Page 1 of 1

Herlaaibank/tafel/blad

Posted: Tue Apr 24, 2012 12:42 am
by Boesman
Na heelwat debat het ek en Vrou op die volgende besluit: die huis kort (nog) 'n badkamer en ook 'n strong room.  ;D Die vertrek wat die strong room moet word, is baie goed geskik daarvoor, dit was eens 'n buitestoep, maar is intussen toegebou, het geen vensters nie en het 'n beton dak/plafon.  ;D Kort net 'n staaldeur.  ;D Maklik tot hier, maar nou het ek voorstelle en idees nodig. Ek wil 'n bank of blad teen die muur vasbout om op te herlaai en dies meer. Die press moet daarop vas kom, en al die ander goedjies moet daarop stil en gelyk kan staan wanneer nodig, en dit moet nou nie na 'n paar dae breek as gevolg van die press se werk nie. Ek dink aan 'n melamien blad. Wat dink julle?

Re: Herlaaibank/tafel/blad

Posted: Tue Apr 24, 2012 6:03 am
by Cobus(Cobb)
Eenvoudige staal raam met superwood postform blad(selfde as kombuis blad) sal lekker stewig wees en baie mooi werk.

Cheers

Re: Herlaaibank/tafel/blad

Posted: Tue Apr 24, 2012 6:13 am
by BRNO (Pierre)
Hier is n ander draad wat ek ook sommige idees vandaan gekry het vir myself.

http://jaracal.com/index.php?PHPSESSID= ... n#msg99806

Re: Herlaaibank/tafel/blad

Posted: Thu Apr 26, 2012 11:08 pm
by Boesman
So, sal 'n melamien blad werk daarvoor? Of is dit nie sterk genoeg nie?

Re: Herlaaibank/tafel/blad

Posted: Fri Apr 27, 2012 4:24 am
by Vlakvark
Boesman as jy se gewone melamien verstaan ek dit as die goed waarvan kombuis kaste gemaak word so 16mm dik. Ek glo nie dit sal hou nie ek het al 'n 16mm solid pine tafelblad gebreek met my pres

Hier is my tafel en hoe ek my presse en staanders vasmaak. Ek weet nie wat die moere genoem word nie maar hulle trek mooi vas in die hout, dan het jy ook nie nodig om met washers en moere onder die blad te sukkel nie
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5285.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5286.jpg[/img]
Van onder die tafel lyk hulle so
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5288.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5287.jpg[/img]
My blad is 'n kombuiskas blad so 40mm dik en waar die pres vaskom het ek hom deur die 50x50 square tubing gebout om seker te maak hy breek nie
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5289.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5290.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5291.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5293.jpg[/img]
[img width=319 height=480]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5296.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5298.jpg[/img]
[img width=560 height=372]http://i799.photobucket.com/albums/yy27 ... CF5295.jpg[/img]

Re: Herlaaibank/tafel/blad

Posted: Fri Apr 27, 2012 8:59 am
by JPS
Boesman,
Ek het sommer 2 kombuiskas laaieenhede gevat mooi gespasieer en kombuistafelbladbo op gesit soos vlakvark. So ek het sommer lekker pakplek in die laaie ook. Ek het net die ronding van die blad mooi haaks gesny sodat die herlaai press mooi stewig teen die blad druk wat hom stewiger laat vassit.

Groete
JP

Re: Herlaaibank/tafel/blad

Posted: Fri Apr 27, 2012 9:23 am
by Boesman
Dan sal ek maar eerder pine vat, dankie manne.

Re: Herlaaibank/tafel/blad

Posted: Fri Apr 27, 2012 2:17 pm
by Pvdw
Boesman FORMICA TOP werk baie goed. Kos so R600-750/3m stuk. Hang af van die kleur. Hy is 32mm dik en lekker sterk.

Ek het net 'n 25X25mm vierkant pyp van onder die pers tot op die vloer gesit. Jy kan nou daans op daai blad as jy wil.

Peet

Re: Herlaaibank/tafel/blad

Posted: Wed May 30, 2012 11:36 am
by Boesman
Pvdw, ek sien nou eers jou post. Lyk my jou plan blink. Dankie.