Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by 404Jeff »

Ek vra die vraag na aanleiding oor die topic 416 Ruger.
Ek gebruik 'n 404 Jeff en jag net met hom, dit is my werk geweer en het vertroue in hom, as die omstandighede reg is dan skiet ek kopskote, soveel vertroue het ek in hom.
Laas naweek 4 rooibokke geskiet, 2 kopskote en 2 lyf skote.
My ladings maak dat ek kleiner groepe met hom skiet as my ander gewere.
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by DWB »

Dink dit is 'n interresante vraag wat jy nou hier vra. Lyk of baie manne maar eerder die groot goed by die huis los.

Maar ek moet s? die 404 blyk om 'n reputasie van sy eie te h? wat bruikbaarheid betref. Ook 'n geweer waarmee mens alles kan doen.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by 404Jeff »

Kallie ek is besig om 'n mould te laat maak wat gaschecks vat, het 2000 gaschecks vir 404 as ek die loodpunte gemaak het sal jou paar laat kry, dan kan mens lekker oefen!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by Kallie404 »

Dankie!! ;) Sal dit moerse waardeer!! :D
404 Jeffery
500 NE Merkel
30.06 BRNO
30.30 L/A Marlin
.222 Sako
.12 Boor Berretta
.12 Boor Miroku
40 S&W Glock
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by Frederik »

Ek het ongelukkig nie 'n groter geweer as 375 H&H op die oomblik nie let wel op die oomblik maar ek het al van rooiribbok tot olifant geskiet met hom.
En voor ek my 303 reggeruk het was dit my enigste geweer waarmee ek gejag het. Ek is hoogs vertroud met hom en het natuurlik baie vertoue in hom. As ek iets groter gehad sou ek seker ook baie daarme wou skiet veral in die bosveld ek eye al die 416 Ruger al vir 'n lang ruk en sal nog eendag my geld op hom neersit.

Soos die slogan vir BASA hardloop "Addicted to Recoil!"
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by Pvdw »

404jeff laat maak jy die mould by Mike in Kempton?

Peet
Work to live, don"t live to work
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by 404Jeff »

Nee Pvdw my maat wat gunsmit is maak hom.
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by Pvdw »

Weet nie of jy van Mike weet nie, hy is 'n spesialis mould en "long range peep sight" maker. Word as die beste in die wereld gereken. 
Glo hy sal nie skroom on raad te gee as jy vashaak nie.

http://mikeneumann.99k.org/

Peet
Last edited by Pvdw on Sun Jun 03, 2012 7:47 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by 404Jeff »

Kallie wat laai jy in jou 404? Ek het hier in 84 begin laai vir myne en het RWS solids, Goodnell solids. By sagte punte het ek Barns se ou copper tubing punte, Woodleighs, Hornady se dgx en Spartan punte en Steward gebruik, die Hornady DGX is maar sag en breek baie, Woodleighs is beter maar ek was ongelukkig om van die swak punte in die 80's te kry hulle gemeng so moes hele spul op papier uitskiet! Was bespreking in Magnum daar oor, beste wat werk is die 400grn Goodnells solid skiet bok op slag dood!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by Alvar »

Ek gebruik my 416 Rigby ook vir gewone jag, veral in die bosveld. Ek moet se dit is 'n baie lekker kaliber om mee te jag en ek het ook baie vertroue in die geweer.

Ek laai 400gr Barnes punte voor 86gr S365, en het tot dusver nie 'n punt terug gekry nie ;D! ek dink die Barnes punte is bietjie "hard" om te gebruik op gewone wild. Ek dink daaraan om 400gr Noslers of Hornadys te laai en kyk wat maak hulle.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by DWB »

Mens kyk ook seker deur die bok daarna ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by 404Jeff »

Alvar bly net weg van die Hornadys DGX hulle is hopeloos te sag en breek op rooibokke op, as jy nader as 70 meter skiet, maar 100 eter en verder werk hulle!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by 404Jeff »

DWB ek hou van om met Goonell se soliede brass kooels te jag, 'n 30 kaliber moet baie oopmaak om 'n 40 gat te maak en gepaardgaande mors hulle baie vleis!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by James Wright »

ek self skiet meestal as ek bosveld jag met my 416 Rigby.hy is vreeslik akkuraat en ek het baie vertroue in hom.ek sukkel net met die verder skote as die bokke so op 250 meter in die pad af staan.my 2-7 vergroting scope is maar die groot sondebok waarom ek nie so ver wil skiet nie.as ek nie kan sien nie skiet ek nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Skiet darem redelik greeld met die 458 Lott. Hy is n droom om te skiet in die veld en die doodmaakvermoe is darem iets besonders. Sy bynaam is No-step! Ek trek n lyn met hom van 150m en tot daar is hy dodelik.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Rigby
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Tue Dec 13, 2011 5:58 pm

Re: Wie jag gereeld met hulle gewere groter as .375 ?

Post by Rigby »

Middag Menere
As die gogga van die groot kalibers jou eers gepik het, sukkel jy om jou groot geweer by die huis te los...
Het self al alles van klipspringer tot kameel en buffel met die 375 en 416 gejag. Arm man se buffel bly egter die lekkerste oukie om met die groot ketties te jag.
My moeilikste keuse met elke trippie is watter een om uit die kluis uit te haal (seker 'n lekker probleem om mee te sit)...
Post Reply