Page 396 of 400
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Oct 02, 2025 2:31 pm
by ZKK
Ek sal graag by van die broeders wil hoor wat die reg stelsel so bietjie ken.
Wat reken julle sal die waarskynlike vonnis oplegging wees?
Ek het so bietjie gaan google en sommiges beweer dat daar slegs n opgeskorte vonnis sal wees?
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Oct 02, 2025 2:40 pm
by Ratel
Een van die klagtes val onder die minimum sentence act wat se 15 jaar gevangenis straf. Luister van 4:40 af wat se die regskenner.
Natuurlik kan als beinvloed word deur omstandihede wat die hof in ag neem. Hy moet egter versigtig wees om sommer net te appelleer teen die vonnis want die appel hof kan die vonnis selfs verleng. Kyk bv na Oscar se saak.
https://www.youtube.com/watch?v=M3jbxcafQDE
Sien nou Ooskaapjagter het reeds verduidelik.
Ek voorspel dat hy nie gaan wegkom net met 'n opgeskorte vonnis nie. Hy gaan rooi vir oranje veruil.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Oct 02, 2025 4:17 pm
by tripodmvr
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Oct 02, 2025 6:45 pm
by toxicsox
5 jaar opgeskort met ‘n opsie van ‘n boete. Hy sal die boete betaal en aangaan met sy stront.
Hoop ek is verkeerd maar ek dink dit sal die besluit wees.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Oct 02, 2025 7:42 pm
by Capt. Yoda
Jip
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Oct 03, 2025 1:01 pm
by TOKELOS
NOG n vraag aan ons regsmanne asseblief. Hy het mos gese dit was n speelgoed geweer. Hy is egter skuldig bevind. Dit beteken dan mos dat hy onder eed gelieg het nie waar nie? Gaan of kan hy dan hiervoor nou ook aangekla word? Ek meen dat die kerel oop en bloot staan en lieg het!
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Oct 03, 2025 2:04 pm
by Ratel
TOKELOS wrote: Fri Oct 03, 2025 1:01 pm
NOG n vraag aan ons regsmanne asseblief. Hy het mos gese dit was n speelgoed geweer. Hy is egter skuldig bevind. Dit beteken dan mos dat hy onder eed gelieg het nie waar nie? Gaan of kan hy dan hiervoor nou ook aangekla word? Ek meen dat die kerel oop en bloot staan en lieg het!
Gewoonlik is dit iets wat die hof in ag neem as straf verswarend tydens vonnis oplegging.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Oct 03, 2025 3:09 pm
by Viking
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Oct 03, 2025 4:53 pm
by tripodmvr
Ratel wrote: Fri Oct 03, 2025 2:04 pm
TOKELOS wrote: Fri Oct 03, 2025 1:01 pm
NOG n vraag aan ons regsmanne asseblief. Hy het mos gese dit was n speelgoed geweer. Hy is egter skuldig bevind. Dit beteken dan mos dat hy onder eed gelieg het nie waar nie? Gaan of kan hy dan hiervoor nou ook aangekla word? Ek meen dat die kerel oop en bloot staan en lieg het!
Gewoonlik is dit iets wat die hof in ag neem as straf verswarend tydens vonnis oplegging.
Kyk na die video wat ek geplaas het en wat die advokaat oor sy getuienis te sê het.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Sat Oct 04, 2025 3:34 pm
by Zuku
As ons kyk na die wapenskandaal, staatskaping, Estina melk plaas, Vrystaat asbes, Covid, Phala Phala, Zomdo ens dan beteken daai skuldig bevinding absolute niks nie en seker niks gaan ook gebeur nie, behalwe dat die regter dalk ook seker gaan spring deur n toe hotel venster.
Gaan hy nou uit parlement verbied word?
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Sat Oct 04, 2025 7:31 pm
by Ratel
Zuku wrote: Sat Oct 04, 2025 3:34 pm
As ons kyk na die wapenskandaal, staatskaping, Estina melk plaas, Vrystaat asbes, Covid, Phala Phala, Zomdo ens dan beteken daai skuldig bevinding absolute niks nie en seker niks gaan ook gebeur nie, behalwe dat die regter dalk ook seker gaan spring deur n toe hotel venster.
Gaan hy nou uit parlement verbied word?
Reels bepaal as hy langer as n jaar direkte gevangenis straf kry sonder keuse van boete mag hy nie in parlement sirkus deelneem nie
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Mon Oct 13, 2025 5:44 pm
by toxicsox
Bietjie verveeld terwyl ek in die tou sit en wag dat ontvangs my naam roep. Besluit gou ek lees een van die langer nie-jag drade op die forum om te hoor wat sê die manne. Dink toe by myself, die taalgebruik en sinstruktuur op hierdie draad lyk almal dieselfde. Sien toe eers dit is eintlik ‘n monoloog. ‘n Man wie se battery nie maklik pap raak nie lyk dit my.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Mon Oct 13, 2025 6:24 pm
by Ratel
toxicsox wrote: Mon Oct 13, 2025 5:44 pm
Bietjie verveeld terwyl ek in die tou sit en wag dat ontvangs my naam roep. Besluit gou ek lees een van die langer nie-jag drade op die forum om te hoor wat sê die manne. Dink toe by myself, die taalgebruik en sinstruktuur op hierdie draad lyk almal dieselfde. Sien toe eers dit is eintlik ‘n monoloog. ‘n Man wat de battery nie maklik pap raak nie lyk dit my.

monoloog. Dis nou mooi gestel.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Oct 15, 2025 8:28 am
by Wouter Roets
Ja nee kyk ek dink dit is lag lag die agste wonder van die wereld...
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Wed Oct 15, 2025 1:13 pm
by Lategan1
Fanie klink moerig vir sy .243
“Rede vir vekoop ek kry die ding nie dat hy skiet soos ek wil he moet skiet nie.”
Beste.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Thu Oct 16, 2025 2:23 pm
by finch
Gepraat van n monoloog. Een van my vriende vertel hoe hulle op n blou maandag na n vergadering geroep was. Die baas is moeilik en begin afblaas, toe een van die onskuldige bystaanders iets wou noem, spring die baas gou in met "Hierdie is n monoloog". Ek het lekker gelag vir hierdie reaksie.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Oct 17, 2025 6:53 am
by Rawstorne
Dit is blykbaar normaal vir mense om met hulle self te praat.
Dit is selfs normaal om jouself te antwoord.
Hulle sê jy moet egter bekommerd raak wanneer jy met jouself praat, jouself antwoord en vir jouself sê: “Huh?”
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Oct 17, 2025 8:06 am
by Jacbrak
Vanoggend se ek vir myself(en ek het geweet dit is myself , want ek het my stem herken en ek het my eie onderbroek aan gehad) , vandag
gaan n lekker dag wees , want dit is Vrydag.
Geniet die naweek.
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Nov 28, 2025 7:17 am
by Capt. Yoda
Die monologs raak nou al hoe meer
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Nov 28, 2025 7:50 am
by Toxxyc
Capt. Yoda wrote: Fri Nov 28, 2025 7:17 am
Die monologs raak nou al hoe meer
Jy weet ons praat baie van 'n monoloog, of selfs 'n dialoog, maar hoekom het die woord polyloog verdwyn?
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Nov 28, 2025 7:51 am
by Eduard Venter
Wag net tot die bakkie jagters ontdek hoe stil 'n EV is
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Hijacking,
Posted: Fri Nov 28, 2025 7:54 am
by Toxxyc
Eduard Venter wrote: Fri Nov 28, 2025 7:51 am
Wag net tot die bakkie jagters ontdek hoe stil 'n EV is
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Maggies jy jeuk nou waar dit nie krap nie. Kan jy iemand met daardie nuwe Chinese Hilux in die EV-variant sien skiet op 'n bok op jou eie plaas?

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Nov 28, 2025 8:49 am
by Eduard Venter
Wel ek het al 6,5 creedmoore manne toegelaat so kan seker nie nou dubbel standaarde hê nie ongelukkig
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Nov 28, 2025 9:48 am
by Capt. Yoda
EK sien hulle al agter op die EV in hul camo's, paddle rakette gepak net vir incase daar n baan naby is

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Fri Nov 28, 2025 9:51 am
by Frederik
Capt, dis nie Paddle dit is in jou beste Franse aksent "Padel"!