Swak groepering agv toerusting?

Post Reply
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Swak groepering agv toerusting?

Post by JopieFourie »

Dag almal

Hoeveel van julle het al met groeperings gesukkel agv jul herlaai toerusting?

Die rede dat ek vra is omdat my groeperings is baie wisselvallig.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Swak groepering agv toerusting?

Post by James Wilson »

Ek het destyds begin herlaai met n lee skaal, 
Konnie eers groeppe kry op n 308 nie. Het oorgeslaan na rcbs 505 skaal. Dadelik konstante groeppe gekry
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
JopieFourie
Full Member
Full Member
Posts: 163
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm

Re: Swak groepering agv toerusting?

Post by JopieFourie »

Naand James

Ek het vandag met my broer se toerusting gelaai. Gaan more groepe skiet en kyk wat hy maak.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Swak groepering agv toerusting?

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het nie nou die geld nie, maar my MTM skaal, is verseker die eerste item wat ek vervang met iets baie oordentlik wanneer ek weer kan. Ek dink dit is verseker nie onderhandelbaar nie.
Veiligheid eerste manne!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Swak groepering agv toerusting?

Post by Wouter Roets »

Hallo Jopie

Daar is net soveel faktore van die verskillende herlaaikomponente wat n GROOT faktor kan wees met die helaaiproses dat n mens vir twee dae besig sal wees om alles te bespreek. Lees maar bietjie deur die Forum se herlaai stukke om n meer volledige prentjie te vorm. Weet dit is baie werk maar daar is nie sommer kort paaie as dit oor helaaikennis kom nie. :(

Beskryf maar bietjie in detail jou toerusting sowel as die stappe wat jy vat met die helaai dan kan n mens bietjie beter raad gee.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Swak groepering agv toerusting?

Post by tripodmvr »

Skale kan of baie akkuraat en konstant wees of wisselvallige lesings gee. Ek het begin met Lee skaal en later met RCBS 5-10 skaal vervang. Ek het wel tussen hulle vergelyk en Lee het baie goed vergelyk. Het gehou by RCBS tot ek Lyman DPS stelsel gekry het.

By al die skale is daar voorsorgmaatreels en baie geld vir beide tipes. Vermy 'n trek waar die wind 'n rol kan speel, pasop vir sterk magneetvelde, gebruik redelik gelyk blaaie wat nie skerp hellings het nie (waterpas) en dan ook selfone in die nabye omtrek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply