Page 1 of 1
Swak groepering agv toerusting?
Posted: Fri May 04, 2012 3:49 pm
by JopieFourie
Dag almal
Hoeveel van julle het al met groeperings gesukkel agv jul herlaai toerusting?
Die rede dat ek vra is omdat my groeperings is baie wisselvallig.
Re: Swak groepering agv toerusting?
Posted: Sat May 05, 2012 10:39 am
by James Wilson
Ek het destyds begin herlaai met n lee skaal,
Konnie eers groeppe kry op n 308 nie. Het oorgeslaan na rcbs 505 skaal. Dadelik konstante groeppe gekry
Re: Swak groepering agv toerusting?
Posted: Sun May 06, 2012 12:07 am
by JopieFourie
Naand James
Ek het vandag met my broer se toerusting gelaai. Gaan more groepe skiet en kyk wat hy maak.
Re: Swak groepering agv toerusting?
Posted: Sun May 06, 2012 10:48 am
by BRNO (Pierre)
Ek het nie nou die geld nie, maar my MTM skaal, is verseker die eerste item wat ek vervang met iets baie oordentlik wanneer ek weer kan. Ek dink dit is verseker nie onderhandelbaar nie.
Re: Swak groepering agv toerusting?
Posted: Sun May 06, 2012 11:42 am
by Wouter Roets
Hallo Jopie
Daar is net soveel faktore van die verskillende herlaaikomponente wat n GROOT faktor kan wees met die helaaiproses dat n mens vir twee dae besig sal wees om alles te bespreek. Lees maar bietjie deur die Forum se herlaai stukke om n meer volledige prentjie te vorm. Weet dit is baie werk maar daar is nie sommer kort paaie as dit oor helaaikennis kom nie.
Beskryf maar bietjie in detail jou toerusting sowel as die stappe wat jy vat met die helaai dan kan n mens bietjie beter raad gee.
Groetnis
Wouter
Re: Swak groepering agv toerusting?
Posted: Sun May 06, 2012 1:15 pm
by tripodmvr
Skale kan of baie akkuraat en konstant wees of wisselvallige lesings gee. Ek het begin met Lee skaal en later met RCBS 5-10 skaal vervang. Ek het wel tussen hulle vergelyk en Lee het baie goed vergelyk. Het gehou by RCBS tot ek Lyman DPS stelsel gekry het.
By al die skale is daar voorsorgmaatreels en baie geld vir beide tipes. Vermy 'n trek waar die wind 'n rol kan speel, pasop vir sterk magneetvelde, gebruik redelik gelyk blaaie wat nie skerp hellings het nie (waterpas) en dan ook selfone in die nabye omtrek.