Voorspellings vs. Praktyk

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Voorspellings vs. Praktyk

Post by Geno »

More manne.
Ek ondervind iets baie vreemd op my .25-06.

As ek 'n lading uitwerk op QL met 100gr Scirocco koe?ls, is die chrony lesings 100% akkuraat teenoor die QL voorspelling.
Dan, as ek 'n 75gr V-Max skiet, is die chrony lesing 120fps stadiger as die QL voorspelling.
Ek verstaan dit nie. Kruit is dieselfde, ladings is direk na mekaar geskiet deur die chrony, ladings is dieselfde dag gelaai, als is dieselfde.
Dis net TPL, koe?l, en kruitgewig wat verander.
Voorbeeld:
100gr Scirocco, S365, 50.9gr, QL voorspelling: 3320fps. Chrony: 3348fps dws 99.16% akkuraat.
75gr V-Max, S365, 54gr, QL Voorspelling: 3672fps. Chrony: 3550fps dws 96.67% akkuraat.

Watse ander faktore kan dit beinvloed?

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Voorspellings vs. Praktyk

Post by Arnold »

Koeel diameters wat verskil, koeel mantels se hardheid wat verskil ... ek is seker daar is 'n heel paar ander ook?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Voorspellings vs. Praktyk

Post by tripodmvr »

Hoe swaarder die koe?l, hoe groter die traagheid en hoe beter werk dit saam met die model van die kruit. Die ligter koe?l het minder dravlak en dan minder wrywing wat veroorsaak dat dit aanvanklik vinnig versnel en dan met dieselfde kruit nie dieselfde ho?r druk opbou nie. Daarom minder effektiewe ontbranding en minder versnelling = minder speod.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply