Vrystaat Jagseisoen

Post Reply
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Vrystaat Jagseisoen

Post by Biltong »

Dag Manne,

Ek bly in Pretoria en jag gewoonlik in die Bosvled of op geregistreerde jagplase met wildheining, maar kan nou dalk 'n geleentheid kry op 'n oop plaas in die vrystaat.

Kan iemand dalk laat weet wat is die datums vir die jagseisoen in die Vrystaat en is 'n jaglisensie dan nodig en indien wel, waar kan ek dit in die hande kry? Enige ander regulasies?

Die toestemmingsbrief van die boer ten opsigte van die jag -moet dit van die grond eienaar verkry word of is dit voldoende om die brief van die wettige huurder van die grond te kry?

Dankie vir julle hulp.

Groete

Biltong.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by Geno »

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by Biltong »

Dankie Geno,

So die jagseisoen in die Vrystaat op oop plase vir alle nie-TOPS wild-spesies is 1 April 2012 tot 30 Sept 2012.

Weet jy dalk of jaglisensies nodig is? Die proklamasie se niks hieroor nie maar ek vermoed dis net om die datums af te kondig.

Groete

Biltong.
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by Dippies »

Hi Biltong

Jip as manne wil lood gooi in die vlakte is n lisensie wel nodig.

My buurman werk vir die groen skerpioene, hy se hulle gaan die jaar 180% meer pad blokades hou om vir sulke goed te kyk soos jaglisensies en geweer lisensies maar die groot ding gaan oor die vleis.

So hy se om veilig te wees kry n lisensie by Kloppers en kry brief van boer met boer se kontak besonderhede op as hulle jou aftrek kan hulle hom net bel.

Eks nie seker wat vra kloppers vir lisensie nie maar dink dis hier by die R100 rond.

Groete
Dippies
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by Biltong »

Dippies, dankie vir die inligting.

Ek sal probeer uitvind of mens nie iewers anders kan jaglisensies kry nie -miskien poskantoor of polisiestasie. Anders sal ek uitvind of Kloppers dit kan pos.

Groete.
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by the kid »

Biltong wrote: Dippies, dankie vir die inligting.

Ek sal probeer uitvind of mens nie iewers anders kan jaglisensies kry nie -miskien poskantoor of polisiestasie. Anders sal ek uitvind of Kloppers dit kan pos.

Groete.
Laat weet asb, ek het twee trips gebook en sal moet spring, as ek betyds die lisensies wil kry, sal mens in 'n anderprovinsie kan koop as dit by die poskantoor beskikbaar is?
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by tripodmvr »

Lisensies is by reservate beskikbaar. 'n Lisensie is nodig al jag jy op 'n toe plaas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by Johan Reyneke »

As jy aan SA Jagters behoort, hulle sal jou ook kan help.
Die Vaaldriehoek Tak in Vanderbiljpark by 016 9321107 kan jou dalk help.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by Biltong »

Manne,

Ek het vir Kloppers gebel en Lanus het gese hulle sal dit moontlik kan pos. Kontak hulle by gunshop by kloppers.co.za.

Blykbaar is die Nasionale Parke verantwoordelik vir die lisensies. Ek sal sommer hier in Pretoria in Groenkloof by hulle 'n draai maak.

Dis definitief NIE by die poskantoor of polisiestasies verkrygbaar nie.

Groete
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by James Wilson »

Dippies wrote: Hi Biltong

Jip as manne wil lood gooi in die vlakte is n lisensie wel nodig.

My buurman werk vir die groen skerpioene, hy se hulle gaan die jaar 180% meer pad blokades hou om vir sulke goed te kyk soos jaglisensies en geweer lisensies maar die groot ding gaan oor die vleis.
Dippies, maak tog seker by jou vriend van die groen skerpioene of hulle jou wapen lisensie mag kyk.  ek weet van n situasie in my omgewing waar die helikopter geland het by die manne en hulle wou alle papierwerk deurgaan. toe hulle niks kry nie wou hulle die geweerlisiensies sien, waarop die boer toe gese het hulle moet eers n polisieman gaan haal want hulle (die groen skerpioene) het geen se oor gewere nie. hulle het dit ook toe so aanvaar.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by Dippies »

James wrote:
Dippies wrote: Hi Biltong

Jip as manne wil lood gooi in die vlakte is n lisensie wel nodig.

My buurman werk vir die groen skerpioene, hy se hulle gaan die jaar 180% meer pad blokades hou om vir sulke goed te kyk soos jaglisensies en geweer lisensies maar die groot ding gaan oor die vleis.
Dippies, maak tog seker by jou vriend van die groen skerpioene of hulle jou wapen lisensie mag kyk.  ek weet van n situasie in my omgewing waar die helikopter geland het by die manne en hulle wou alle papierwerk deurgaan. toe hulle niks kry nie wou hulle die geweerlisiensies sien, waarop die boer toe gese het hulle moet eers n polisieman gaan haal want hulle (die groen skerpioene) het geen se oor gewere nie. hulle het dit ook toe so aanvaar.
Hi James

Dis 100% reg wat hier genoem is. MAAR .....

Hulle ry met lasbrief by hulle wat bewys en reg gee om vuurwapenlisensies na te gaan. En dien nie reg is nie die polisie te ontbied.

Maar deesdae is daar gewoonlik polisie saam met die groen manne se hy. Dit vergemaklik net alamal se werk.

Groete
Dippies
User avatar
Renier
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Tue Aug 30, 2011 3:35 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by Renier »

Hi manne

N.a.v. hierdie onderwerp, het ek het gister die dame geskakel by die plaas waar ons gaan jag, naby Jagersfontein. Sy het ges? ek het nie 'n jaglisensie nodig nie, maar wel my vuurwapen lisensie. Hulle gee my ook 'n vorm om toestemming te gee om die diere te verwyder en vervoer, maar niks ooor enige jag-lisensie ges? nie.

Mis ek iets?

Groete
Renier
9mmP RAP
.308 Musgrave
.338 WM Winchester
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 866
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by Wielie Waps »

Almal
Die jaglisensies kos R100 by Diana Nel. Sy is by Natuurbewaring se kantore in Zastron str(Die ou landbou gebou 3e vloer.)
Ek het ongelukkig nie telefoonnommers daar nie ,maar sal Dinsdag kan uitvind.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by tripodmvr »

Renier wrote: Hi manne

N.a.v. hierdie onderwerp, het ek het gister die dame geskakel by die plaas waar ons gaan jag, naby Jagersfontein. Sy het ges? ek het nie 'n jaglisensie nodig nie, maar wel my vuurwapen lisensie. Hulle gee my ook 'n vorm om toestemming te gee om die diere te verwyder en vervoer, maar niks ooor enige jag-lisensie ges? nie.

Mis ek iets?

Groete
Renier
vRYSTAAT JAGLISENSIE GELD VIR HAAR OF VEERWILD en moet vir alle jag beskikbaar wees. Selfs op behoorlik omheinde plase.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Vrystaat Jagseisoen

Post by junglejulian »

jaglisensies sowel as skriftelike toestemming van die grondeinaar is nodig om op enige plaas oop of vrygesteld (lees omheiningspermit) in die vrystaat te jag.maak nie saak of dit in of buite die jagseisoen is nie.vir sekere spesies (beskermde wilde diere)het jy n permit ook nodig en kan dit net in bloemfontein aansoek gedoen word.die jaglisensie is maar n geldmaakstorie wat SARS ingestel het jare terug.dit het maar min met bewaring te doen.is omtrent dieselfde as die lisensiefooi wat jy op n voertuig betaal.in die noord kaap kan jaglisensies by die landros en poskantore gekoop word.gerrie coetzee vuurwapens in die senwes gebou(bloemfontein) het gewoonlik ook jaglisensies te koop.as die jagplaas baie jagters jaarliks kry kan die eienaar ook n lisensie boek by natuurbewaring kry en dan dit aan die jagters verkoop soos benodig.net probleemdiere en wilde diere wat nie wild is nie mag sonder n lisensie reg deur die jaar geskiet word maar skriftelike toestemming word altyd vereis.
Post Reply