Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post Reply
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by Ponkie »

Manne

Verlede jaar jag ons op 'n plaas in die suide van Namibie naby Helmeringhauzen. Die oom is al diep in die 70's, maar niks fout met sy kop. Oom Mike orals links voor gesit terwyl ons gejag het. Op die plaas is elande,kudus, springbok en gemsbok.

Saam ons op die trip was nog 'n jagter, seker so 30, wat graag sy eerste kudu wou skiet. Wel oom Mike het gese hy mag nie 'n 50'' Kudubul skiet nie, want mens moet dit eers "Verdien" om 'n trofee van 'n spesie te skiet. (Ek noem dit nou 'n trofee, maar daarmee bedoel ek net soos 'n groot bul/ram van enige spesie)
Dieselfde het vir my gegeld. Ek wou 'n eland skiet, maar omdat dit my eerste een was, het hy gese dat ek 'n jong bul of vers moes skiet.

Ek praat toe nou die dag met een van die 1e jaars in ons koshuis. Hulle boer erens in die laeveld. Hy se toe dat hy nog net een kudu in sy lewe geskiet het, 'n 62" bul op sy 11de verjaarsdag. Toe maak oom Mike se stelling van "verdien" 'n trofee vir my meer sin... Dis net so manier van respek toon vir die dier...
Dit is seker 'n ander storie as 'n jagter met die geld in die hand staan en sy hy WIL 'n 60" bul skiet. In hierdie geval was al die wild verniet gewees omdat ons goeie vriende met oom mike is.

Wat is julle opinie hierop?

Groetnis
Ponkie 
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by Spanner »

Absoluut, my siening is dat jy hom moet verdien met jou sweet, blase, nerwe en jou bloed in die veld.  Jy moet werk vir daai groot menere, jy moet laaaank uitsien na julle ontmoeting, jy moet goed voorberei en jou deel bring... dan gaan jy daai trofee soveel meer verdien en waardeer. 
Ek is maar 'n gewone biltongjagter, maar smag nog na 'n mooi koedoe om te laat pryk in my braaikamer.  Ek jag nou al 5 jaar elke jaar na 'n goeie koedoe.  By goed, bedoel ek 50"+.  Ek het op een so jag verlede jaar 4 mooi gemiddelde koedoes opgegee omdat hulle nie die EEN was wat ek gesoek het nie. 
Ek het vir 5 volle daie lank baie hard gejag, net koedoes gesoek en bekruip.  My kniee en elmboee was rou, ek het blase aan my voete gehad. Ek het baie, baie rooibokke, blesbokke en varke opgegee omdat ek bang was ek gaan MY koedoe verjaag as ek skiet - en daai jag het ek nie 'n skoot geskiet nie !  Ek is met lee hande (maar met absoluut vrede in my hart) terug gegaan huis toe.  Ek wou 7 bokke skiet, maar het nie.  Miskien die jaar, gaan ek hom kry...

Om 'n monster trofee so vroeg in jou jag loopbaan te skiet vergelyk ek met die ou wat vir Cindy Crawford date - daarna is daar niks meer om na uit te sien nie.  Jy gaan heel waarskynlik alle ander bokke teen daai eerste groot een opweeg, en dit gaan afbreuk maak aan die lekker en voorreg om daai kleiner bok te kan jag !  Ek het begin leer jag op varke, toe rooibokooie, en later is ek toegelaat om knypkoppe en groot ramme te jag.  Koedoe koeie ook voordat ek 'n bul kon jag, ens.  Elke opgradering was die antisipasie vreeslik, ek het so uitgesien na die nuwe "trofee", al was dit maar net 'n 12" blesbokram ! 
My jag begin weke en weke voor ek voet sit op die plaas - ek sien so uit na die jag laaaaaank voor dit al begin en ek geniet elke oomblik daarvan.  Ek wek hard vir elke bok.  Jag dit eties en volgens my eie standaarde.  Ek wil dit geen ander manier h? nie. 
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by Pvdw »

Stem so 50/50 saam. Man begin onder met jou stokperdjie/sport en werk op maar laat ek bulle s?, julle gaan my moeilik stop om daai mooi bul/ram te skiet as ek op hom afkom voor ek 'n ander een van sy spesie geskiet het ;) ;) Hoe s? die ingilse"First come, first serve"

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by Spanner »

Nee kyk, jy het gelyk, as die trofee in jou skoot val, dan is dit seker vir jou bedoel.  My uitkyk op die ding is effens anders.  Ek geniet die jag terdee.  Van die dag wat ek begin beplan aan 'n jag begin die opwinding bou, soos wat pryslyste en telefoongesprekke vorder sien ek net meer en meer uit na die storie.  Teen die tyd dat ek my voete op die plaas sit is ek so opgewonde soos 'n Jack Russel op 'n hamsterskou ! 
Ek wil werk vir my bokke.  Ek stap sommer altyd van die kamp af en wil nie afgelaai word nie.  Soms nogal 'n hele paar km's .  Miskien, net miskien loop ek my bok raak tussen die kamp en sy weiplek, dan kan ek rustig my bekruip beplan en my jag geniet op my manier. 
Ek het al een keer al drie my rooibokke op die eerste dag geskiet, en was vreeslik kwaad vir myself vir die res van die 5 dae.  My jag was verby.  Al het ek elke dag steeds uitgegaan en met 'n lee geweer bokke gesoek, het dit steeds gevoel asof ek iets mis, asof iets "weg" is uit die jag.  My toewyding en konsentrasie was net nie meer daar nie.  Lekker was dit steeds beslis, maar dit het amper gevoel asof ek 'n verjaarsdaggeskenk ontvang (maar ek weet reeds wat dit is ) en nou moet ek maak asof ek steeds verras is ...  Ek wil nie enige jagter voorskryf wat hy moet maak of hoe hy moet optree nie.  Ek doen maar soos ek gemaklik voel.  As daai trofee on jou skoot val maat, dan is die besluit net joune.  "n Kennis het verlede jaar gespog oor die groot BWbees wat hy geskiet het ... hy het by die dammetjie gewag en later aan die slaap geraak.  Toe hy wakker word was die BWbeeste juis daar, hy het sy geweer opgetel en 'n goeie skoot geskiet terwyd die bees gedrink het.  Vir hom het hy gejag.  Hy was baie trots.  Ek het geluister na sy storie, vriendelik geglimlag en weg gestap.  Hy het 'n mooi bok geskiet, dis swaar, maar in my boek, het hy nie gejag nie.  Hy was seker op die regte plek op die regte tyd, maar ek sou nie daai skoot geskiet het nie, ek voel ek verneuk myself uit die essensie van die jag.  Maar dis ek.  Ek kan nie my idees op ander afsmeer nie.  Ek sou net nie voel ek het daai bok verdien nie.  Ek werk eerder my gat af vir 'n knypkop rooibok en slaap heerlik daai aand, voordat ek 'n groot bok skiet, en my gewete ry my vir weke.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by .220 Swift »

Dis seker te verstane dat Oom Mike nie sy trofee bokke verniet sou laat skiet nie...
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by theedge »

Ek is ook so 50/50 met die een.  As n man egter die geld het kan hy hom maar skiet - want verseker sal hy die geld he om nog groter te gaan en sy drome te leef, as ek egter n ou vir die eerste keer vat om n eerste van n spesie te skiet voel ek maar dieselfde as oom Mike. Vir kinders sal dit ook eendag wees om te werk vir daai grote ( by werk bedoel ek die respek en al die dinge wat met dit saamgaan )Dit is egter net hoe ek voel.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
ArnoldM

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by ArnoldM »

Hehehe.... Ja nee, +1 Peet :-)
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by grumpy »

As ek die bok raak loop en ek het die geld laat ek hom val! Hoe weet ek dat ek ooit weer so bok in die veld sal kry?

Gee hom gas!! Die bok gaan nie vir jou wag tot jy reg is vir n trofee en dan kan jy hom kom skiet nie tensy hy in n hok vir jou gehou is(gecan is)!!!

Skiet raak en akuraat en laat hy val!!! Skootplasing!!! ;D ;D ;D ;D ;D >:(
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by GERT vd M »

Alles waar maar wees maar deurentyd op jou hoede en moenie verslap nie, daai grote duik partykeer onverwags op wanneer jy dit die minste verwag en as dit gebeur wil jy nie onkant wees en met die verkeerde geweer in die hand staan en bewe nie soos bv n 2... wat ookal.
                      Groetnis
                        Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
bobby
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by bobby »

my answer is who ever hunts fair deserves the buck , trofee or not .

i like swift also thinks the old man likes to keep his big kudu's for those who pay and doesn't want to loose big  money to friends , but it's his farm and he calls the shots .

if i was a paying client and he refuses to let me take the shot well then he wont be seeing me again . it's my luck if the buck i see and stork is a great speciman like fishing you can't choose that a big one or small one takes the bait you just take whatever you get .

on the other hand if he's straight with me and says he doesn't want big bulls or bulls shot then cool it's his place he calls the shots but if he tells me he doesn't think i deserve to shoot the big buck then  his grandmother's @$$ .

what makes him decide i have not earned the right to hunt this animal  ? has he been there when i prepared for the hunt ?

just my 2c
bobby       
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by Jakkalsgat »

As jou bekruip en jagtersvernuf van so aard is dat jy so'n majistiese dier kan uitoorle en jy hom suksesvol kan doodmaak met die minste moontlike leiding aan sy kant mag jy hom maar skiet.

Wat ons net moet besef is dat iemand wat al telkemale 'n bok bekruip en verloor het gaan elke keer verbeter aan sy tegniek en is sy kanse dus baie beter om 'n 50" + koedoe te skiet as 'n groentjie jagter wat van 'n bakkie af skiet. My vraag is as 'n groentjie dan praat van 'n 50" koedoe wat weet hy van so 'n dier af of is dit dan nie maar 'n geval van eie ego streel net om te kan se ek het 'n trofee geskiet nie.

Ek stem nie saam dat jy eers 'n trofee in 'n sekere spesie moet verdien nie maar wel in alle spesies, dus as jy al 'n paar ander diere uitoorle en gejag het  "be my guest" maar werk vir daai trofee.

Wat julle dus vir my se is as sy geld reg is kan hy maar skiet!

Bravo Oom Mike

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
visstok
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by visstok »

Maak nie saak die hoeveelste bok dit is wat jy skiet nie, as jy regtig gewerk het vir daai bok en jy kan n doodskoot skiet voel ek jy kan maar skiet. Groete visstok
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by grumpy »

Jakkalsgat, ek dink jy verstaan my verkeer maat. Ek se, as die bok in my lyn is en ek het die geld om te betaal vir die bok en kan hom skiet sonder dat hy gaan ly, maw, shot placement moet reg wees. As die bok nie reg staan nie dan LOS jy hom!!!! Jy gaan nie net skiet omdat n trofee of groot bok is nie!

Elke ou moet sy common sense gebruik en weet waartoe hy in staat is. Om kanse te vat werk nie by my nie. Jy moet dood seker wees voor jy die sneller trek dat hy gaan val.

Vir my is elke bok n trofee maak nie saak hoe groot hy is nie. Ek is trots op elke bok wat ek skiet want ek weet ek het hom uitoorle en my skoot plasing was reg.

Dit vat ervaring en tyd om alles aan te leer en ek sal ook nie dat iemand saam met my sommer lang skote skiet as ek weet hy het dit nog nooit gedoen nie! Elke ou moet sy berke ken en weet wat is reg en wat is nie reg nie. ;D
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by Ponkie »

Manne

Ek like almal se verskillende opinies. Dis wat die forum so lekker maak.
Bobby en swift. Oom Mike laat doen minimaal jag deur jagters wat hy nie mee persoonlik bevriend is nie. So in hierdie geval kon diegene wat in sy oe al 'n trofee verdien wel een skiet, want die wild is verniet. Ek en my broer het beide 'n 50" Kudubul geskiet op sy plaas. Maar daai bul was my 58ste kudu en grootste tot op hede en waarvan my eerste kudu 'n koei in gr5 was. So dink ek het die trofee verdien.
Diegene wat al in Nam was sal verstaan dat in sommige dele dit ontmoontlik is om te walk en stalk en dat jy gedwing is om vanaf 'n bakkie te skiet.

Ek voel net dat eendag as my laaitie sy eerste kudu wil skiet, gaan ek nie toelaat dat hy 'n 60'' bul skiet nie, ek sal eers dat hy 'n jong bul of koei skiet, want soos Spanner se, as hy mos dadelik 'n trofee skiet, dan is daar niks verder om na uit te sien nie. As ek nou vinnig terugdink het ek al 10 bokspesies geskiet, daarvan was my eerste nooit 'n massiewe ram of bul nie. Neem in ag dat ek vir baie min van die wild betaal en dat dit meestal by vriende of op ons eie plaas is. So geld is nie 'n faktor en so ook nie om 'n cape ta maak van die bok nie, maar dat die biltong en foto en die herhinnering in my gedagtes al is wat ek oor het na die tyd. En ek koester elkeen van die spesies wat ek al geskiet het en sal presies elkeen van my "eerstes" woord vir woord kan vertel.

Groetnis
Ponkie 
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by johan1 »

Ek het my laaity sy eerste bok laat skiet, die dag toe ek sien hy kan slag. Dit was my voorwaarde, so met al my skietery en jagte elke jaar moes hy maar oefen op die pote wat afgekom het , en later op die een helfte van die bok ens. Hy weet van dikderm omdop en uitspoel, hy weet waar die niertjies sit, hy weet hoe om die vliesie af te haal as ons hulle voorberei, hy het sy eerste bokkie verdien glo ek. Sy trofee is nou wel net in die vorm van n mooi foto op sy studeertafel, maar die dis darm darm daar.

Party aande so voor slaaptyd loop ek verby die kamer dan le hy met daai foto in die hande en kyk en kyk en kyk. Wonder wat maal deur daai seuntjie kop.....
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by spekieries »

+1 Johan

My klein man is 9, as hy die hele dag saam met my kan stap, oggend en middagsessie, dan kan hy sy eerste bok skiet. Ek dink die tyd is amper ryp.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Wie verdien om 'n Trofee te skiet?

Post by Piet Pille »

+1 johan1 & Spekeries.

My mannetjie is nou eers 2, maar ek tel die dae af dat hy ook eendag kan saam maak!

Elk geval, terug by die topic- Ek het die afgelope naweek 'n interressante ondervinding gehad wat die dinge vir my weer bietjie in perspektief geplaas het. Ek was op 'n wildsplaas waar ek moes help om wild te oes, maar met 'n verskil. Ek en die boesman het geloop, nie voorgesit of van die kar af geskiet nie. Geen trofeebokke nie, slegs volwasse nie-trofee diere en ou vroulike diere moes geskiet word.

Julle kan julself indink hoe aardig dit voel om op 'n bok se spoor te loop en bekruip, net om hom te kry en te besef dat hy trofeegehalte is en nie geskiet moet word nie... "Nee, ons los hom, hy's te groot"

Ironies genoeg, was dit net so bevredigend om op die ou end die nie-trofee-bok suksesvol te kon bekruip en skiet as wat sy horings groter en meer dramaties sou wees. Die uitdaging is dieselfde. Die satisfaksie ook. (Vir my, in elk geval). Die dier wat sy lewe aan die jagter geskenk het was nie minder werd as 'n ander bok wat se horings langer is nie.

Vir my is 'n "trofee teen die muur" bloot 'n herhinnering aan 'n spesiale geleentheid in my lewe. Dit gaan oor die storie  rondom daai spesifieke bok wat besonders was. En as dit 'n koedoevers is wat hierdie inpak op jou lewe gehad het, verdien sy ook 'n foto op jou "hall-of-fame", netsoveel soos daai diknek bul.

Dis altyd lekker om 'n groot trofee te kan he..... elke man wil ook maar bietjie spog nou en dan... of dit nou oor die grootste bok, swaarste vis of jou laaitjie se uithaler drie op die rugbyveld was...... ons het saam met die testosteroon ook elkeen 'n ego gekry.... dis deel van manwees.

Ek dink wat oom Mike bedoel het was dat liefde vir die natuur  en waardering vir die sport die dryfeer behoort te wees, alvorens 'n ego-boost op die agenda mag verskyn.\

Party kry dit al op 10jarige ouderdom, ander gaan as ou mense dood sonder om dit ooit te begryp..
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Post Reply