Primers - Standaard of Magnum ?

Post Reply
User avatar
MADFIN
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 am

Primers - Standaard of Magnum ?

Post by MADFIN »

Ek laai my 30-06 / 300 WM / 375 RUGER  met magnum primers wat is die beste om te gebruik standaard of magnum primers ek gaan nou ook my 270 laai Ek is nie seker wat om te gebruik nie ? Wanneer gebruik jy MAGNUM en wanneer Standaard ? 
.22/ 270 / 3006 / 300 WM / 375 RUGER / 12 BOOR OU / 70 pond Bowteck Invation en 2 x 5.5 Air arms 510 FAC
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Chevvy SS »

Party manne gebruik magnum dwarsdeur.

Ek dink standaard vir die 270 is reg, magnum vir die groter manne.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Wouter Roets »

Hallo Madfin

Daar is nie vaste reels as dit kom by die gebruik van watter tipe primers nie. Daar is ook n klomp faktore wat bepalend is in die keuse van primers. Die riglyn is gewoonlik hier om en by 70gr dryfmiddel met laer n standaard large rifle primer en hoer n magnum primer. Nie alle primers se vlam temperatuur sowel as tydperk van die vlam is dieselfde nie. Dopfulling in die spesifieke kaliber speel ook n rol of mens sterker of laer gaan. As jou dopfulling laag is probeer n standaaard primer en as hy hoog is n magnum. Primers speel baie keer ook n groot rol as dit kom by groepering. Wanneer n lading bv n groot ES het help dit baie keer om oor te slaan na n warmer primer om dit op te los. Eksperimentering is maar die pad om te gaan.

Begin met iets soos CCI se Benchrest primer(BR2) in die 270 en vat dit van daar.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by SmitH »

Het gevind dat my 3006 beter groepe gee met magnum primers op 365 kruit

Groete
SmitH
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Musgrave »

SmitH,

Het jy die spoed vergelyk tussen jou ladings met standaard en met magnum primer?
Ek sukkel tans om met S365 vinniger as 2450vps met `n 180gr koe?l te kry in my .30-06. Ek gaan Julie-maand Noord Kaap toe en dis bietjie stadig vir gemsbok, dink ek.  :-\

Boonop veroorsaak my magasynkas dat ek nie  die TPL tot sy volle lengte kan gebruik nie. Dus kan ek nie veel ho?r ladings laai nie, want dan begin ek drukprobleme optel.

Sou die manne voorstel dat ek magnum primers gebruik? Tans gebruik ek CCI200's.

Insette sal waardeer word.
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Wouter Roets »

30-06

Wat jy nou se maak geensins sin nie. Ek kan nie verstaan dat jy enigsins drukprobleme ondervind met daai spoed nie. Deur jou TPL te verkort gaan nie lei tot die tipe van probleme nie. Kan jy dalk so bietjie uitbrei oor alles. Sluit sommer die geweer se gegewens ook in. Meskien kan n mens so bietjie help.

Die gebruik van n magnum primer is nie n slegte idiee as jy die maksimum spoed uit jou 30-06 wil kry nie. S365 is so bietjie aan die stadige kant in die kaliber en die gebruik van n magnum primer help met ladings wat te veel gekompakteer word.

Skree maar dalk kan n mens help want 2450ft/sek is so bietjie aan die lae kant.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Chevvy SS »

Ek het Saterdag CCI 200 BR en CCI 250 Magnum agter 56g 365 kruit uit my 7x64 geskiet- geen verskil.
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Musgrave »

Wouter,

Ja, die roer frustreer my so bietjie, so advies is welkom!

Ek laai tans 51.5 gr S365.  Dis `n Musgrave Model 80 met `n 1:12" loop.  Dis Highland doppe (oorspronklik fabrieksammo, dus een keer gevuur in my geweer).  Somchem gee `n maks lading van 53gr vir 2684vps.  As ek tot by 53gr laai, kom ek net by 2528-2560vps uit, met primers wat reeds plat begin slaan en blink kolle agter op die dop soos die slot hom druk. Maks TPL wat ek laai is 86mm (tans 85.75) agv die magasynkas.

Dalk moet ek:

1) ander doppe probeer?
2) ander dryfmiddel? (het reeds S361 probeer, maar het tot by 2579vps gekom op 60.5gr waarna daar tekens van druk was. Die maks aldus Somchem is 62gr vir 2822vps. Byges?, dit was PMP doppe).
3) Gepraat van doppe - ek het juis oorgeslaan na die Highland doppe omdat hulle so 3.1gr meer kapasiteit het (70.3gr vs 73.4gr - water: PMP vs Highland).
4) Ander primers?

Ek luister graag.
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Chevvy SS »

Ludwig wrote:
Chevvy SS wrote: Ek het Saterdag CCI 200 BR en CCI 250 Magnum agter 56g 365 kruit uit my 7x64 geskiet- geen verskil.
Geen verskil waaraan? Spoed?
Geen verskil in groepering tot op 200m Ludwig.
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Musgrave »

Ludwig wrote: 30-06, Net 'n klip in die bos. Het jy al met 'n headspace gauge gemeet of daar nie miskien headspace probleme kan wees nie?
Nee nog nie, wat is al die implikasies daarvan?
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Chevvy SS »

Hoeveel spoed verskil Ludwig?

Iemand het vroe?r ges? die verskil is maar so 8vt/sek?
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Chevvy SS »

Is it nie net op die 385 nie? Die lading is ook baie meer as my 56g 365?.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Chevvy SS »

Jis L.
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Musgrave »

Ludwig wrote:
30-06, indien jy 'n headspace probleem het, kan dit veroorsaak dat primers plat slaan op lae druk. Maak die slot nog maklik oop? Want daai spoed wat jy kry behoort nie druk te wys nie, en ek het 'n baie sterk vermoede jy het dalk headspace issues. Fullsize jy jou doppe?
Ja, ek fullsize elke keer - maar ek verstaan dis nie nodig met gevuurvormde doppe nie? Maak ek vir myself dalk net probleme en ekstra onnodige werk?
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Johan22 »

Hi

Ek praat nou wat 'n ander man opgetel het. As dit nie so is nie help my. Hy het ook 365 gebruik en ook gesukkel, toe gaan hy oor na 355  en sy probleme het op gehou dit is ook met 'n 30-06.

Groete
Johan22
.270 (Musgrave)
.303 (Lee Enfield) 
.357 (S/Weston) 
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by LUAN »

En wat is nou reg vir .303? CCi 200 of 250???
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Wouter Roets »

303

Begin met CCI200 as jy stafie kryt gebruik. As jy balkruit gebruik dan is dit CCI250.

Johan

Daai kon dalk die beste kombinasie gewees het vir daai sekere komponente. S355 werk goed in die 30-06 met koeels tot en met 165gr. Daarna is S365 die poeier van keuse. Die persoon kon ook dalk gesukkel het met lott 61 of 63. Mens sal nie kan se tot n mens al die informasie het nie.

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Sun May 13, 2012 8:00 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by LUAN »

Ok se vir my so cci200 of 250 by watse kruit.
335
341
355
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Wouter Roets »

303

Stafiekryt S335. S355, S365, S385.
Balkryt S321, 341, 361.

So
S335, S355 CCI200
S341 CCI250

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by LUAN »

Baie dankie Wouter ;D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by Christo »

HELP ASB.

Hier by my is nou 'n moedelose man, hy het nuwe Winchester doppe gekoop vir 30-06 en laai met CCI 200 primers. Ek kry hom saterdag waar hy klaar geskiet het en s? vir my dat daar iets soos 6 uit 50 nie afgegaan het nie. S? toe hy moet dalk die primers met sy press insit eerder as met die Lee Auto prime en kyk wat gebeur. Kry hom vanoggend, daar het uit 50 net een afgegaan, moedeloos.

My gedagte is headspacing? Hy dink dat die pak primers die fout moet wees omdat hy dit gister ook ondervind het met een ou dop.

Hy het die slot nagegaan en die is skoon, alles werk soos moet.

Kan die press die slagdoppe te diep geseat het? Kan Winchester doppe soveel te kort wees dat hy nadat hulle gefullsize is headspacing veroorsaak?

Hoe spreek hy headspacing aan? Lae lading met koe?l wat teen landings druk? Gevaarlik na my mening.

Help asseblief. Hy is oppad om te gaan jag.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by tripodmvr »

Omdat daar verskeie foute kan wees sou ek hom aanraai om die kopspasie te laat nagaan. Dit is eenvoudig om dit te meet, maar die oplossing gaan langer vat. Laat hy die geweer by 'n geweersmid kry. Slagpen kan ook probleme h
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ablm468

Re: Primers - Standaard of Magnum ?

Post by ablm468 »

Ja wil saam met Tripod stem, 'n slagpen kan ook vir jou moeilikheid gee, die kan of die veer van die slagpen wees wat gebreek het of die slagpen wat gebreek het of die punt van die slagpen wat rond is en nie die dop hard genoeg slaan om hom afgevuur te kry nie.

Soos dit vir my klienk moet hy maar 'n geweersmid gaan sien.

Ek skiet al jare met Cci primers en het nog nooit 'n probleem met hulle gehad nie. Wil nie s? dit kan nie gebeur nie maar hoogs onwaarskynlik dat dit die primers is.

Hansman
Post Reply