Re: Merkel dubbel gewere.
Posted: Fri Jan 06, 2017 1:18 pm
Sjoe, baie dankie. Baie informatief!
kopskoot wrote:"
Noem bietjie voorbeelde van daai "cheap sidelocks" asb Johan
Luister gerus maar wat die slim manne sê. 'n Vriend van my het vanoggend 'n buffel met 'n Merkel dubbel geskiet en 'n "double discharge" gehad. Deur die genade was dit 'n goeie skootplasing en het die buffel nie opgestaan nie. Hy het hom koud geskrik toe hy die geweer knak en albei doppe spring uit. Noodwendig sal hy nooit weer gemaklik voel om met daardie geweer agter buffels aan te loop nie en is besig om met die verskaffers te praat oor 'n oplossing want noodwendig soek hy nou nie meer die geweer nie. Jy kan duidelik op die foto wat hy vir my gestuur het sien die een dop is "sagter" deur die slagpen geslaan maar dit was steeds genoeg om hom af te vuur. Die twee koeëls is ook direk langs mekaar in en het 'n langwerpige/ovaal ingangswond gemaak.Johan van Wyk wrote:Ek sal Merkel nie eers koue water in die winter gee nie.
Die goed is op 20-boor haelgeweer aksies gemaak, wat beteken dat hulle vinnig los skiet. Tweedens,is die ontwerp van so aard dat as die aksie tot op `n sekere punt los geskiet is mens hom nie meer kan "rejoint" nie. Dan het jy `n baie duur ornament want hy is daarna net goed genoeg om teen die muur gahang te word.
Ek weet van ses verskillende Merkel dubbels in .470 en .500 wat almal diverse probleme gee. Dit wissel van ribs wat losgekom het, double discharges, veiligheidsknippe wat vanself af spring, ens, ens.
Kom ek stel dit anders: as jy dalk van mening is dat jy nie genoeg probleme in jou lewe het nie is `n Merkel swaarkaliber dubbel net die ding vir jou!
Koop `n Heym of VC as jy nie `n mooi vintage dubbel kan/wil koop nie.