Page 3 of 3
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Fri Sep 30, 2011 12:58 pm
by James Wilson
DirtyOldsix wrote:
Kyk gisteraand "Sniper in the crosshairs" op History channel. Dit lyk my die manne in Afghanistan en Irak gebruik ook Nightforce scopes. Die een kill was 1.5 myl!!
Hulle gebruik dit veral op vife o's. so 5 jaar terug was dit n groot storie toe die Pentagon sy kontrak met Leupold gekansalleer het en oorgegaan het na Scmidt und Bender
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Mon Oct 03, 2011 7:45 am
by Piet Breedt
Jagbehep! wrote:
DirtyOldsix wrote:
Kyk gisteraand "Sniper in the crosshairs" op History channel. Dit lyk my die manne in Afghanistan en Irak gebruik ook Nightforce scopes. Die een kill was 1.5 myl!!
Hulle gebruik dit veral op vife o's. so 5 jaar terug was dit n groot storie toe die Pentagon sy kontrak met Leupold gekansalleer het en oorgegaan het na Scmidt und Bender
Al scopes wat ek kon sien op die sniper program was S & B en Nightforce.
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Mon Oct 03, 2011 11:21 am
by Louis Kriel
Piet Breedt wrote:
Jagbehep! wrote:
DirtyOldsix wrote:
Kyk gisteraand "Sniper in the crosshairs" op History channel. Dit lyk my die manne in Afghanistan en Irak gebruik ook Nightforce scopes. Die een kill was 1.5 myl!!
Hulle gebruik dit veral op vife o's. so 5 jaar terug was dit n groot storie toe die Pentagon sy kontrak met Leupold gekansalleer het en oorgegaan het na Scmidt und Bender
Jip die Nightforce badge was baie duidelik. Dit lyk of daar op die een scope "Premier Reticle" gestaan het.
Al scopes wat ek kon sien op die sniper program was S & B en Nightforce.
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Oct 04, 2011 12:04 am
by immelmanw
Die Premier Reticle wat jy gesien het is n company in die VSA wat "aftermarket" veranderinge op jou scopes doen, veral "extra vergrotings lense" en ander kruishare!
Hulle het destyds vir Leupold gehelp om op die map te kom en gemaak dat 99% van die kompetisie ouens Leupold gebruik het na hulle conversion gedoen is.
Leupold het hulle onder hulle gat geskop en HUIL VANDAG nog oor dit!
Groete
Willem
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Oct 04, 2011 8:43 am
by prohunt
Hallo Manne,
Ek wil net graag onder julle aandag bring dat Prohunt en Projag nie dieselfde persoon op die forum is nie. Die name is ongelukkig lyk my net bietjie naby aan mekaar gekies en ek besef nou dit kan dalk verwarring veroorsaak.
Mooi bly en mag ons die jagtersopposisie ipv mekaar onnodiglik op die forum aanvat. Nie dat ek enigsins teen gesonde draaksteek iets het nie, of dat 'n klap waar regtig nodig uitgedeel word nie.
Mag julle gese?nd wees.
Johan
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Oct 04, 2011 8:57 am
by Geno
Oom Johan,
Nie vir 'n oomblik getwyfel nie, ek ken Oom mos darem!
Prohunt wrote:
Hallo Manne,
Ek wil net graag onder julle aandag bring dat Prohunt en Projag nie dieselfde persoon op die forum is nie.
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Oct 04, 2011 7:46 pm
by tafjak
Prohunt
Nee, alles is dooddollies! Kom kuier bietjie in November vir die klomp Vaalpense sodat julle kan sien watter soort vark ek is.
Mooiloop
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Wed Oct 05, 2011 12:14 pm
by prohunt
Hi Taf,
Jy moet oppas netnou neem ek jou uitnodiging ernstig op.......wil reeds graag sien hoe doen julle manne dit daar in die w?reld waar die jakkies al super slim is.
Groetnis
J
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Sat Oct 22, 2011 4:08 pm
by Andr? Gous
Hansman jy het miskien n paar punte beet.Maar die beste skud gaan ook nie die kompetisie wen met n .22 scope nie.Ek se altyd as jy nie kan sien nie kan jy nie skiet nie....
Koop eers vir jou n scope en dit wat oorbly gebruik vir n geweer.
Jy kan n geweer maak skiet.maar nie n scope maak sien nie.
Net my opinie.
Groete Gous
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Sat Oct 22, 2011 8:06 pm
by immelmanw
Andr? Gous wrote:
Hansman jy het miskien n paar punte beet.Maar die beste skud gaan ook nie die kompetisie wen met n .22 scope nie.Ek se altyd as jy nie kan sien nie kan jy nie skiet nie....
Koop eers vir jou n scope en dit wat oorbly gebruik vir n geweer.
Jy kan n geweer maak skiet.maar nie n scope maak sien nie.
Net my opinie.
Groete Gous
Nou praat jy sin......as almal maar net die insig gehad het!
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Nov 08, 2011 12:41 pm
by Flip Nel
Net 'n klip in die bos gooi ek sien in die nuwe Magnum dat daar al meer as 100000 Z6 teleskoop verkoop is
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Nov 08, 2011 1:47 pm
by immelmanw
Klink baie na massa - produksie?
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Nov 08, 2011 2:02 pm
by Koos Barnard
Willem
Ag nee kom nou Willem, ek het nie so 'n cheap shot van jou verwag nie.
Groetnis
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Nov 08, 2011 2:06 pm
by Flip Nel
Mense kan die selfde van Toyota's Land Cruiser s? beteken dit nou dis 'n sleg bakkie, en teen die Prys wat mens betaal vir 'n Z6 moet hulle iets reg doen
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Nov 08, 2011 3:23 pm
by James Wilson
manne, ek het niks ondervinding van n Nightforce nie. het nog net uitstekende goed van die scope's gehoor. ek het onlangs op n jakkals roep vir die eerste keer die vooreg gehad om deur een te kyk in die nag. alles wat ek verwag het en meer. wat ek wel opgemerk het en dalk net verkeer verstaan, of dalk verskil ek en die scope se eienaar se maar net baie, maar as ek deur die scope kyk dan lyk alles so nou. ek kannie aan n beter woord dink nie. dit lyk so beperk. ek weet nie of ek my reg uitdruk nie. ek wou nie aan die man se scope se zoom en fokus stel nie so ek glo dis waar die verskil ingekom het. ek toe hy die geweer vat om die jakkies af te stof, toe kyk ek sommer die storie deur my 308 met sy ou 8x42 Lynx . die Lynx was nie so helder soos die N/Force nie, maar dit was asof die LYnx ruimskoots meer "oop" was. ek sukkel nou om my waarneming reg te verduidelik. miskien kan iemand anders dit beter uitdruk, maar ek glo maar dis omdat ek nie die scope vir my oe( ek dra nie bril nie en die eienaar van die scope ook nie) kon stel nie. in elke geval ek was dom nadat ek deur die N/force gekyk het. maar hel is hy darrem mooi om na te kyk!!!!
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Tue Nov 08, 2011 3:50 pm
by Nuweseun
Jagbehep, ek dink waarna jy verwys is dat die Field of view nouer is by hoer vergrotings en dat indien jy die vergroting sou afdraai, die Field of view sou vergroot en jy dan 'n groter area sou sien?
Groete
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Wed Nov 09, 2011 8:22 am
by James Wilson
die eienaar van die N/force skiet ook op n 8X vergroting in die nag. maar dis soos jy daar se as ek kon draai aan iets daar sou dit seker reggekom het.
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Wed Nov 09, 2011 8:55 am
by Geno
James,
Is dit 'n ou generasie NF op 'n .25-06 wat aan iemand met 150kg pure passie behoort? Het daai scopes nie 'n reputasie gehad vir nou FOV nie?
Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Wed Nov 09, 2011 9:17 am
by James Wilson
my prokureur se ek moet eerder nie kommentaar lewer nie

Re: NIGHTFORCE KRAAI WEER KONING!
Posted: Wed Nov 09, 2011 10:09 am
by immelmanw
Manne, net vir julle herinder dat ons drie jaar die "Swarovski" dealer of the year was! So alles word "in good faith" gese!