Selfone

bullseye

Selfone

Post by bullseye »

Manne en dames  wat is die beste roete om te gaan met selfone. Die android roete, of i phone. Ek het n nokia en ek kan nie balistiese programe af laai nie. Ek moet oor 2 maande opgradeer. Bullseye.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Selfone

Post by VdWalt »

Ek hou van die android roete en siende dat ek nou besig is om op
n Samsung Galaxy Tab te tik en hom regtig geniet het ek besluit
om oor twee maande as ek upgrade na die S2 oor te gaan.
User avatar
MichielC
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm

Re: Selfone

Post by MichielC »

Naand Bullseye , ek het self n iphone , dit is n eenvoudige tog gevorderde foon , sal nie weer na n ander vervaardiger skuif.
CZ 550 243 Winchester
CZ 550 7mm Remington Magnum
CZ 550 30-06 Springfield
Lee Enfield .303
CZ 550 9.3 x 62 Mauser
CZ 550 416 Rigby
CZ 550 458 Lott
Brno ZZK 602 500 Jeffery
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Selfone

Post by JPS »

Vdwalt,

Gaan eerder vir die SIII ( van more beskikbaar), en as jy nog meer geduldig kan wees behoort die windows 8 fone so middel Oktober begin November hier te wees.....
Bullseye, Vir balistiese programme is die Iphone goeie roep. Hier is paar manne wat Iphones vir dit gebruik.

Groete
JP
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Selfone

Post by LoveHenties »

Ek is op my 5de Nokia, en ek was 'n lojale klient. Hierdie laaste een het het my vir ewig gedraai. Mens verkoop nie 'n stuk mensmis aan iemand, en verwag hy gaan terugkom vir nog 'n gang nie.

Ek beplan om my oue met die .30-06 te skiet, ek wil die video recorder aanskakel en begin record, dan die mensmis uit hom skiet, dalk bly daar iets van die geheue kaart oor, sal interessant wees om te kyk. Dit hang natuurlik daarvan af of die verpeslike "memory low" kondisie my toelaat om te record... Wat stel julle voor? Ek het gedink 'n Hornaday Interlock SP sal lekker werk?

As daai kontrak nou net wil verval.
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
bullseye

Re: Selfone

Post by bullseye »

More manne

Baie dankie vir terug voer. D ie i-phone is dit gebruiksvriendelik ek het nog net met Nokias gewerk. Sal solank kyk hoe i-phone lyk en werk.
Dankie vir raad.

groetnis
Bullseye.
ablm468

Re: Selfone

Post by ablm468 »

LoveHenties wrote: Mens verkoop nie 'n stuk mensmis aan iemand, en verwag hy gaan terugkom vir nog 'n gang nie.

Ek beplan om my oue met die .30-06 te skiet, ek wil die video recorder aanskakel en begin record, dan die mensmis uit hom skiet, dalk bly daar iets van die geheue kaart oor, sal interessant wees om te kyk. Dit hang natuurlik daarvan af of die verpeslike "memory low" kondisie my toelaat om te record... Wat stel julle voor? Ek het gedink 'n Hornaday Interlock SP sal lekker werk?
;D ;D ;D ;D

Ek sal laaik om dit met my wekker te doen, ek verpes hom as hy in die oggend afgaan.  ;) ;D
Zack Benade

Re: Selfone

Post by Zack Benade »

Ludwig, Help asb.

Ek het 'n I phone maar praat net met die ding. 
Watter balistiese programme is die beste om af te laai ?

Groete
Zack
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Selfone

Post by henried »

Ludwig wrote: iPhone is baie meer gebruikers vriendelik as 'n Nokia  ;)
x10

Ek is Appel verskrik...
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Selfone

Post by C.J. »

Bullseye,

Ek het 'n iPhone, sal nie weer iets anders gebruik nie. 'n Baie lekker app vir ballistiek is iSterlok, hy werk vir my baie lekker, het ook verkillende recticles van teleskope.

Hoop dit help.

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
bullseye

Re: Selfone

Post by bullseye »

Ek sien daar gaan oor n rukie n i-phone 5 uitkom miskien moet ek wag vir hom.

Bullseye.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Selfone

Post by Piet Breedt »

I Phone all the way. Hulle werk bitter maklik, selfs ek kan nou op die ding tik en sy kamera is uitstekend. Ek sal nie maklik weer iets anders gebruik.

"Bullet Flight" is my eerste keuse program en i - Snipe is ook oulik.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Selfone

Post by Nickvn »

Ek is op my derde iPhone, ek laaik Apple. Ek het ook n iPad en Macbook Pro rekenaar. Baie gelukkig met hulle. Ek kan nie sien dat jy verkeerd kan gaan met n iPhone nie.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
bullseye

Re: Selfone

Post by bullseye »

Middag manne

Help asseblief , ek het vanoggend na MTN toe gegaan om te upgrade, ek wil graag n i-phone kry.Nou lyk dit my soos ek die dametjie verstaan het, die i-phone is duurder as ander fone omdat die foon die heeltyd upgrade, is dit so of kan die upgrade af geskakel word? Hoe groter memory die i-phone het hoe duurder word die pakket. Is dit nie dalk beter en koop die i-phone kontant sonder kontrak of wat sou julle voorstel wat is die beste goedkoopste opsie met i-phone.

dankie
Bullseye.
bullseye

Re: Selfone

Post by bullseye »

Ludwig baie dankie dis moelik deesdae om n strait deal te kry sonder vangplekke.As ek jou reg verstaan dan kan ek die foon se kostes ten volle beheer. Dankie Bullseye.
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: Selfone

Post by BoogJagter111p »

Naand bullseye,

Ek self het ook 'n iPhone, kontant gekoop. Ek het 'n mtn pakket saam 'n data bundel en kos my onder 'n R100 'n maand. Die plekke waar ek gewoonlik is, my huis/werk het almal wi-fi konneksies en data kos my feitlik niks nie. Nes Ludwig genoem het is n wi-fi konneksie baie handig self verpligtend, indien jy baie internet op hom gan gebruik.

Om terug te kom na die pakket en foon, kyk mooi na wat jy als kry in die pakket en dit was nog altyd so dat die foon op kontrak duurder gaan wees as wat jy die foon kontant gaan koop. As jy iemand het wat die foon oorsee kan koop en inbring kan jy tot so R1500 spaar. Myne kom van Dubai af en dis hoeveel ek gespaar het. Wat ek wel ook kan se, is dat die Iphone my ure se pret al verskaf het en ek nooit weer iets anders sal oorweeg nie.

Hoop jy kom reg!

Groete
Manie
bullseye

Re: Selfone

Post by bullseye »

Manie ek verstaan nog nie al die goed soos wi-fi nie.EK bly op n plaas en ek kry my sein van daai klein modumpies wat jy by rekenaar indruk, my kantoor is buite my huis.Ek het n ekstra antenna bo op dak wat sein baie sterker maak , ek vang darem 3.5G op. My huidige nkia n8 vang met tye 3.5G op.Daar is nie ander verbindings soos adsl beskikbaar in distrik nie, so hoe sal jy te werk gaan vir die beste verbinding en mees koste effektiefste. Dankie Bullseye.
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Selfone

Post by Francois Briedenhann »

Ek hoor jy kan tot verniet bel van i-phone na i-phone? Enige tyd van die dag?
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: Selfone

Post by BoogJagter111p »

Dagse bullseye, ons manne in die stad is in daardie opsig meer bevoorreg as julle. Om terug te kom na die saak van konneksie en koste verbonde.

Ek neem aan jy praat van 3G dongle device wat jy by die rekenaar inprop. Mag ek vra by watter Internet service provider jy is, nl kry jy internet deur telkom/vodacom/mtn en hoeveel data kry jy per maand vir gebruik?

Indien dit die geval is kan jy n 3G Wireless Router koop vir so R599. Volg hierdie link dan sal jy sien wat ek bedoel http://www.geewiz.co.za/3g-wireless-routers/129-trenda-mifi-3g-hsdpa-adsl-wifi-wireless-router-4-port.html

Wat hierdie Router basies doen, is om jou 3G kaart se data sein om te skakel na 'n WiFi sein toe, wat deur toestelle soos iPhones/iPad/laptops ens gebruik kan word om toegang tot die internet te verkry. As jy n PC of staan rekenaar het, kan jy n LAN kabel gebruik wat aan die Router koppel en dan toegang kry tot die internet.

Voordeel van 'n Router is dat al die toestelle een internet konneksie gebruik en maak dat jy jou iPhone baie meer produktief in en om die huis kan gebruik. Let wel, as jy beide die sein beweeg het jy geen internet toegang nie, daarom maak seker dat die router wat jy koop n sein sterkte van radius +-25m het. Installasie is ook nie te moeilik nie. Hierdie Internet koste is aansienlik minder as wat jy op n selfoon kontrak gaan betaal vir elke MB wat jy aflaai.

Met dit alles sal ek tog aanbeveel om 'n maandelikse data bundle op jou iPhone ook te laai omdat daar kere is wat jy weg van die huis beweeg en graag internet toegang wil he, maar dit is nie noodsaaklik nie want as daar geen data bundle is nie, vra hulle jou +-R2.00 n MB data om af te laai.

Ek hoop dit kon jou help om jou beter te verstaan, as daar nog vrae is vra gerus...

Francois,

Om jou vraag te beantwoord, daar is 'n funksie wat hulle noem facetime. Hoe dit werk is dat as beide iPhone gebruikers n WiFi konneksie het, kan julle n oproep maak soos wat jy op skype doen. Ek gebruik dit selde omdat min mense iPhones het en dan die wat het, ook nie die funksie aktiveer nie. Ek gebruik dus skype, wat maak dat ek enige iemand in die wereld kan bel teen normale data koste. Geen meer verrassings in Telkom of Vodacom rekening aan die einde van die maand nie.

Groete
Manie
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Selfone

Post by blaser »

boogjagter
wat is viber dan is dit nou facetime
bullseye

Re: Selfone

Post by bullseye »

Manie

Ek is tans of nog altyd by MTN. My selfoon werk deur MTN asook my internet op PC. internet is op die oomblik 2GB @R149/M. Die rede hoekom ek MTN gebruik is dit is die enigste toring in my omgewing wat 3G kan doen en op die oomblik is ek tevrede met spoed. Alhoewel die verbruikers nou meer begin word word spoed stadiger, MTN s? vir my hulle toring werk deur telkom by poskantoor en die sentrale sal eers moet opgegradeer word om hoer spoed te kry, so dit is nog ver in die toekoms glo nie dit sal gou gebeur nie.
Die wi-fi besigheid is dit n eenmalige bedrag of is daar kostes per maand?Wi-fi kan dit groter as 25m raduis werk of nie?
S? nou maar ek het n i-phone, i-pad en n PC is daar n moontlikheid dat hulle almal deur een sim-kaart kan werk, want ek sal nie graag kort-kort sim-kaarte wil ruil nie.

Dankie
Bullseye.
bullseye

Re: Selfone

Post by bullseye »

Manie

Askies man ek het nie opgelet in die klas nie. Daai link wat jy gegee het het baie mooi verduidelik ek dink ek verstaan nou mooi hoe wi-fi werk.Ek sal nou maar eers wag dat my kontrak heeltemal verval dit is nog so 4maande, en dan van vooraf met MTN begin onderhandel alhoewel ek nou al kon opgradeer het. Mtn s? ek kan die afgradeer nie op my paket. Ek het n iets 500 paket en wil na n 300afgradeer.
dankie vir raad.

Bullseye.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Selfone

Post by grumpy »

Boogjagter, ek het n iphone 3G s maar dit is country locked. Hoe kry ek dit oop of wat moet ek doen. Ek kan net die keypad kry en dis al.

Groete
Grumpy >:(
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: Selfone

Post by BoogJagter111p »

Remington, Viber is n app wat jy aflaai en werk deur na jou contact list te gaan en te kyk wie se nommer ook beskikbaar is op Viber menende hulle gebruik ook viber op hulle foon. Viber werk ook ook alle fone, nie net iPhones nie. Is jy bekend met Whatsapp? Dit werk op die selfde beginsel. Facetime en iMessage werk slegs tussen apple produkte en is nie beskikbaar op ander selfone nie.

Bullseye, ek is bly jy verstaan dit nou beter en ek is bly ek kon help. As ek vir oulaas nog Raad mag byvoeg sal ek ook aanbeveel dat jy die mtn kontrak laat uitloop en dan n nuwe kontrak aangaan. Nog n stukkie raad, oktober maand die jaar kom die nuwe iphone uit en ek sal eerder wag om hom te koop voor ek n iphone4s aanskaf. Of sodra die iphone 5 gelaunch word sal die iphone4s se prys val met ten minste so R1000, wat dit goedkoper maak en jy gaan nogsteeds n top of the range foon he.

Grumpy, ek sien jy het my pm gestuur. Ek gaan jou sommer daar antwoord want daar iets so iets onwertig wat jy kan doen om dit reg te maak.....;)

As nog iemand sukkel, met die unlock van iphones stuur maar n pm. Sal probeer help.
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: Selfone

Post by BoogJagter111p »

Bulseye moet ek die ander vrae op jou eerste post antwoord of het jy daarmee ook reggekom? Laat weet maar, ek antwoord graag.

Groete
Manie
Post Reply