Page 4 of 7
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Tue Sep 26, 2017 9:29 am
by J le Roux
Baie geluk almal.
Ek trek ook nou op 3 maande, na 23 jaar se 20 per dag. Dit was die eerste keer wat ek probeer ophou het, so miskien is dit hoekom ek dit die eerste keer kon regkry.
Nou is dit maar ek en Banting, ek het so 10kg aangesit en dit raak nou ongemaklik!
Groete
Johan
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Wed Sep 27, 2017 9:37 am
by velti.botha
Sien nou dit is ook al 8 maande vir my!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Wed Sep 27, 2017 12:18 pm
by Ashley
Mooi julle, hou so aan!
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Wed Sep 27, 2017 3:49 pm
by Edu
Byt vas manne. 'n Mens se kop maak dit erger as wat dit is.
Ek trek nou op 2 jaar n maand en n aand ongeveer.
Daardie 10kg wat jy optel is steeds gesonder vir jou liggaam as wat die 20 x dag was.
Mens kan altyd weer iets aan die gewig doen, maar nie aan die longkwale nie.
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Tue Nov 21, 2017 3:46 pm
by heywillie
Staan nou op 'n week... raak maar taai op tye maar ek voel al klaar beter !
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Tue Nov 21, 2017 5:42 pm
by Kaalvoetthysie
Staan ook op 3 maande, rook al van standerd 6 af, het besluit om op te hou terwille van my pas gebore seuntjie gesondheid. Dis moeilik maar was nog nie spyt nie.
Sent from my F8331 using Tapatalk
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Tue Nov 21, 2017 6:46 pm
by Kallie Fernhout
Oor 3dae staan ek self op 4maande skoon. Ek is bly ek is klaar met daai gifpyle.
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Tue Nov 21, 2017 7:36 pm
by Ashley

Mooi gedaan ouens!
Ek gan nou vir 10mnde... en die beste van alles is dis maklik.
Nee regtig, as jy REGTIG opgehou het manne is dit maklik. Geen meer cravings nie, jy mis dit nie en daai flippen "rokers hoes" is weg

Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Wed Nov 22, 2017 7:57 am
by Witpietskiet
Ashley dan het jy dit maklik.
Ek is Januarie 4 jaar sonder rook maar ek sê vir jou daar is nog baie dae wat ek lus kry vir n Camel Filter.
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Wed Nov 22, 2017 8:26 am
by Ashley
Nee man!
Ek gaan die 1e ou wees om te sê dat ek seker 20keer voor dit probeer ophou het...onsuksesvol natuurlik.
Dit was seker die moeilikste ding in die wêreld gewees om te doen.
Maar die dag toe ek besluit dis klaar toe's dit klaar.
En ja, dis nou glad nie meer n issue nie...
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Sat Mar 24, 2018 7:35 pm
by Duppie 22-250
Geno wrote:Ek is 2 jaar en 4 maande skoon.
Ek kry elke week lus vir 'n twak, so dit raak nooit makliker nie! Ek het wel 15kg opgetel vandat ek ophou rook het, so dis al newe effek.
Self nou 1jaar en 5 maande opgehou en 16 kg by gekry
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Sat Mar 24, 2018 8:54 pm
by Kaalvoetthysie
Duppie 22-250 wrote:Geno wrote:Ek is 2 jaar en 4 maande skoon.
Ek kry elke week lus vir 'n twak, so dit raak nooit makliker nie! Ek het wel 15kg opgetel vandat ek ophou rook het, so dis al newe effek.
Self nou 1jaar en 5 maande opgehou en 16 kg by gekry
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Sit ook met 16 ongenooide vriende... Hahaha.
Sent from my F8331 using Tapatalk
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Sat Mar 24, 2018 9:15 pm
by Riebeeker
4 maande.
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Sun Mar 25, 2018 6:41 am
by Geno
3 en n half jaar.
9kg van die hoop wat ek opgetel het is darm weer weg;)
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Sun Mar 25, 2018 3:41 pm
by pieter h
Goed om op te hou my pa het op gehou na nier verwyder is.In 2012 3jr na operasie aan longkanker oorlede.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Fri Jul 13, 2018 5:27 pm
by Ashley
1 jaar 6 maande en geen probleme nie.
Hoe gaan dit met die ander quitters?!
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Fri Jul 13, 2018 7:03 pm
by Diesel Dog
Nou 5 jaar ,ek was 'n ketting roker en het voor ek gestop het 90 per dag gerook .Ek dra my selfoon in my hempsak waar my pakkie dertig my altyd gerus gestel het ,my hemp sakke word stukkend gevat soos ek voel of daar nog iets in is .As iemand naby my rook dan moet ek maar die kwyl insluk anders loop dit by my mond uit .
Dit is nie maklik nie .
DD
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Fri Jul 13, 2018 7:44 pm
by jankraay
Junie volgende jaar is 5 jaar vir my. Baie bly ek kon dit los.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Fri Jul 13, 2018 10:16 pm
by BeesBreet
Ek is nou sopas by een hele week! Twee van my werkers het bedank...
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Fri Jul 13, 2018 10:53 pm
by ThysR
Vir die mense wat wil ophou, 'n goeie sekulere boek om te lees - Allan Carr's Easy way to stop smoking.
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Fri Jul 13, 2018 11:18 pm
by velti.botha
BeesBreet wrote:Ek is nou sopas by een hele week! Twee van my werkers het bedank...
Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Sent from my Armor_2 using Tapatalk
Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Sat Jul 14, 2018 9:17 am
by Willeboer
Ek het vir ses jaar opgehou en rook nou weer vir so jaar.( baie stupid) . Ek begin prosses vandag weer van voor af. Net bietjie raad van my af vir al die manne, moenie dink dat as jy opgehou rook het om weer eendag net n trekkie te vat by iemand nie. Dit was my grootste fout.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Sat Jul 14, 2018 11:17 am
by Raditipa
Ek is nou self by daai 3 af, 15 op stadium.
3 Jaar trug opgehou rook, 15kg ekstra "bagasie" opgetel.
Ek het vir 20 jaar gerook en ophou was die beste ding wat ek kon doen! Net jammer dit het so lank gevat!
Sterkte aan al die manne wat try ophou, vasbyt!
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Sat Jul 14, 2018 1:43 pm
by Ashley
Willeboer wrote: Net bietjie raad van my af vir al die manne, moenie dink dat as jy opgehou rook het om weer eendag net n trekkie te vat by iemand nie. Dit was my grootste fout.
Daai is natuurlik baie waar ja!
Re: Vry van die rook verslawing!!!
Posted: Sat Jul 14, 2018 1:46 pm
by Ashley
ThysR wrote:Vir die mense wat wil ophou, 'n goeie sekulere boek om te lees - Allan Carr's Easy way to stop smoking.
Ek het daai boek terselfde tyd saam met Jason Vale se "quit smoking app" (op Samsung playstore) gebruik.
Baie goed vir my gewerk... die goed wat gesê word laat jou dink