Page 4 of 4
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sun May 29, 2016 7:55 am
by goodstuff
Wonderlike nuus!
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Sun May 29, 2016 8:30 am
by Balljoint
Die 15e September 2013 het Alec om raad gevra.
Twee JAAR en agt maande later en die man is agter tralies.
Die reg vat sy tyd, maar die wiel draai…
Het dieselfde ding oorgekom na ek iemand geld geleen het, SES jaar later is sy uit die tronk en het sy my begin afbetaal. Al my geld insluitende rente en regskostes terug gekry.
Met ander was ek nie so gelukkig nie…
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Jun 02, 2016 9:22 am
by Jake1
Ek het hom gewaarsku....., ek het gehoor hoe huil hulle babatjie wat hy moet oppas op die agtergrond. Dis hartseer, hy wou nie luister nie, maar die mense om hom kry ek baie jammer.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Jul 02, 2020 3:09 pm
by Swys14
Dis nou al meer as 4 jaar later. Lyk vir my ou Jas was bitter besig gewees en het nie net jagters omgekrap nie. Lees die stukkie hieronder - Aug 2019 so redelik onlangs.
https://www.suidkaapforum.com/News/Arti ... 1908280936
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Jul 02, 2020 3:38 pm
by Zuku
In vandag se tyd vertrou ek liewerste n Dominee met n geweer onder die arm as n Dominee met n Bybel onder die arm
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Jul 02, 2020 3:50 pm
by tripodmvr
Ds Jaap, lyk my jy is veilig !!!!!!

Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Jul 02, 2020 4:05 pm
by Ds J
Zuku wrote: Thu Jul 02, 2020 3:38 pm
In vandag se tyd vertrou ek liewerste n Dominee met n geweer onder die arm as n Dominee met n Bybel onder die arm
Zuku, sulke woorde breek my moed! Dit is altyd weer seer en swaar as my kollega's n hartseer spoor agter hulle los. As die man n fout gemaak het is dit een saak; as hy ongelowig en/of moedswillig is, is sy ewige voorland soms jou enigste troos.
Kontak my gerus, ek sal help as ek kan.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Jul 02, 2020 7:48 pm
by alecjohnson
Die draad het bitjie verander! ek moet sê: Ds J het my bitterlik goed gehelp met geloof hervestiging! in vandag se lewe moet jy die bybel onder die een arm hê en 'n geweer onder die ander!
Ek het die voorreg hier om net weer vir Jake te sê BAIE DANKIE, en ook aan almal op jaracal BAIE DANKIE dis lank terug maar voel soos gister, ons het gelukkig 'n lekker jag gehad danksy die plaas eienaar! als het goed uitgedraai vir my met die forum se hulp!
Beste forum wat bestaan! 'n forum met waardes!
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Jul 02, 2020 8:19 pm
by alecjohnson
ek het nooit die foto van die silver springbok ooi geplaas nie, hier is dit nou vir die wat wil sien dis al foto van die bok geneem.
onthou asb., die bok het niks met oorspronklike probleem gehad nie.
2013-07-18-317.jpg
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Jul 02, 2020 10:39 pm
by Zuku
Ds J wrote: Thu Jul 02, 2020 4:05 pm
Dit is altyd weer seer en swaar as my kollega's n hartseer spoor agter hulle los.
Ds J. Ek het geposteer tong in die kies. Noudat ons op die Ds onderwerp is. My eie Ds wat ons getrou het, het mos maar ook vir my gelieg daar voor in die kerk. Die man en die vrou sal trou en die twee sal een wees. Wel, vandag is ons al nege saam met die kleinkinders.
PS. kyk jou inbox
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Thu Jul 02, 2020 10:43 pm
by Ds J
Zuku wrote: Thu Jul 02, 2020 10:39 pm
Ds J wrote: Thu Jul 02, 2020 4:05 pm
Dit is altyd weer seer en swaar as my kollega's n hartseer spoor agter hulle los.
Ds J. Ek het geposteer tong in die kies. Noudat ons op die Ds onderwerp is. My eie Ds wat ons getrou het, het mos maar ook vir my gelieg daar voor in die kerk. Die man en die vrou sal trou en die twee sal een wees. Wel, vandag is ons al nege saam met die kleinkinders.
PS. kyk jou inbox
Bwahaha! Netjies. En nee, hy het daardie keer nie gelieg nie. Jy moes die kleinskrif gelees het

Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Fri Jul 03, 2020 7:24 am
by JurieW
Wel dis nou vir jou goeie nuus, baie dankie
Ek het ook destyds skool geld betaal aan uwe Jas Jacobs, maar nou ja ek het geleer.
Ek is wel bly om te sien die wiel het gedraai en geregtigheid sal hopenlik seevier.
Re: nou is ek Raadop!!!
Posted: Tue Jun 16, 2026 10:47 pm
by Swys14
ou Jas (Johannes Jochemus Jacobs) se mannewalis sedert sy streke in 2013 het 'n groter en meer intens geword. Die man is 'n psigopaat en hoort net op een plek. Ek heg 'n paar stories aan vir die wat belangstel. As daar nog enige iemand is wat deur die man ingedoen was, ooit, "please contact IRS by emailing
investigations@irsa.co.za or call 0861 911 IRS (477) during office hours or send a WhatsApp to 0794442666. Anonymous reports can also be made at
www.irs.africa
https://iol.co.za/capeargus/news/2022-0 ... -millions/
https://www.facebook.com/share/p/1J9MGsuzR3/
Hy sit tans en verskyn 22 Julie weer in die hof...ek dink die klagstaat is baie lank!