, ek gaan elk geval einde van die maand 'n eland koei skiet, sal graag wil hoor wat weeg 'n gemiddlede eland keoi aan die hak?

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
ChevvyChevvy SS wrote:Ek stem saam Ludwig.Ludwig wrote: As mens beste waarde vir geld vleis bokke wil skiet, vergeet van die manlike diere. Koedoe, blouwildebees en eland koeie gaan waarskynlik die beste R/kg pryse lewer, en boonop lekkerder vleis as die manlike diere ook.Vir my persoonlik elkgeval. Ek dink enige iets onder R25/kg vir skoon karkas gewig is billik vir vleis bokke. Meer as dit sal ek nie sommer betaal nie. As jy by manlike diere wil hou, is blouwildebees seker een van jou betere keuses.
Beste waarde vir geld is per kg.
Daarom sal ek nooit vir prys per karkas skiet nie, tensy ek 'n trofee wil h?. Dan is prys per kg irrelevant.
Ek reken weer daai "kom haal gou die naweek vir jou enetjie" bokke is die goedkoopste om te gaan skiet/jag, maar dit mag soms bitter duur uitwerk om hom net eers belowe te kry
Enige bok per kg behoort goedkoper uit te werk as om per bok te betaal. Kudu en Eland werk gewoonlik ook nie sleg uit per kilo nie
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Beste waarde vir geld bok
My bokke van die afgelope naweek het soos volg geloop:
Koedoe koei: 75kg@ R3000.00/bok = R40/kg
Gemsbokbul: 112kg@ R4000/bok = R 35,71
Blesbokram: 32kg@ R850,00 = R 26,56
Springbokram: 22kg@ R450,00 = R 20,45
Bogenoemde is karkas gewig soos aan die hak gemeet, twee dae nadat dit geskiet is.

Veiligheid eerste manne!
- Dippies
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Jy gaan ver soek om n Blesbok te wen.
R750 vir bok 40kg net karkass 250 vir bewerk totale vleis terug in my hande is 60kg(wors en biltong ens,kookvleis).
Dit werk my so R17kg uit tot nadat bewerk. Beter waarde vir vleis gaan mens sukkel om te kry.
Swartbeast is ver buite die geselsie.
Kalahari springbok teen R450 is ook nog goeie een om voor te gaan
Groete
Dippies
R750 vir bok 40kg net karkass 250 vir bewerk totale vleis terug in my hande is 60kg(wors en biltong ens,kookvleis).
Dit werk my so R17kg uit tot nadat bewerk. Beter waarde vir vleis gaan mens sukkel om te kry.
Swartbeast is ver buite die geselsie.
Kalahari springbok teen R450 is ook nog goeie een om voor te gaan
Groete
Dippies
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Beste waarde vir geld bok
Snaaks hoe dit werk Ludwig. Ek het verlede jaar twee blesbokke laat opsny soos skaap, en die vleis was voor kersfees klaar. Ek en my gesin geniet die vleis weer baie.
Die boer se pryse is goed, maar ek moet byvoeg dat ons van volgende jaar BTW op die pryse moet betaal.
Die boer se pryse is goed, maar ek moet byvoeg dat ons van volgende jaar BTW op die pryse moet betaal.
Veiligheid eerste manne!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Hauw Baas Lud hoe so, Blesbok is vir my lekker soet en kom ook gereeld pot toe in plaas van plafon toeLudwig wrote: Dippies/Pierre, dit help as jy die bokke teen daai pryse kan kry. Ek het bitter lanklaas 'n pryslys onder o? gehad waar blesbok vir daai pryse gegaan het. Selfs springbok ramme teen R450 is nou few and far between. Moet s?, en dit is nou maar persoonlike smaak, maar blesbok is laaste op my lys as dit by lekker vleis kom.
Pierre ek en jy sit om dieselfde vuurPierre - BRNO .06 wrote: Snaaks hoe dit werk Ludwig. Ek het verlede jaar twee blesbokke laat opsny soos skaap, en die vleis was voor kersfees klaar. Ek en my gesin geniet die vleis weer baie.
Die boer se pryse is goed, maar ek moet byvoeg dat ons van volgende jaar BTW op die pryse moet betaal.
Kan die jaar Waterbok koeie kry vir 3000k en bulle vir 3500k. Bosveld Eland teen 5000k per bul en 4000k per koei, gaan maar eers loer hoe hulle lyk. Kudus is 3500 vir bulle deur die bank en koeie 3000k {wil nie eintlik laat koeie jag}, rooibok ramme is 850 en varke 15/kg. Veblyf is 300/dag alles ingesluit soos in alles
Baie waarLudwig wrote: Dit hang maar baie af watter streek jy jag.
Mooiloop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
ablm468
Re: Beste waarde vir geld bok
Marc
BlisK@m daai is mooi pryse, jy moet daai boer mooi oppas hoor, pruim sy skoenveters want dit is so skaars soos hoedertanne.
BlisK@m daai is mooi pryse, jy moet daai boer mooi oppas hoor, pruim sy skoenveters want dit is so skaars soos hoedertanne.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Glo my ons doen, dis 'n ou tannie wat eintlik ok maar net wil oorleef. Dis nie besigheid vir haar nie en sy vat ook geen groepe in wat nie eers saam iemand kom wat sy alreeds ken nie, sy's baie streng op dit, maar dit tel tot ons paar bevooregtes se gunsHansman wrote: Marc
BlisK@m daai is mooi pryse, jy moet daai boer mooi oppas hoor, pruim sy skoenveters want dit is so skaars soos hoedertanne.
Ons vat altyd vir haar ietsie saam van die kant af wat sy nie daar kan kry nie, die jaar gaan sy 'n paar vars see vissies verniet kry
Geniet julle jag manne, ek gaan vroulief vat vir haar eerste bok die naweek en oor ses slapies is dit pappa se beurt
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Beste waarde vir geld bok
Moet saamstem met Blesbok - mits jou prys reg is (wag 'n bietjie, dit is seker so met al die bokke!
) Blesbok teen R850 (Dalk nog op na R950) en jy moet hom bo 40kg kry.
Maar 'n goeie ou springbokkie se vleis moet seker 'n effensie premie-tjie geniet
Maar 'n goeie ou springbokkie se vleis moet seker 'n effensie premie-tjie geniet
-
Sarelss
- Full Member

- Posts: 223
- Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am
Re: Beste waarde vir geld bok
Hi,
Soos meeste van jul menings: Jy het groot bokke nodig om prys per kg laag te kry. Blesbokke, wildebeeste en elandkoeie (of helse groot bulle) lewer goie prys /kg. (maar nie altyd die beste potvleis) nie.
Dit is makliker om te s? wat nie 'n bargain per kg is nie, bv, Swartwildebees, rooihartbees, Bloemfontein springbokke (dalk oor hul so min is........)
Groetnis
ss

.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Beste waarde vir geld bok
Dippies hoe werk die som 40kg karkas gee jou dalk so 30kg vleis jy kry sestig kg terug so slagter het 30kg by gesit vir R250.00 wat se vleis was dit nie eers ZEBLA kan jy vir R250.00 vir 30kg kry nieDippies wrote: Jy gaan ver soek om n Blesbok te wen.
R750 vir bok 40kg net karkass 250 vir bewerk totale vleis terug in my hande is 60kg(wors en biltong ens,kookvleis).
Dit werk my so R17kg uit tot nadat bewerk. Beter waarde vir vleis gaan mens sukkel om te kry.
Swartbeast is ver buite die geselsie.
Kalahari springbok teen R450 is ook nog goeie een om voor te gaan
Groete
Dippies
Wat nog van sy arbeid
Last edited by Vlakvark on Wed Jun 06, 2012 10:19 am, edited 1 time in total.

- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Pierre ek en jy sit om dieselfde vuur Kan die jaar Waterbok koeie kry vir 3000k en bulle vir 3500k. Bosveld Eland teen 5000k per bul en 4000k per koei, gaan maar eers loer hoe hulle lyk. Kudus is 3500 vir bulle deur die bank en koeie 3000k {wil nie eintlik laat koeie jag}, rooibok ramme is 850 en varke 15/kg. Veblyf is 300/dag alles ingesluit soos in alles Sorry boy's ek gee nie die nommer uit nie, net om te laat weet wat mens min of meer mee kan wegkom.
Sjoe Mark, Jy HET Pitte as jy dit vir vleis bokke kan betaal en dit 'n bargain noem!
Waterbok koei @ R3 000 000
Waterbok bul @ R 3 500 000
R5 milj vir 'n eland bul...
Ek hoop vir jou part die "K" is 'n tikfout en nie die fynskrif op die tannie se kontrak nie!
- Dippies
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Vlakvark,Vlakvark wrote:Dippies hoe werk die som 40kg karkas gee jou dalk so 30kg vleis jy kry sestig kg terug so slagter het 30kg by gesit vir R250.00 wat se vleis was dit nie eers ZEBLA kan jy vir R250.00 vir 30kg kry nieDippies wrote: Jy gaan ver soek om n Blesbok te wen.
R750 vir bok 40kg net karkass 250 vir bewerk totale vleis terug in my hande is 60kg(wors en biltong ens,kookvleis).
Dit werk my so R17kg uit tot nadat bewerk. Beter waarde vir vleis gaan mens sukkel om te kry.
Swartbeast is ver buite die geselsie.
Kalahari springbok teen R450 is ook nog goeie een om voor te gaan
Groete
Dippies
Wat nog van sy arbeid
Dit is n man nou al n slagter oor die jare ondersteun en hy het n man belowe as jy genoeg werk en vleis bring sal ek en hy kan praat oor bewerk van vleis.
Sien van jare onderstruning by een man help dit darem so nou en dan. Hy vra my nie meer vir arbeid as ek wild by hom bewerk nie. Dis hoekom ek by daai prys uitkom.
Dippies
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Heheheheheee, dis in ZIM $baboonstalker wrote:Pierre ek en jy sit om dieselfde vuur Kan die jaar Waterbok koeie kry vir 3000k en bulle vir 3500k. Bosveld Eland teen 5000k per bul en 4000k per koei, gaan maar eers loer hoe hulle lyk. Kudus is 3500 vir bulle deur die bank en koeie 3000k {wil nie eintlik laat koeie jag}, rooibok ramme is 850 en varke 15/kg. Veblyf is 300/dag alles ingesluit soos in alles Sorry boy's ek gee nie die nommer uit nie, net om te laat weet wat mens min of meer mee kan wegkom.
Sjoe Mark, Jy HET Pitte as jy dit vir vleis bokke kan betaal en dit 'n bargain noem!
Waterbok koei @ R3 000 000
Waterbok bul @ R 3 500 000
R5 milj vir 'n eland bul...![]()
![]()
Ek hoop vir jou part die "K" is 'n tikfout en nie die fynskrif op die tannie se kontrak nie!![]()
![]()
![]()
My foutjie
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Ek dink realistiese pryse vir blesbokke is te kry in die hoeveld gebiede of meer korrek, binne hulle natuurlike verspreidingsgebied. Dit geld gewoonlik maar vir enige boksoort. Ek moet ook ten gunste van blesbokvleis getuig, dis baie beter as rooibok vir my. Blouwildevleis is ook vir my uitstekende eetvleis, maar ek het ook al agtergekom dat hoe die bok geskiet is en aspekte soos die geslag en ouderdom van 'n dier 'n groot rol speel in die geskiktheid van wildsvleis as tafelvleis. Ek self het ook vir myself uitgemaak dat ek hou van wildsvleis vir die smaak van wildsvleis en nie om dit soos bees of skaap te laat proe nie, want dit sal nie.
Groete,
JHN
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Ek het verelde jaar die voorreg gehad om die bastergemsbok te kon skiet, komplimente aan my vrou. Ek is spyt ek hom nie geweeg nie, want hy het 'n baie lekker lyf aan hom gehad. Miskien is dit maar goed, want dan sou daardie steak miskien 'n bietjie bitter gesmaak het in die mond. Ek stem saam met die eland koei. Ek het Januarie verlede jaar 'n mooi koei met die boog geskiet vir R4500 in die Karoo. dit was 'n groot bargain(rand p/kg en smaakgewys) Ons sagter helftes se vleisies is mos onweerstaanbaar vir ons mans.
Remington 30.06
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
PSE X-Force Dream
Ek jag, wat doen jy vir natuurbewaring?
-
BenkenH
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Sun Sep 26, 2021 10:31 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Hi manne
Ek wonder of julle my kan adviseer...
My man word einde volgende maand 40 en hy is mal oor alles jag, maar was nog nooit so gelukkig om self the kom gaan jag nie.
Ek vra nou maar net, want Google praat in dollars... Baie baie Baie dollars en dit sonder vleis...
Wat sou my goodkoper opsie wees om vir hom sy eerste jag ervaring the organize?
Ons Bly in Durbanville... Enige local opsies??
Dankie by voorbaat ouens!

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Beste waarde vir geld bok
Kontak Kraaifontein skietklub. Hulle sal beslis verwys8mgs kan gee.BenkenH wrote: Sun Sep 26, 2021 10:37 pm Hi manne
Ek wonder of julle my kan adviseer...
My man word einde volgende maand 40 en hy is mal oor alles jag, maar was nog nooit so gelukkig om self the kom gaan jag nie.
Ek vra nou maar net, want Google praat in dollars... Baie baie Baie dollars en dit sonder vleis...
Wat sou my goodkoper opsie wees om vir hom sy eerste jag ervaring the organize?
Ons Bly in Durbanville... Enige local opsies??
Dankie by voorbaat ouens!
Ek het n goeie kontak in PE wat vir jou n baie tradisionele op-die-grond-slaap-met-die-voet-jag-ervaring behoort te kan reël.