Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Ratel »

:police: Hulle se 'n 308 is so inherent akkuraat dat jy hom kan maak raakskiet selfs met 'n paar vuurhoutjie koppe se swael.
Maak 'n verskil
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Capt. Yoda »

Ratel wrote: Thu Feb 19, 2026 10:18 am :police: Hulle se 'n 308 is so inherent akkuraat dat jy hom kan maak raakskiet selfs met 'n paar vuurhoutjie koppe se swael.
Ek het n 308, 30.06 en 300WM en alhoewel ek altyd net met die 06 wil jag moet ek dam by se met goeie komponente kan jy amper net kruit in n dop gooi en die koel seat en die ou 308 skiet nog tight. Ek het ammo wat ek seker 6 jaar terug gelaai het en my seun sal n paar manne bang maak op n baan met daai combo, die een wat my hart die minste warm maak is eintlik die WM.

n 308 met n lekker silincer is altyd n plesier om te skiet maar daars net iets lekker aan n 30.06 wat n 180gr bonded koel naby 2800fps kan skiet. Ek het seker maar groot geword met n 30.06 maar as ek net een jag geweer kaliber kan he sal dit hy wees.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Ratel »

Capt. Yoda wrote: Thu Feb 19, 2026 11:19 am

Ek geniet my 308. Seker oor ek nie van beter weet nie. ;D
Maak 'n verskil
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Eduard Venter »

Nuwe jagters vra my gereeld of hulle 'n 308 of 30-06 moet koop vir eerste geweer, watter een is nou die beste? Ek kon altyd sê ek het 2x 06 en net een 308 as dit 'n aanduiding is. Wel toe ek een 30-06 verkoop nou is dit weer 'n lang gesprek oor watter een beste is

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by tau »

Ek glo ni ein die .308 nie. Die goed wek net nie in Namibië nie!!!! Ek verkoop glad my Sako .308 en dit is so. Daar gaan skiet ek een aand Springbokke vir my skoonpa saam met sy plaas bestuurder..... die man skiet 'n .308 win wat lyk of hy soms vir kole krap gebruik word.

EK vra wats edoppe en punte( koeels) gebruik hy. Die antwoord was .308 doppe wat hy optel van jagters wat hy vir Skoonpa uitvat en dan enige .30 kaliber koeels in 150gr wat die Agra aanhou. Ek lag so in my mou en maak gereed om hom te wys hoe maak my Skoonpa se Sauer 30-06 en Swartworsie teelskoop.

Ons het die aand 25 bokke geskiet waarvan ek die wat stilgestaan het en naby was almal platgetrek het. Hy met die ou 308 en die 4x40 Weaver het die vêr bokke en die wat soos hy gesê het "in straaltjie draf" geskiet, in die kop natuurlik. My patrone was lankal op toe skiet hy nog Springbokke en so paar jakkalse tussenin. Ek het daar geleer moenie manne wat elkedag jag/skiet verwar met ons geleentheids jagters nie. Soos OOm Gary Player sê " the more you practice the luckier you get".

Ek besef toe net spesiaal mense kan met .308's jag en ek is nie een van hulle nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by BenJacobs »

Het julle dan nie geluister na Rikus Nel en Riaan Benade nie? ;D
Ek het nie 1 van die 2 nie, maar as ek moes kies was dit maar 308.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Toxxyc »

Ek verstaan eerlikwaar nie die vergelyking en argument nie. Die 308 is 'n kort askie. Die 3006 is 'n lang aksie. Ablei skiet .30-kaliber koeëls, maar die 3006 vat meer kruit in die dop. Jy kan PRESIES die .308 se performance skiet met die 3006 deur net 'n ligter lading te laai. En dis heeltemal goed genoeg. Almal weet dit werk tot op eland in Suid-Afrika sonder enige issues.

Die .3006 het wel meer dopkapasiteit, so hy laat jou toe om soos die 308 te skiet, maar met swaarder koeëls. Dis lekker as jy gereeld groter wild skiet (elande, ens), maar as jy kleiner wild skiet maak dit maar min saak. Die ruil vir die swaarder koeël is natuurlik die stewiger terugskop, so mens moet maar besluit of jy daarvoor kans sien of nie.

In my opinie is dit nie juis 'n kompetisie nie. Die rondtes fokus op verskillende plekke. Om die 308 met die 3006 te vergelyk, is baie soos om die 3006 met die 300 Win Mag te vergelyk. Die verskille is dieselfde (magnum vs non-magnum dop, meer kruit, meer skop).

Albei werk mooi. As mense skeef skiet met die een of die ander, dan is die probleem verseker nie die doppies wat jy vir die geweer voer nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by tripodmvr »

Moderators frustrasie. Lede wat goed smous en dan in die plasing verklaar dat dit verkoop is, maar dit nie by die titel wysig sodat dit na die argief geskuif kan word nie. Dit help nie om dit telkemale in die reëls te beklemtoon nie. moet nou so bietjie FBDCX#@$% praat en my aan suur drank en slegte vrouens vergryp.

Dankie dat ek kon afblaas. Daar is egter 'n paar van julle wat knyp-knyp loop. Dankie aan julle wat die reëls lees en kennis gee van verkope.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Toxxyc »

Eerder suur drank en slegte vrouens as slegte drank en suur vrouens, sê ek altyd.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by tripodmvr »

Touche.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Glocked »

Wat is die storie met die slow-mo streel van die horings en hare in elke jag video op die joetjoep ? Hoe het dit nou 'n ding geword ?
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Ratel »

Glocked wrote: Tue Feb 24, 2026 7:57 pm Wat is die storie met die slow-mo streel van die horings en hare in elke jag video op die joetjoep ? Hoe het dit nou 'n ding geword ?
:laugh: hehehe "slow mo streel van horings en hare".

Ja nee wil ek ook weet. Jagters is seker maar "passionate" oor hulle bokke. ++>:
Maak 'n verskil
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by tau »

Ratel wrote: Wed Feb 25, 2026 6:34 am
Glocked wrote: Tue Feb 24, 2026 7:57 pm Wat is die storie met die slow-mo streel van die horings en hare in elke jag video op die joetjoep ? Hoe het dit nou 'n ding geword ?
:laugh: hehehe "slow mo streel van horings en hare".

Ja nee wil ek ook weet. Jagters is seker maar "passionate" oor hulle bokke. ++>:
Ek het vanag gedroom/nagmerrie. Ek skiet 'n Buffel en ons is te haastig om foto's the neem. Toe ek by die slagkamer kom is die buffel reeds geslag en ek kan nie 'n slow mo horing streel nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Toxxyc »

Ek sit maar op my hande. As ek 'n post moet maak oor "horing" en "streel" dan gaan my toegang tot Jaracal drasties beperk word.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Capt. Yoda »

Image
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Ratel »

Hierdie begin lyk soos 'n verhaal uit die Loslyf. Vir die wie dit nog kan onthou. :police:
Maak 'n verskil
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Glocked »

Elke jag video kan die helfte korter wees in tyd as ons hou by wat saak maak. Wys my die roere en vertel ons bietjie waarmee jy skiet, stamp die bokke om, vertel vir ons dit was lekker, sonder die hele slow mo streel stront, en gaan diesel stalk die volgende ding wat omgedop moet word, sodat ons 'n paar lekker vapor trails en impak skote in die pens of lies kan sien man
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Lategan1 »

:police:
Hijacking is so traumaties algemeen in onse mooi land, deesdae op Jaracal ook!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by JF123 »

Met die gepraat van Temu torque wrench. Het fixit sticks nou te grand geword? Of is dit net vir die manne wat PRS skiet?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Capt. Yoda »

Ek eet gewoonlik maar hoender van die winkels af so is nie n wildsvoel kenner nie maar as ek so kyk lyk dit my of dit beter is om die voels maar as geskenk vir die plaas mense te gee
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by sako 30-06 »

Capt. Yoda wrote: Mon Apr 20, 2026 7:00 pm Ek eet gewoonlik maar hoender van die winkels af so is nie n wildsvoel kenner nie maar as ek so kyk lyk dit my of dit beter is om die voels maar as geskenk vir die plaas mense te gee
Verseker, werk ook lekker as baber aas.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by toxicsox »

Wens 'n nuwe draad se beskrywing kon uit meer as een woord bestaan. DInk ek moet 'n nuwe draad begin net ge titel: "Nigel."
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Malan123 »

toxicsox wrote: Wed Apr 22, 2026 3:06 pm Wens 'n nuwe draad se beskrywing kon uit meer as een woord bestaan. DInk ek moet 'n nuwe draad begin net ge titel: "Nigel."
Gaan ons die plek of die lube bespreek?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Capt. Yoda »

Wil iemand nie dalk nog n link na iets toe vir ons post nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Post by Arnold »

Ek sal vir jou 'n Bump gee :)
Post Reply