Page 398 of 400
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Feb 19, 2026 10:18 am
by Ratel

Hulle se 'n 308 is so inherent akkuraat dat jy hom kan maak raakskiet selfs met 'n paar vuurhoutjie koppe se swael.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Feb 19, 2026 11:19 am
by Capt. Yoda
Ratel wrote: Thu Feb 19, 2026 10:18 am

Hulle se 'n 308 is so inherent akkuraat dat jy hom kan maak raakskiet selfs met 'n paar vuurhoutjie koppe se swael.
Ek het n 308, 30.06 en 300WM en alhoewel ek altyd net met die 06 wil jag moet ek dam by se met goeie komponente kan jy amper net kruit in n dop gooi en die koel seat en die ou 308 skiet nog tight. Ek het ammo wat ek seker 6 jaar terug gelaai het en my seun sal n paar manne bang maak op n baan met daai combo, die een wat my hart die minste warm maak is eintlik die WM.
n 308 met n lekker silincer is altyd n plesier om te skiet maar daars net iets lekker aan n 30.06 wat n 180gr bonded koel naby 2800fps kan skiet. Ek het seker maar groot geword met n 30.06 maar as ek net een jag geweer kaliber kan he sal dit hy wees.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Feb 19, 2026 11:27 am
by Ratel
Capt. Yoda wrote: Thu Feb 19, 2026 11:19 am

Ek geniet my 308. Seker oor ek nie van beter weet nie.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Feb 19, 2026 1:39 pm
by Eduard Venter
Nuwe jagters vra my gereeld of hulle 'n 308 of 30-06 moet koop vir eerste geweer, watter een is nou die beste? Ek kon altyd sê ek het 2x 06 en net een 308 as dit 'n aanduiding is. Wel toe ek een 30-06 verkoop nou is dit weer 'n lang gesprek oor watter een beste is
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Feb 20, 2026 10:43 am
by tau
Ek glo ni ein die .308 nie. Die goed wek net nie in Namibië nie!!!! Ek verkoop glad my Sako .308 en dit is so. Daar gaan skiet ek een aand Springbokke vir my skoonpa saam met sy plaas bestuurder..... die man skiet 'n .308 win wat lyk of hy soms vir kole krap gebruik word.
EK vra wats edoppe en punte( koeels) gebruik hy. Die antwoord was .308 doppe wat hy optel van jagters wat hy vir Skoonpa uitvat en dan enige .30 kaliber koeels in 150gr wat die Agra aanhou. Ek lag so in my mou en maak gereed om hom te wys hoe maak my Skoonpa se Sauer 30-06 en Swartworsie teelskoop.
Ons het die aand 25 bokke geskiet waarvan ek die wat stilgestaan het en naby was almal platgetrek het. Hy met die ou 308 en die 4x40 Weaver het die vêr bokke en die wat soos hy gesê het "in straaltjie draf" geskiet, in die kop natuurlik. My patrone was lankal op toe skiet hy nog Springbokke en so paar jakkalse tussenin. Ek het daar geleer moenie manne wat elkedag jag/skiet verwar met ons geleentheids jagters nie. Soos OOm Gary Player sê " the more you practice the luckier you get".
Ek besef toe net spesiaal mense kan met .308's jag en ek is nie een van hulle nie.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Feb 20, 2026 12:14 pm
by BenJacobs
Het julle dan nie geluister na Rikus Nel en Riaan Benade nie?

Ek het nie 1 van die 2 nie, maar as ek moes kies was dit maar 308.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Feb 20, 2026 2:16 pm
by Toxxyc
Ek verstaan eerlikwaar nie die vergelyking en argument nie. Die 308 is 'n kort askie. Die 3006 is 'n lang aksie. Ablei skiet .30-kaliber koeëls, maar die 3006 vat meer kruit in die dop. Jy kan PRESIES die .308 se performance skiet met die 3006 deur net 'n ligter lading te laai. En dis heeltemal goed genoeg. Almal weet dit werk tot op eland in Suid-Afrika sonder enige issues.
Die .3006 het wel meer dopkapasiteit, so hy laat jou toe om soos die 308 te skiet, maar met swaarder koeëls. Dis lekker as jy gereeld groter wild skiet (elande, ens), maar as jy kleiner wild skiet maak dit maar min saak. Die ruil vir die swaarder koeël is natuurlik die stewiger terugskop, so mens moet maar besluit of jy daarvoor kans sien of nie.
In my opinie is dit nie juis 'n kompetisie nie. Die rondtes fokus op verskillende plekke. Om die 308 met die 3006 te vergelyk, is baie soos om die 3006 met die 300 Win Mag te vergelyk. Die verskille is dieselfde (magnum vs non-magnum dop, meer kruit, meer skop).
Albei werk mooi. As mense skeef skiet met die een of die ander, dan is die probleem verseker nie die doppies wat jy vir die geweer voer nie.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Feb 20, 2026 3:26 pm
by tripodmvr
Moderators frustrasie. Lede wat goed smous en dan in die plasing verklaar dat dit verkoop is, maar dit nie by die titel wysig sodat dit na die argief geskuif kan word nie. Dit help nie om dit telkemale in die reëls te beklemtoon nie. moet nou so bietjie FBDCX#@$% praat en my aan suur drank en slegte vrouens vergryp.
Dankie dat ek kon afblaas. Daar is egter 'n paar van julle wat knyp-knyp loop. Dankie aan julle wat die reëls lees en kennis gee van verkope.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Sat Feb 21, 2026 6:05 am
by Toxxyc
Eerder suur drank en slegte vrouens as slegte drank en suur vrouens, sê ek altyd.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Sat Feb 21, 2026 11:45 am
by tripodmvr
Touche.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Tue Feb 24, 2026 7:57 pm
by Glocked
Wat is die storie met die slow-mo streel van die horings en hare in elke jag video op die joetjoep ? Hoe het dit nou 'n ding geword ?
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Feb 25, 2026 6:34 am
by Ratel
Glocked wrote: Tue Feb 24, 2026 7:57 pm
Wat is die storie met die slow-mo streel van die horings en hare in elke jag video op die joetjoep ? Hoe het dit nou 'n ding geword ?

hehehe "slow mo streel van horings en hare".
Ja nee wil ek ook weet. Jagters is seker maar "passionate" oor hulle bokke.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Feb 25, 2026 7:34 am
by tau
Ratel wrote: Wed Feb 25, 2026 6:34 am
Glocked wrote: Tue Feb 24, 2026 7:57 pm
Wat is die storie met die slow-mo streel van die horings en hare in elke jag video op die joetjoep ? Hoe het dit nou 'n ding geword ?

hehehe "slow mo streel van horings en hare".
Ja nee wil ek ook weet. Jagters is seker maar "passionate" oor hulle bokke.
Ek het vanag gedroom/nagmerrie. Ek skiet 'n Buffel en ons is te haastig om foto's the neem. Toe ek by die slagkamer kom is die buffel reeds geslag en ek kan nie 'n slow mo horing streel nie.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Feb 25, 2026 9:40 am
by Toxxyc
Ek sit maar op my hande. As ek 'n post moet maak oor "horing" en "streel" dan gaan my toegang tot Jaracal drasties beperk word.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Feb 25, 2026 10:44 am
by Capt. Yoda
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Feb 25, 2026 11:36 am
by Ratel
Hierdie begin lyk soos 'n verhaal uit die Loslyf. Vir die wie dit nog kan onthou.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Feb 25, 2026 6:29 pm
by Glocked
Elke jag video kan die helfte korter wees in tyd as ons hou by wat saak maak. Wys my die roere en vertel ons bietjie waarmee jy skiet, stamp die bokke om, vertel vir ons dit was lekker, sonder die hele slow mo streel stront, en gaan diesel stalk die volgende ding wat omgedop moet word, sodat ons 'n paar lekker vapor trails en impak skote in die pens of lies kan sien man
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Mar 06, 2026 1:32 pm
by Lategan1
Hijacking is so traumaties algemeen in onse mooi land, deesdae op Jaracal ook!
Beste.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Mar 18, 2026 8:34 am
by JF123
Met die gepraat van Temu torque wrench. Het fixit sticks nou te grand geword? Of is dit net vir die manne wat PRS skiet?
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Mon Apr 20, 2026 7:00 pm
by Capt. Yoda
Ek eet gewoonlik maar hoender van die winkels af so is nie n wildsvoel kenner nie maar as ek so kyk lyk dit my of dit beter is om die voels maar as geskenk vir die plaas mense te gee
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Apr 22, 2026 10:03 am
by sako 30-06
Capt. Yoda wrote: Mon Apr 20, 2026 7:00 pm
Ek eet gewoonlik maar hoender van die winkels af so is nie n wildsvoel kenner nie maar as ek so kyk lyk dit my of dit beter is om die voels maar as geskenk vir die plaas mense te gee
Verseker, werk ook lekker as baber aas.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Apr 22, 2026 3:06 pm
by toxicsox
Wens 'n nuwe draad se beskrywing kon uit meer as een woord bestaan. DInk ek moet 'n nuwe draad begin net ge titel: "Nigel."
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Apr 22, 2026 6:06 pm
by Malan123
toxicsox wrote: Wed Apr 22, 2026 3:06 pm
Wens 'n nuwe draad se beskrywing kon uit meer as een woord bestaan. DInk ek moet 'n nuwe draad begin net ge titel: "Nigel."
Gaan ons die plek of die lube bespreek?
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu May 14, 2026 8:19 am
by Capt. Yoda
Wil iemand nie dalk nog n link na iets toe vir ons post nie
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu May 14, 2026 8:42 am
by Arnold
Ek sal vir jou 'n Bump gee