Poffadder.

User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Poffadder.

Post by tobie »

Ek weet slange is amper niemand se gunsteling topic nie.Ek het vandag 2 meneer en ek neem aan mevrou adders raak geloop.my kelpie met die naam van kat het hulle so 5m van mekaar af uit gesniffel.Dis die eerste wat  ek by my sien seker so 3ft na 3 en n half ft toe lank,kan nou nie se hoe dik nie maar darm dik genoeg...Nou my eintlike vraag is dis ver van die huis af maak ek hulle dood of los n mens maar die goetjies in vrede.ek is nou nie einlik so erg oor hulle nie..........as ek hom naby die huis kry le hy nou nou op sy rug in die water voor.(by geloofie wat die reen roep)
hoe groot word hulle?
Groete Tobie
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Poffadder.

Post by Pvdw »

Tobie jong ek sten saam met Piet. Daai goette is tog daar met 'n rede. Daai 2 slange klink my is volwasse en dis die eerste keer in hul lewe dat hul jou pad kruis. Kans is goed jy sien hulle nooit weer nie.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Poffadder.

Post by tripodmvr »

Die lengte wat jy van praat dui op volwasse slange en hulle word nie baie langer nie. Die wyfie is die dikker ene. Jare gelede het ons as deel van junior jagopleiding 'n slangkenner vanaf Centurion gehad wat 'n big momma pofadder gehad het. Seker een van die mooiste gekleurde slange met 'n dik lyf wat ek nog gesien het.

Ek loop baie in die veld en dit is min dat ek slange sien. Ek maak nie voor die voet dood nie synde die' reptiele rotte en muise in toom hou. As hy jou by die huis bedreig en hy kan nie maklik verwyder word nie dan sal ek hom wegmaak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Poffadder.

Post by blaser »

Een het my jag hond gepik as jy dit beleef het sal jy ook die gemors vrek maak
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Poffadder.

Post by James Wilson »

Tobie, ons het in die weermag altyd jays fluied met water aangemaak en dit dan rondom ons kamp gespuit. so 2 keer n week in die begin en altyd op dieselfde plekke as wat ons dit die eerste keer gespuit het. in die 4/5 jaar wat ek daar was het ons nooit n slang in ons kampe gekry nie. dit terwyl daar baie slange gesien is buite ons kampe.

ek het sedertdien hierdie metode aan baie boere vertel, en hulle het my sonder uitsondering gese dat dit baie help en dat hulle dit nou konstant doen.



ns. toe ek sien onder watter topic hierdie post le toe dink ek julle manne is besig om roeppe bymekaar te maak vir die slange ;D
Last edited by James Wilson on Mon Apr 30, 2012 10:06 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Poffadder.

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Tobie jy vra hoe lank pofadders word en die antwoord is basies 1,8m maar gelukig vir ons is dit in Oos-Afrika. Ek weet van twee eksemplare van oor die 2m! By ons is dit nie sommer oor n meter nie maar lengtes van 1.3m is nie ongehoort nie. Die langste een wat ek teegekom het was n knewel van 1,45m en dit was nogal n mannetjie om alles te kroon.

Wees maar biiter versigtig met hulle want die pofader se pik is die vinnigste van al die slange. Sy strike-zone is basies die helfte van sy liggaamslengte.

Groetnis
Wout
Last edited by Wouter Roets on Mon Apr 30, 2012 7:21 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Poffadder.

Post by Gerhard »

Ek gaan kuier by Nick op sy plekkie naby Machdo dorp...

Gaan wys hy my die poffie wat hy die middag in die vliegtuig hanger dood gemaak het.

Dit is die 2de een wat hy op sy plek dood maak.

Poffies het nog nooit voorheen hier voorgekom nie....
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Poffadder.

Post by wlm »

Die Jeyes fluid moet werk want die ou spoorwee het mos altyd hulle toilette daarmee skoon gemaak en ek het nooit 'n slang in 'n stasie k@khuis gesien nie. ;D ;D ;D
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Poffadder.

Post by grumpy »

Ek hou nie van slange nie. Die mooiste slang vir my is n dooie slang!!!!! Die duiwel op die grond!! ;D ;D

>:(
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Poffadder.

Post by vlakvark1 »

Enige slang binne n radius van 1kilometer van die huis af- kry die haelgeweer :( :(
vlakvark en bosvark Bvk
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Poffadder.

Post by blaser »

Ek maak vrek waar ek hom kry
Danie Lombard .243

Re: Poffadder.

Post by Danie Lombard .243 »

Tobie

As jy vertel poffadder slange is naby jou huis woon jy sekerlik op 'n plot of plaas. Moet nooit maar nooit 'n poffadder onderskat nie. Meeste van die kere wat jy 'n poffadder sien is wanneer hy beweeg en seil. Wanneer hy stil le in gras of tussen klippe sal jy hom nie raak sien nie al is jy hoe oplettend en parraat. Dit is nou juis die gevaar. Trap jy net naby of op die poffadder daar in die omgewing van jou huis het jy vars moeilikheid met hoof letters. Ek gaan nie 'n opstel skryf oor poffadder nie, weet net die volgende. Poffadder byt is die seerste, egste byt wat jy ooit kan kry. Die sittotoksiese gif van die poffadder laat die bytplek swel soveel dat die vleis en vel oop bars en uitmekaar skeur. Die weefsel vrot en amputasie van die ledemaat is meeste van die tyd teenwoordig. Letsels en weefsel skade is permanent en gaan nooit weg nie. Lees mooi wat Wouter se oor die strike van 'n adder. As my gedagte my nie in die steek laat nie ek ek reg kan onthou byt 'n poffadder 30 m/sek  Dit is veel vinniger as enige mens se reaksie ooit kan wees. As poffadder jou klaar gebyt het en terug trek na die byt sien jy dit eers raak en dit is waar die gesegde vandaan kom, hy byt agteroor. Dit is 'n nonsens storie die agteroor byt, hy byt jou met bek groot oop gesper met tande langer as 'n huiskat se naels. Die twee giftande lyk net soos huiskat se naels.

Uile maak veel meer muise en rotte vrek as wat 'n slang ooit kan. As die uitroei van muise op die tafel is, kry uil hokke en hou die uile gelukkig. Dit is by verre 'n groot aanwins by enige plaas huis en stoor. Ons het 2 pare nonnetjies uile daar by ons huis en stoor, dit werk en die muise is min en selde te sien by die bees lek stoor.

Waneer mens by jou vee kom om deur te ry en te tel en jy kry 'n vet, gesonde dragtige koei met waarde van R10 000 dood le met 'n geelslang byt agter die blad net bo die borsbeen dan haat jy 'n slang met 'n diepe haat.
Mens leer altyd uit foute. As jou geliefde hond jou met glas oe en geswlde nek en kop jou in die oe kyk en tjak en bewe en ruk van pyn en sukkel om asem te haal en roggel met elke asem teug dan voel mens sommer heeltemal ander oor 'n slang. Moet nooit 'n slang onderskat nie.

Danie
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Poffadder.

Post by blaser »

Danie
Nou praat jy waar ek haat hom ook
My hond het egter 100% herstel na die poffadder nou gaan ek en my honde  nerens sonder teengif nie
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Poffadder.

Post by visstok »

Ek sal nie se ek haat n slang nie, maar is nie meer baie lief vir hulle nie! My Huskey is deur n geelslang gepik en dood laas Desember. Ek stem, enige slang in die raduis van n km van my huis kry die doodstraf! Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Poffadder.

Post by grumpy »

Visstok, ek het 3 Huskies! My een teef is 80% wolf!
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Poffadder.

Post by visstok »

Oom Grumpie, my Huskey was ook baie meer wolf as Huskey, was vrek lief vir daai hond! Ekt hom by mense gevat wat hom erg geslaan het. Hy was 2jaar oud toe ek hom gevat het en n jaar by my tot hy in n geveg met die geelslang beland het toe ons nie by die huis was nie. Dis was n super hond daai! Groete Alex
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Poffadder.

Post by grumpy »

Vistok, jammer oor jou maat. Ek is net so lief vir my Huskies. As n slang my honde moet pik stekk ek hom vol lengte met n hosepipe Dat dit lyk of hy opgestop is!!!!!! ;D

Jammer ek wil nie die post hi-jack, sorry manne!
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Poffadder.

Post by tobie »

Ek is maar n biejie versigtig as dit by slange kom.is dit waar dat geel slang byte nie n skaap dood nie?Ek het ook n paar goeie honde aan slange af gestaan.Ek sal nooit te erg wees oor die goed nie.
Ons maak die honde bang met die kompressor se wind.lyk of dit werk met die boerboel. Daar het al n paar by my oupa hulle op gedaag en die hond het net mal gegaan van n afstand.
Ek kan nou nie belowe dit gaan werk nie ,maar try
Groete Tobie
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Poffadder.

Post by Wouter Roets »

Tobie

Ek het nog nooit gehoor dat die geelslang se gif nie n skaap affekteer nie. Kan ook nie dink hoekom dit so sal wees nie. Dit is n baie sterk neurotoksiese gif wat vinnig werk op soogdiere so ek sal heel verbaas wees indien dit wel so is. n Mens kry heelwat droe byte waar geen gif toegedien word met die byt nie so dit kan dalk n moontlike rede wees vir die storie.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Poffadder.

Post by Kalahari »

Tobie

Ek kan getuig van die geelslang op die skaap, dalk soos Wouter se is daar droee byte partykeer, maar ek het 'n bleddie mooi dorperram afgestaan aan geelslang se byt, en dit was nogal op my werf in die voerkraal. Was nie lekker vir die slang nie en hulle is mince as ek hulle op my werf gewaar, gaan selfs sover as om spoor te vat >:( en dood te maak.
Ek ook nie kanse vat met die 2 seuns deesdae om die huis nie.
Kalahari
User avatar
Chukudu
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Sat Feb 25, 2012 10:55 am

Re: Poffadder.

Post by Chukudu »

jis almal! interesante topic, ek weet nou nie van 'n skaap nie, maar 'n geelslang het my al in Lohatlha gepik en ek het soos 'n skaap gevoel!!!!!! gelukkig was die Mfezi reg en die casevac baie gou. ek kan ook getuig van die  Jeyes fluid, ons het al eenkeer tot ses slange per dag in die TB gekry naby Kristalpan en na die  Jeyes fluid nooit weer binne die TB nie. dit hou lyk my sommer die rotte en muise ook weg?
groetnis
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Poffadder.

Post by Wouter Roets »

Chukudu

Was jy dalk in Patria met daai alma mater van jou?

Het hulle vir jou n stukkie papier en pen gebring sodat jy vir jou Ma n briefie kan skryf toe jy gepik was? :laugh:

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Chukudu
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Sat Feb 25, 2012 10:55 am

Re: Poffadder.

Post by Chukudu »

@Wouter,
hahahahaha, neewat. toe ek agterkom die gigf begin trek was daar baie min tyd, het maar op die radio geklim, my majoor geroep en my grid reference deurgegee. toe ek wakker word was ek al teengif gespuit en oppad Kimberly toe. die Patria moes maar eers wag!!!!! gelukkig
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Poffadder.

Post by Wouter Roets »

Chukudu

Hel maar jy is gelukkig gewees om weg te stap na die episode! Ek dink jy is van die min manne wat al gepik is. Vertel bietjie wat gebeur het. Net om sekerheid te kry was jy in Patria koshuis op die Puk en watter jaar was dit indien jy daar was?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Danie Lombard .243

Re: Poffadder.

Post by Danie Lombard .243 »

Sommer terloop dinge wat ek optel by die plaas werkers as hulle van slange praat en 'n slang gesien het asook stories en dinge oor ander reptiele.

Hulle se dat poffadder eet menslike ontlasting, is blykbaar gaande oor dit. Dit is dan raadsaam om seker te maak by 'n buite en put toilet dat daar geen slang is nie voor dit gebruik word. Slange kan ook nie self gif produseer nie maar moet met behuld van ander reptiele gif maak. Slange kry dus hul gif by paddas en geikies (geckos) en akkedisse. As 'n slang jou byt sterf jy op die plek.  Likkewaan is groot moeilikheid want hy en die tokkelossie is boesem vriende. Hulle loop saam as die likkewaan naby die huis te sien is. Wanneer die likkewaan met sy kop en voorlyf heen en weer beweeg en sy voete optel dan dans die met die tokkelossie. As likkewaan jou byt is dit klaar met jou. Skildpad is ook baie gevaarlik want die spring soos niks kan spring nie en mik altyd vir jou kop. As skildpad spring en jou teen die kop tref kan jy jou lewe verloor van die harde hou of selfs erge beseerings opdoen. Skilpad spring nie altyd nie, net soms wanneer hy 'n ding het met jou.
Ek kan nie onthou watter reptiel jou verlam of blind maak met byt nie maar daar is een. Het jare terug van die een gehoor. Dink as ek reg kan onthou dit akkedis of geikie kan wees.

Verstom was ek op 'n dag om van 'n boer in ons disrtik te hoor dat die groot sondebok by die versprei en aandra van bosluise op jou plaas te danke is aan 'n skilpad. Volgens die ou kerel dra skilpad horde bosluise rond en bring dit na jou plaas.

Kan jy nou meer ??

So wanneer jul manne in die veld loop, dra 'n goeie duursame helmet vir springende skildpaaie  LOL!
Post Reply