Jaracal Reeks "Goodies"
- Rotty
- Jr. Member

- Posts: 63
- Joined: Wed Jan 16, 2013 7:24 am
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Manne ek is nou ni n baie aktiefe member nie ma het al n kakkels my self plat getrek onder die oog van n goeie friend en was n belewenis.
MAar ek kan julle se die ou logo doen die ding vr my
MAar ek kan julle se die ou logo doen die ding vr my
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Ek sien ook die poll het begin draai in die rigting van die "nee"...dalk nou dat die ouer forum manne uit die veld kom, 2 nagte om jakke sit en jag het en nou eers weer kan aanlog.....
Nog so paar dae en dan wys die log oortuigend "nee"
Nog so paar dae en dan wys die log oortuigend "nee"
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Die sketse van die voorgestelde nuwe embleem is baie goed gedoen, maar ongelukkig het dit vir my 'n gesplete persoonlikheid.
Ek sou anders daaroor gevoel het as die embleem volledig net uit een dier bestaan het en nie die twee verskillende soorte helftes wat aanmekaar geplak is nie. Daarom het ek daarteen gestem.
Ek sou anders daaroor gevoel het as die embleem volledig net uit een dier bestaan het en nie die twee verskillende soorte helftes wat aanmekaar geplak is nie. Daarom het ek daarteen gestem.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3612
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Dalk moet 'n twee derde meerderheid geld voor die logo verander word!
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
immelmanw
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
As n mens n nuwe logo ontwerp (bv, coca cola, sony, kodak ens) moet n paneel van 10 die nuwe logo in n boardroom sien en almal se: "Wow, dis bef@@@, dis nice, dis skoon, dis vars, ons is mal daaroor ens ens)
Uit n bemarkingsoogpunt (nie dat ek n kenner is nie) is die ou logo "outyds" baie eendimensioneel, se ook nie veel nie.
Ek stem dus 100% vir n nuwe Jaracal logo as n mens dit op klere, bakkies, messe, keppies ens wil aanbring om te herverkoop en Jaracal as n "brand" vorentoe wil neem.
Maar nie met die nuwe voorgestelde logo nie,
Dalk moet n logo ontwerp mompetisie begin, mail almal na xxxx, kry n sluitingsdatum, maak n kortlys en die lede kies een uit n kortlys van drie voorstelle?
Groete

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Die ou logo werk vir my. Het nee gestem.
Freddie
Freddie
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Die groot leeu het gebrul! Dankie FM, ek stem saam met jou.Francois Marais wrote:as dit MOET verander, doen dit, like ek dit, NEE.
Goed, beter, 6millimeter!
- henried
- Hero Member

- Posts: 2343
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Louis102 wrote:Ek vind nou hierdie stukkie in die argiewe wat toentertyd die simboliek van die "ou" logo hier op die forum verduidelik het. Ek dink dit verduidelik mooi hoekom die "ou" logo met 'n doel probeer om eenvoudig, onrealisties, glad nie simetries nie en allermins alledaags te wees (daarmee geen kritiek op die nuwe een nie, net 'n brokkie inligting vir diegene wat dit dalk gewonder het hoekom):
Simboliek van die Jaracal Logo soos gebruik op die Forum vir die Jagter en deur Spesialis Roofdierjagters:
1. Die idee van die Logo-skets het sy oorsprong by "Jaracal". "Jaracal" is 'n reeds gevestigde en gerespekteerde handelsmerk wat eie is aan die waardes wat Heinrich Funck reeds jare lank aan bou. "Jaracal" is die samevoeging van "Jackal" en "Caracal". Die jakkals en die rooikat is die twee mees suksesvolle middelslag grootte roofdiere van ons tyd. Hulle is ook ongelukkig verantwoordelik vir enorme skade by die kleinvee-kuddes van ons land.
Die Jaracal Logo is dus 'n kenteken van moderne, kreatiewe en moreel aanvaarbare metodes om die skade wat kleinvee produsente as gevolg van roofdier skade lei, te beperk. Die logo staan dus vir dit wat goed en wat reg is in die beheer van roofdiere op (hoofsaaklik) kleinvee-plase.
2. Die logo poog geensins om perfekte afbeeldings of lewensgetroue weergawes/sketse van die jakkals en rooikat te wees nie, maar eerder om op 'n moderne onrealistiese manier, spesifiek sekere van hul karakter eienskappe uit te beeld.
In die geval van die jakkals is 'n alom bekende eienskap wat hom toegedig word, dié van slu-heid. Jare lank is daar konflik tussen die kleinvee produsent en die jakkals en die manier waarop die jakkals tog 'n manier vind om aan te pas, te oorleef en aan te teel is legendaries. Daarom het die jakkals (in die logo-skets) skerp reguit lyne en 'n skelm oog in kontras met die sagter ronde lyne van die rooikat.
Die rooikat het op 'n ander wyse 'n manier gevind om op kleinvee plase te oorleef. In teenstelling met die jakkals is dit eerder aggressie, individualiteit en katagtige eienskappe wat die logo vir die rooikat wil uitbeeld. Weereens is die oog nie 'n realistiese afbeelding nie, maar eerder 'n moderne onrealistiese uitbeelding om die karakter te beklemtoon.
3. Die Jaracal Logo poog verder om die illusie van teater maskers te skep. Dit is 'n verdere rede hoekom die afbeeldings van die twee roofdiere spesifiek onrealisties gedoen is. Die Masker-effek het eerstens ten doel om te sinspeel met die gedagte dat 'n jagter ook eintlik maar net 'n "roofdier" is. Vir 'n jagter om sy prooi te uitoorlê, sal dit baat om sekere eienskappe van roofdiere na te boots. Die jagter moet by tye slu, aggressief en opportunisties wees.
Die jagter dra ook soms, by wyse van spreke, 'n masker. Die suksesvolle jagter gebruik verskeie tegnieke om voor te gee wat hy nie werklik is nie, juis met die doel om sy prooi te uitoorlê. Hierdie tegnieke mag insluit: kamoeflering, bekruip, maak van geluide wat die prooi lok ens.
Net soos die jakkals en rooikat onwelkom is op kleinvee plase, raak tradisionele maniere van jag deesdae ongewild in sekere kringe. "Groen" aktiviste plaas meer en meer druk op die reguleerders om bykans alle vorme van jag te verbied. Jagters sal dus baat om soos die jakkals en rooikat, maniere te vind om te oorleef, ondangs druk om dié leefwyse te verban. Die logo simboliseer dit.
4. Laastens simboliseer die logo oorspronklikheid, kreatiwiteit, individualiteit en vryheid van denke. Daar is nie gepoog om reëls en regulasie na te kom of om enige iets of iemand na te doen met die skep van hierdie logo nie. Mag ons losgemaak wees van "boeie" en "kettings" wat ons wil inperk en vry wees om werklik die gawe van die lewe aan te gryp!
Mooiloop
Louis
Ek dink nogsteeds die nuwe logo pas hier in...
Ek ken nie die geskiedenis nie, so ek gaan op wat ek sien, en ek is mal oor die nuwe logo, maar dis mos waar demokrasie inkom...
Daar was baie gesprekke oor die forum wat hernu moet word, baie van die "ou" manne is nie meer hier nie of is nie so aktief nie, ek dink die nuwe logo pas mooi by die hernuwing in.
Wie is die eienaar/eienaars van die forum?
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
immelmanw wrote: Dalk moet n logo ontwerp mompetisie begin, mail almal na xxxx, kry n sluitingsdatum, maak n kortlys en die lede kies een uit n kortlys van drie voorstelle?
Groete
Ek stem 100% saam jou WIllem, kry nog 'n paar voorstelle
Last edited by Marc on Mon Nov 11, 2013 9:50 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Marc, so jy verskil 90% van Willem??Marc wrote:immelmanw wrote: Dalk moet n logo ontwerp mompetisie begin, mail almal na xxxx, kry n sluitingsdatum, maak n kortlys en die lede kies een uit n kortlys van drie voorstelle?
Groete
Ek stem 10% saam jou WIllem, kry nog 'n paar voorstelle
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
net 10%? en die ander 90%?Marc wrote:immelmanw wrote: Dalk moet n logo ontwerp mompetisie begin, mail almal na xxxx, kry n sluitingsdatum, maak n kortlys en die lede kies een uit n kortlys van drie voorstelle?
Groete
Ek stem 10% saam jou WIllem, kry nog 'n paar voorstelle
HOU HOM DAAI DIKTE
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
cassie_calvinia wrote:net 10%? en die ander 90%?Marc wrote:immelmanw wrote: Dalk moet n logo ontwerp mompetisie begin, mail almal na xxxx, kry n sluitingsdatum, maak n kortlys en die lede kies een uit n kortlys van drie voorstelle?
Groete
Ek stem 10% saam jou WIllem, kry nog 'n paar voorstelle
Dis Maandag Boy's, stadig nou...dis alles jou skuld Cassie met sy supper size ontbyt idees
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Jaracal (Heinrich)henried wrote: Ek dink nogsteeds die nuwe logo pas hier in...
Wie is die eienaar/eienaars van die forum?
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- henried
- Hero Member

- Posts: 2343
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Dis nice van jou ons mening te vra...jaracal wrote:Jaracal (Heinrich)henried wrote: Ek dink nogsteeds die nuwe logo pas hier in...
Wie is die eienaar/eienaars van die forum?
...as dit my forum was het ek die logo net verander.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Wel, 'n forum is nie 'n forum sonder lede nie. Dus, is dit (vir my) vanselfsprekend dat Oom Hein menings hier kom vra het.henried wrote:Dis nice van jou ons mening te vra...jaracal wrote:Jaracal (Heinrich)henried wrote: Ek dink nogsteeds die nuwe logo pas hier in...
Wie is die eienaar/eienaars van die forum?
...as dit my forum was het ek die logo net verander.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 841
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Meeste instansies het wel logo veranderings elke paar jaar. En Oom Hein is ook op die regte pad hiermee. Maar ons mense hou nie van verandering nie. Net soos mens nie hou van die bakkie se vorm en model wat gaan verander as jy die huidige model ry nie. En hier het baie manne al 'n klomp hemde, plakkers en pette met die ou logo op. So mens kan verstaan dat hulle nie wil verander nie.
Die probleem wat ek met die nuwe logo het, (en dankie aan Oom PW wat tekeninge van die twee diere geplaas het ) is dat die jakkals nie soos 'n jak lyk nie, maar soos een van daai brandsiek Transkei honde. En die rooikat eerder soos 'n mandril bobbejaan met oorgroot tosselore.
Verandering is goed. Maar soos ander maatskappye of instansies is geringe veranderinge dalk die beter opsie.
Dankie Oom Hein dat jy ons geken het in die saak.
Groete
Dawie

- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Manne, die vraag is nog nie beantwoord nie :
MOET die logo verander ?
MOET die logo verander ?
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Manne, die mees belangrikste vraag is nog nie beantwoord nie :
Spanner wrote:OK, help my uit. Hoekom is die nuwe logo geskep ? Wat het aanleiding gegee om 'n nuwe logo te maak ?
Hoekom "MOET" die logo verander ?
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Hallo Heinrich,
Die ou logo het op ons gegroei. Wat die voorgestelde logo aanbetref hou ek persoonlik glad nie daarvan nie en dis nie omdat ek teen verandering is nie. My gevoel is eerder dat indien daar 'n behoefte is vir so 'n verandering daar dalk nog 'n paar voorbeelde/voorstelle ingedien kan word en dalk kom ons net by iets uit wat almal oorweldig!!
Groete
Johan
Die ou logo het op ons gegroei. Wat die voorgestelde logo aanbetref hou ek persoonlik glad nie daarvan nie en dis nie omdat ek teen verandering is nie. My gevoel is eerder dat indien daar 'n behoefte is vir so 'n verandering daar dalk nog 'n paar voorbeelde/voorstelle ingedien kan word en dalk kom ons net by iets uit wat almal oorweldig!!
Groete
Johan
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Dagse Heinrich
Is dit moontlik dat jy 'n netjiese weergawe van die ou (bestaande) logo hier te plaas, asseblief.
Dit wil vir my voorkom die een bo aan die program is bietjie uit proporsie getrek.
Groetnis.
Is dit moontlik dat jy 'n netjiese weergawe van die ou (bestaande) logo hier te plaas, asseblief.
Dit wil vir my voorkom die een bo aan die program is bietjie uit proporsie getrek.
Groetnis.
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Die twee logos soos versoek:
groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Dankie Oom Heinrich
Kyk net hoe mooi staan daai ou een uit! Op papier lyk die ou een nie so mooi nie, maar op n hemp of hoed sal hy maar bly koning kraai!
Groete Alex
Kyk net hoe mooi staan daai ou een uit! Op papier lyk die ou een nie so mooi nie, maar op n hemp of hoed sal hy maar bly koning kraai!
Groete Alex
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Yo Yo Yo .....klop my hard nou vinnig toe ek daai 1 regs weer sien......soos 'n ou paar jeans, jou favourite pantoffels.....
abstrak soos hy is.....laat hom bly...
Ek het nou genoeg oor die logos gesê, as dit moet, dan moet dit seker....maar ek laaik hom nie.
abstrak soos hy is.....laat hom bly...
Ek het nou genoeg oor die logos gesê, as dit moet, dan moet dit seker....maar ek laaik hom nie.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Die ou een is baie uniek, daarom my stem daarvoor.
Groete
KK
Groete
KK
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Jaracal Reeks "Goodies"
Manne,
Ek het ook nee gestem in die opname. Ek hou meer van die ou logo as die nuwe voorgestelde logologo, maar een perspektief wil ek net hier uitlig. Met hierdie stem het ek bloot my opinie uitgespreek en dink nie ek het aanspraak of werklik seggenskap oor die forum of sy intelektuele eiendom nie. In ander forums kan mens kies om 'n gebruiker van die forum te wees en dit kos jou niks nie, of jy word 'n lid en betaal lidmaatskapsgelde wat jou ook dan sekere aanspraak op die forum gee. Jaracal se 'lede' is almal eintlik maar gebruikers van die forum en dus maak ek geen aanspraak op seggenskap nie, bloot dat ek my mening lug. Ek meen dat Jaracal (Heinrich Funck) met die logo kan maak soos hy goed dink.
Ek wil my by Dawie Malan skaar in sy kritiek oor die nuwe logo. Ek stem saam dat nie nuwe logo nie die voorstelling van die twee diere daar reg aan laat geskied nie, vandaar my nee stem. Die nuwe logo herinner meer aan 'n hond as aan 'n jakkals of rooikat.

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter