Page 24 of 24
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Mar 17, 2026 3:12 pm
by JAGTERSREG-JRM
Slaan more die pad bosveld toe, sal julle laat weet of die bosluise in die sandveld n mens wegdra!!!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Tue Apr 14, 2026 8:26 pm
by Diesel Dog
More vat ek pad na Hopetown omgewing vir grootwild jag .
DD
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Apr 22, 2026 12:14 pm
by Capt. Yoda
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Apr 22, 2026 12:19 pm
by JAGTERSREG-JRM
JAGTERSREG-JRM wrote: Tue Mar 17, 2026 3:12 pm
Slaan more die pad bosveld toe, sal julle laat weet of die bosluise in die sandveld n mens wegdra!!!
Pepperticks het amper amper met stel klokke rondgeloop.............
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Apr 23, 2026 3:10 pm
by Diesel Dog
Lekker jag by Hunters Edge gehad, die mense het ons bederf ek het soos n buitelandse trofee jagter gevoel.
1x eland
2x gemsbok
2x rooihartebees
3 blesbok
1x springbok
1x vlakvark
DD.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Apr 24, 2026 7:55 am
by skollie
Diesel Dog wrote:Lekker jag by Hunters Edge gehad, die mense het ons bederf ek het soos n buitelandse trofee jagter gevoel.
1x eland
2x gemsbok
2x rooihartebees
3 blesbok
1x springbok
1x vlakvark
DD.
Boetie weet hoe om te bederf....... Mooi wêreld ook.
Sent from my SM-S916B using Tapatalk
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Apr 24, 2026 12:24 pm
by tripodmvr
Waar presies is Hunters Edge?
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Apr 24, 2026 12:44 pm
by Capt. Yoda
Northern of the Cape
So 50km van Kimberly af as ek reg onthou
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Apr 24, 2026 1:32 pm
by tripodmvr
Ek wil aflei dit is naby Hopetown, maar my nuuskierigheid wil ek bevredig deur op Google Earth te loer. Ek het jare gelede op Egerton gejag en dit is geskiedkundig baie interessant. Die Vrystaat en Noordkaap grense is daar naby.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Fri Apr 24, 2026 8:35 pm
by Diesel Dog
Modderrivier (Modder River) is a small irrigation and stock farming town located in the Northern Cape province of South Africa, south of Kimberley near the confluence of the Riet and Modder rivers. It is historically significant as the site of the Second Boer War Battle of Modder River and is close to the Mokala National Park.
DD
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Sat Apr 25, 2026 1:17 pm
by tripodmvr
70km noord van Hopetown. Ek kry niks op die web van Hunters Edge nie. Mokala lyk interessant met 'n hele kol rante wat prominent wys op GE.
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon Jun 15, 2026 7:21 pm
by Mellies
Komende week vat ons die pad Vosburg toe.
Plan is om 120 springbokke minder te maak.
Sewe x 6mm's en n agteros in die vorm van n 22-250 word ingespan.
Met n vleisie...
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon Jul 13, 2026 4:29 am
by Toxxyc
Mellies wrote: Mon Jun 15, 2026 7:21 pmSewe x 6mm's en n agteros in die vorm van n 22-250 word ingespan.
So 'n klomp jong latte en 'n Oom wat moet seker maak alles loop reg?
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon Jul 13, 2026 8:09 pm
by KalahariKlong
Toxxyc wrote: Mon Jul 13, 2026 4:29 am
Mellies wrote: Mon Jun 15, 2026 7:21 pmSewe x 6mm's en n agteros in die vorm van n 22-250 word ingespan.
So 'n klomp jong latte en 'n Oom wat moet seker maak alles loop reg?

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Wed Jul 15, 2026 6:57 pm
by JAGTERSREG-JRM
More vat ons n welverdiende breek en gaan jag bietjie saam vrinne tussen albastergat en roedtan. My eerste bokjag geleentheid in die bosveld die jaar. Voel amper of ek 40 jaar en 40 nagte vir die een gewag het…….
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Thu Jul 16, 2026 8:26 am
by Wouter Roets
En nogal so op jou verveldag Kobus! Nogmaals geluk maat en geniet die trip terdee!
Re: Wie is ook oppad jagveld toe?
Posted: Mon Jul 20, 2026 6:21 am
by JAGTERSREG-JRM
Wouter Roets wrote: Thu Jul 16, 2026 8:26 am
En nogal so op jou verveldag Kobus! Nogmaals geluk maat en geniet die trip terdee!
Baie dankie dit was bitter lekker. 3 meisiekinders op hulle eerste jag gevat (baie hard gewerk), darm n lekker bekruip op n wildebees gehad en seker 40min gestaan en gedraai draai vir n skoot maar was nie my dag nie (die ou grote het die rondte gewen) maar was nes dit moet wees. Op die kniee boude en bekruip tussen raserige kalk klip maar was soos dit moet wees al was da nie n dier wat da geval het nie.
Die girls het my besig gehou en so op die laaste middag met n knie wat redelik kas toe was darm n ou Blesbok ooi met die No 1 in 45/70 grond toe gesit. Bai eonderskatte kaliber en die skoot was op 180m en se het 3 tree gegee toe is dit verby. Was werklik n groot eer en voorreg om die 3 dames deur emosies, trane, geluk, bokkoors, sukses en lewer eet te vat. As ek niks geskiet het nie sou dit nogsteeds n helse lekker jag gewees het.
Die natuur en die skoonheid daarvan moet verseker gedeel word en ons moet begin oorgee aan die jonger geslag sodat hulle dieselfde waardeuring en respek kan uitoefen.