Raaisel ???

Post Reply
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Raaisel ???

Post by Ian »

Ek kuier by 'n vriend naby Heidelberg in die Kaap en hy lig my in dat hy verloor elke week 'n lam deur 'n ongedierte. Hy het die vorige aand weer een verloor en ons is twee dae later daar om te kyk wat dit kan wees. Hy se dat die dier  nooit terug kom na die karkas toe nie. Hulle het al professionele hulp ingeroep maar met geen sukses. Dit gebeur by sy buurman dieselfde. Hulle is nou keelvol en soek asb. raad.
Die dier eet altyd die lippe, tong en 'n stukkie uit die boud of blad. My siening is dat dit 'n Ratel kan wees. Daar is ook ontsettend baie kraaie.
Ek sit 2 foto's op en merk hoe die bladbeen uitgetrek is.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Raaisel ???

Post by Gerhard »

Ian,

Welkom terug hoop jy en die familie het n lekker weg breek gehaad.

Kon jy enige byt wonde kry waar die skaap dood gebyt is?

Dit kan al n weg spring plek wees...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Raaisel ???

Post by Ian »

Gerhard

Dankie, die wegbreek was fantasties en ook nodig.
Ek kon net een gat onder die oog en een in die nek kry. Kyk foto 2. Ek persoonlik het nog nooit so iets gesien nie en is uitgeboul.

Groete
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Raaisel ???

Post by Kalahari »

Ian

Stem saam, ratel.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Raaisel ???

Post by Smirre »

more
Ek weet otters is lief daarvoor om die gesig te vreet.

Die blad wen my

Smirre
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Raaisel ???

Post by Kleinpiet »

Soos hy eet lyk dit vir my ook of dit 'n ratel kan wees.  Daardie skaap lyk egter 'n bietjie groot, by my het hy klein lammertjies so gevreet. Ek dink ons het twee of drie maande gevat om hom met ysters te vang, gelukkig 'n skerp werker op daardie stadium gehad wat kon jag, weereens het net klein lammetjies gevang.

Groete
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Raaisel ???

Post by Geno »

Kan ek 'n raaiskoot waag en s? dat dit jakkals is?
Kyk die laaste kolom by die jakkals.

[img width=560 height=366]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Miscel ... plekke.jpg[/img]
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Raaisel ???

Post by Geno »

Ek het nou die fotos vir Jason gestuur. Hy reken ook dis jakkals se werk.
Veral die gat onder die oog. Die blad wat uitsteek, s? hy is soos die jakkals by die binnegoed probeer uitkom het.

Hoop dit help.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Jason
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Sat Feb 28, 2009 9:59 pm

Re: Raaisel ???

Post by Jason »

Is ook nie n klein wit dorper daai nie,maar ek dink steeds dat dit n vlek se werk is daai.

Jason
canis mesomelas
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Raaisel ???

Post by Francois Marais »

Jason/Geno

Die vang/byt plek teen die kant v/d kop se dis n Jakkals.....my mening ook.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Raaisel ???

Post by Ian »

Dankie vir die raad. Die probleem hier is dat die dier nooit weer terugkom na die karkas toe nie, dit is dalk hoekom ek wonder? Charl en sy buurman verloor elke week 'n skaap in dieselfde kampe. Hulle is nou keelvol en soek dringend iemand om hulle te gaan help met vergoeding. Daar is 'n woonstel en kos beskikbaar en hulle se , al moet dit drie weke duur om die ongedierte te kry sal hulle al die kostes dra. Dit is tussen Heidelberg en Witsand in die Kaap. Net te ver vir my. PM my as daar enige persoon kans sien om hulle te gaan help.

By voorbaat dank.

Ian
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Raaisel ???

Post by Geno »

Ian,
Die dat die roofdier nie terugkom nie, is nog meer rede dat dit jakkals is.
PM vir Jason, hy jag die karoo/kaap area en is regtig goed!
Goed, beter, 6millimeter!
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Raaisel ???

Post by Ian »

Dankie Geno,

ek sal in kontak kom met hom.

Groete
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Raaisel ???

Post by JOHANNIC »

Dis 40 km van my af soos die kraai vlieg,ek is hopeloos te dom om die jakkie te of "ding" te roep,maar ek sal verseker die koffie help uitdrink(ek skiet gewoonlik) ek kan nie eers my eie hond nader roep nie...
Is Jason op Stormsvlei?
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Post Reply