Page 1 of 1
Steenbok-vat jou kanse.
Posted: Mon Jun 04, 2012 11:13 am
by Carl
Hierdie meneertjie het vir 'n ruk ongestoord op die plaas rondgeloop. Dit was Oktober en ek het gedink dit is 'n mooi foto bok, mens het hom sommer paar keer 'n naweek gesien. Toe die winter nader het hy begin anders lyk en ek het met ander o? na hom gekyk. Amper soos daai vet plantjie in die std 9 klas wat na 'n paar jaar oorsee en gym, soos 'n lelie gelyk het by die 5 jaar reunie.
En toe een naweek toe ek by sy
plek verby ry is hy net weg! Spoorloos. Ek het die veld al gefynkam net vir die bene maar kan niks kry.
Ek sal nie weer in my lewe so 'n kans laat verby gaan nie
Re: Steenbok-vat jou kanse.
Posted: Mon Jun 04, 2012 11:17 am
by BLOK
Voorwaar n mooi steenbok, ja nee ek ken daai gevoel van uitstel en dan as jy gaan om hom te soek is hy weg of dood. Laat n man maar swaar sluk.
Re: Steenbok-vat jou kanse.
Posted: Mon Jun 04, 2012 11:28 am
by Marc
Voorwaar 'n bitter mooi rammetjie, hartseer dat hy nou net "weg" is
My skatting, ek's nie 'n PH nie, so 5 1/2 tot 6 duim

Sal wil hoor wat die pro's reken
Ek het my RW rammetjie vir meer as 'n uur dopgehou voor ek uiteindelik die sneller gedruk het en is tot vandag nog nie spyt nie
Mooiloop
Marc
Re: Steenbok-vat jou kanse.
Posted: Mon Jun 04, 2012 11:50 am
by gillie
Ons sal hom raakloop daai naweek Carl...
Re: Steenbok-vat jou kanse.
Posted: Mon Jun 04, 2012 1:06 pm
by Carl
Johan as jy hom raakloop skiet ons gelyk! Dis nou as ek jou nie aspris laat draaie loop nie...
Grappie, hy't in die een ou land gebly, daar is altyd 'n Willebees of rooibok ook daar so ons sal daar draai.
Re: Steenbok-vat jou kanse.
Posted: Mon Jun 04, 2012 1:19 pm
by VdWalt
Ek sou hom ook nie geskiet het nie. Net paar fotos geneem.
(Hy smile dan vir jou)