Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil gou julle opinies hoor vir die manne met die ondervinding.
Ek besit tans 'n VX II 3-9 x 50 wat diens op my .270 doen. Ek's heel tevrede met die kombinasie, maar het die naweek deur 'n paar pelle se roere met beter (duurder) scopes gekyk by swakker lig en.... wel.... daars 'n taamlike verskil!!! En van die oukies met die liggies in.....
Nou lees ek hier van die VX-R met die iluminated dot. Miskien trek daai liggie meer jagters as bokke plat, maar ai, dit lyk darem maar gr?nd as mens deur hom kyk. My vraag is- hoe vergelyk die VX- R met die VX-II en VX-III wat optiese kwaliteit betref?
Dan kyk ek ook na die Zeiss duralyt 4-12 x 50 met die ilum. reticle. Hy is bietjie duurder as die leupoldt. Is hy heeltemal in 'n ander klas, of is die extra uitgawe 'n mors van geld.
Ek kan beide kry vir goeie pryse.
Ek hoor graag.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Pieter Vorster wrote:
Dan kyk ek ook na die Zeiss duralyt 4-12 x 50 met die ilum. reticle. Hy is bietjie duurder as die leupoldt. Is hy heeltemal in 'n ander klas, of is die extra uitgawe 'n mors van geld.
Soos die manne hier weet, ek is n groot Leupold man, maar in die geval is die keuse maklik, vat die Zeiss...
Ek het ook gekyk na die leupoldm vx-R so rukkie terug en ek het uiteindelik vir die Zeiss gegaan.
Dit is meer geld maar in lae lig situasies is daar 'n definitiewe verskil tussen die twee. Daai bietjie ekstra lig wat deurkom maak die verskil tussen 'n goei skoot of 'n raai skoot.
.243 Winchester Mod 70 Coyote light
.308 Musgrave Varminter
9,3x62mm Musgrave Field Delux
Dankie Ruan.
Ek het nognie die VX-R in die hande gehad nie, net van hom gelees. Beste is seker maar as ek deur beide kan kyk na mekaar by 'n geweerwinkel wat altwee aanhou. Dis al hoe mens regtig die verskil kan sien en optiese kwaliteit direk kan vergelyk. My hart staan ook maar na die zeiss se kant toe, moet net sien of die beursie ook so voel.
Ek het tans lynx basisse en ringe op vir die VX-ii op my .270- maar dis 1" ringe. Moet beide vervang word of net die ringe (ek sien die zeiss is 30mm tube)? Is die lynx se kwaliteit goed of moet ek liewers na iets anders kyk?
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Ek het die Zeiss Duralyt 3-12x50 op my 375 (sonder die IR). My vriend en my broer het elkeen met hom 'n bok geskiet in Mei en altwee was baie beindruk met die kwaliteit en dat jy dadelik die teiken kon oplyn.
Dit het so bietjie moeite gevat om die kombinasie reg te kry. Die geweer winkel het dit gemonteer met Thor ringe, wat soorteglyk is aan Lynx ringe. Eertse probeerslag op die skietbaan sukkel ek om die onderkant van die teiken op 25m raak te skiet, want die scope kannie meer opstel nie. Terug geweer winkel toe, hulle sit 'n 'shim' - in sukkel om op 100m die zero te kry. Het die geweer toe vir 'n geweersmid gevat wat die ring vir my so korter gemaak het en seker gemaak het daar is genoeg verstelling, op en af.
Die bg probleme kan seker aan 'n paar dinge toegeskryf word, maar die Zeiss scope is baie goed.
Jy moet met my praat as bogenoemde n baas begin soek asb.
Groete Skolla
Spring jy my voor
Haha. Smaak my ek sal 'n veiling moet reel..
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Yes Manne, ek sit in die selfde bootjie as Pieter. Kyk ook na die 2 scopes. maar het solank my kop neegesit op die Zeiss 3-12x50.
Dog ek noem dit net, ek weet van 'n plek wat hulle vir R8000 verkoop. (SONDER ILUM.) PM my as julle meer wil weet.
Wili te veel se nie, neto kry ek self nie ene nie! haha
Beer- Ek het selfde probleme met my 375H&H (winchester) ervaar, toe sit ek net 'n "shim" in soos jy dit noem en toe zero hy lekker op 200m.. Ek dink dit mag dalk te doen wees met die gewere se vorm of iets??? Stel self belang hoekom dit sou gebeur.
Pieter Vorster wrote:
Dankie Ruan.
Ek het nognie die VX-R in die hande gehad nie, net van hom gelees. Beste is seker maar as ek deur beide kan kyk na mekaar by 'n geweerwinkel wat altwee aanhou. Dis al hoe mens regtig die verskil kan sien en optiese kwaliteit direk kan vergelyk. My hart staan ook maar na die zeiss se kant toe, moet net sien of die beursie ook so voel.
Ek het tans lynx basisse en ringe op vir die VX-ii op my .270- maar dis 1" ringe. Moet beide vervang word of net die ringe (ek sien die zeiss is 30mm tube)? Is die lynx se kwaliteit goed of moet ek liewers na iets anders kyk?
Ek het Warne ringe opgesit want jy het nie lapping op hulle nodig nie en die kontakarea met die scope is baie meer as Lynx ringe. Hulle is bietjie duurder, maar as jy 'n ordentlike scope op jou geweer het help dit nie jy skimp op die ringe nie. Dis soos om 'n hoe resolusie kamera te he met 'n dowwe lens...
My 243 is nou onlangs bederf met warne quick release ringe en ek sal dit absoluut aanbeveel!! Maak jou lewe baie makliker as dit kom by die skoonmaak van die geweer.
.243 Winchester Mod 70 Coyote light
.308 Musgrave Varminter
9,3x62mm Musgrave Field Delux
Ek is absoluut 'n leek met hierdie goed. Ek neem aan dat die Warne ringe net op warne basisse pas en dus as 'n stel vervang word?
Ek het 'n M98 aksie.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Jammer ek antwoord nou eers.
Ek is nie seker of die warne ringe NET op warne basisse pas nie. Ek dink dit kan ope enige weaver styl basis werk.
Ek weet wel dat warne bassise maak vir die m98 aksie.
Ek het my basisse by Die Kruitvat gekry. Zimbi en Safari het ook 'n verskydenheid van basisse.
.243 Winchester Mod 70 Coyote light
.308 Musgrave Varminter
9,3x62mm Musgrave Field Delux