Page 3 of 3
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Fri May 04, 2018 9:12 am
by Messor
ruaanb wrote:Klas daai CC's volgens ogief en kyk hoe loop hulle dan. Ek het 'n vriend wat hulle uit sy Creedmoor skiet op belafstande en so gelukkig is dat hy niks anders wil skiet nie.
Snaaks genoeg is dit baie verwant aan Wouter se laaste post.
Want klein verskille in ogive gaan hulself baie makliker wys hoe nader jy aan die lande gaan.
Die engraving pressure en die bullet inertia verander drasties hoe verder mense van die lande beweeg.
So dit kan dalk net wees dat as iemand nie 'n CC kry werk nie met ladings, hy net bietjie verder van die lande af moet beweeg, dit gee dit koeel daai extra tyd om momentum op te bou voor hy die lande tref, minder druk en makliker engraving, beter resultate.
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Fri May 04, 2018 9:53 am
by Wouter Roets
Messor
Dit is nog altyd my opinie dat Nosler se vervaardigings proses(QC) nie opgewasse is vir die tipe puntvorm nie. Die CC wil n Berger wees maar kry dit nie altyd reg nie. Dit verklaar daai twee of drie bymekaar en dan weer een wat die groep rek.
Wat ek ook al gesien het is dat nuwe gewere baie keer sukkel met hulle maar namate die geweer ouer word en sy groewe wegbrand hulle die CC al hoe beter begin skiet agv die feit dat die graveringsdruk verlaag as die koeel in die groewe in gaan.
Groetnis
Wouter
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Fri May 04, 2018 10:23 am
by Swede
Wouter Roets wrote:Messor
Dit is nog altyd my opinie dat Nosler se vervaardigings proses(QC) nie opgewasse is vir die tipe puntvorm nie. Die CC wil n Berger wees maar kry dit nie altyd reg nie. Dit verklaar daai twee of drie bymekaar en dan weer een wat die groep rek.
Wat ek ook al gesien het is dat nuwe gewere baie keer sukkel met hulle maar namate die geweer ouer word en sy groewe wegbrand hulle die CC al hoe beter begin skiet agv die feit dat die feit dat die graveringsdruk verlaag as die koeel in die groewe in gaan.
Groetnis
Wouter
Wout, dit is nou regte tyd vir daai herlaai handleiding van jou. Daar leer ek ook weer!!!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Fri May 04, 2018 10:38 am
by Messor
Wouter Roets wrote:Messor
Dit is nog altyd my opinie dat Nosler se vervaardigings proses(QC) nie opgewasse is vir die tipe puntvorm nie. Die CC wil n Berger wees maar kry dit nie altyd reg nie. Dit verklaar daai twee of drie bymekaar en dan weer een wat die groep rek.
Wat ek ook al gesien het is dat nuwe gewere baie keer sukkel met hulle maar namate die geweer ouer word en sy groewe wegbrand hulle die CC al hoe beter begin skiet agv die feit dat die feit dat die graveringsdruk verlaag as die koeel in die groewe in gaan.
Dis vreemd want die CC het maar 'n gewone tangent ogive, old shool.
As mense se runout min is dan kan hulle maar bietjie meer spring as wat nodig is.
Ek sien met hul RDF het hulle net die hybrid van Berger na gevolg.
Aangaande jou tweede paragraaf, soos wat jy lande wegbrand so vat dit langer om hulle te engage, dan kom jy presies terug na wat ek gesê het. Lyk my ons praat nou van presies dieselfde ding, ons noem dit net anders maar ons denkwyse is dieselfde

Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Fri May 04, 2018 11:19 am
by 30-06
Ek het n vraag oor TPL.
As ek kyk na die TPL wat algemeen gebruik word is daar baie min grip op die punt, veral met die ligter punte.
Wat is die belangrikste, grip of sprong?
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Fri May 04, 2018 4:41 pm
by tripodmvr
Greep bepaal nie net die vashou van die koeël nie, maar sorg dat dit parallel aan die loop se as is (minder "runout") en dit bevorder presiesheid. Die gewone resep is 'n greep van nie minder as 0,8 x kaliberdeursnee in die nek, afhangende van maks TPL en magasyn lengte.
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Sat May 05, 2018 12:11 am
by Hansieslim
ruaanb wrote:Klas daai CC's volgens ogief en kyk hoe loop hulle dan. Ek het 'n vriend wat hulle uit sy Creedmoor skiet op belafstande en so gelukkig is dat hy niks anders wil skiet nie.
Ek weet presies van wie jy praat en sy groeperings is een van die redes waarom ek na 140gr CC begin kyk het. Sy TPL is 69.o en myne is 69.5. Wouter so ja...ek gaan nou met TPL begin speel en dit wat jy en Messor sê hoekom mens die TPL moet kleiner maak, maak baie sin.
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Sat May 05, 2018 7:38 am
by 30-06
Net as ek dink ek raak slimmer dan hak eek weer was.
Ek sukkel met runout en my 123's is redelik vlak in die dop.
Selfs met dieper seating steeds hoog, tussen 3 en 4 th.
Volgens Messor se opmerking kan die jump groot wees as die runout klein is.
Met hoe runout moet ek my jump dus korter maak, dit kan egter my runout verder benadeel.
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Sat May 05, 2018 9:26 am
by Hansieslim
30-06...is dit nie net andersom nie? Ek weet niks van run-out nie en het nie so 'n meetmegafter nie, maar as ek oom Tripod reg lees, sê hy mens moet koeel maar indruk sodat die nek hom belyn en behoort run-out dan kleiner te wees. Altans dis wat ek aflei. Op 'n TPL van 69.5mm is ek tans op 'n 2.8mm jump. Volgens my is dit baie, maar my dop se greep op die koeel is dan 6.4mm wat amper darem >80% vd deursnee is. Ek kan seker my TPL vergroot ook, maar ek gaan hom nog dieper indruk en kyk wat maak hy. Ek sien dit so...hoe groter die jump, hoe voller die dop. LOL
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Sat May 05, 2018 9:40 am
by Hansieslim
Jaco V wrote:
Gaan meet dalk net fisies n RDF punt en CC punt en vergelyk dit met wat jy in jou standaard QL bulletfile kry, sal interressant wees om te hoor wat jy sien.
Jaco. Ekt die CC's gaan meet. 5 koele se lengte se gemiddeld is 32.7mm met 0.03mm variasie
Ja ek het Quickload se verstekwaardes gebruik wat 33.2mm is en dit gee al klaar 'n groot verskil van 0.5mm net in koeëllengte.
Die volgende default values op Quikload (met my TPL van 69.5mm) pla my meer :
Seating Depth : 12.2mm
Shank Seat.Depth : 10.17mm
Bullet Length : 33.2mm
Shank Seat.Depth moet tog die parallelle gedeelte vd koeël wees wat "ge-greep" word. In my geval het ek dit nagenoeg gemeet as 6.4mm.
Tog, tog, tog behoort dit mos nie te veel te pla nadat mens deur die eerste toetsladings is en die BRF aangepas het nie. Of is ek WEER verkeerd?
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Sat May 05, 2018 10:02 am
by tripodmvr
Hansie, hierdie koeël gaan jou brein laat ontplof. Is jou TPL van die basis van die dop tot by die koeël se punt?
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Sat May 05, 2018 12:34 pm
by tripodmvr
DJ IMG_3254 Small.jpg
DJ IMG_3253 Small.jpg
So skiet 'n Tikka Creedmoor met 143gr ELDX. Let wel dat dit op 200m is. QL het die resep gegee.
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Sat May 05, 2018 1:09 pm
by Hansieslim
tripodmvr wrote:Hansie, hierdie koeël gaan jou brein laat ontplof. Is jou TPL van die basis van die dop tot by die koeël se punt?
Ja Oom
Re: QuickLoad en 6.5Creedmoor - "verskille"
Posted: Tue May 08, 2018 6:03 pm
by Apie
Skiet Scenars of Eld of so tipe punt. Die geld wat jy 'spaar' met CC kon jy al lankal n akkurate lading gehad het..
Sent from my iPhone using Tapatalk