Page 3 of 3

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Fri Mar 24, 2017 9:48 am
by Chris (vdB)
Darem my derde dag na die inspuiting en al wat sover begin pla het, is dat ek begin lus raak het vir n' dop

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Fri Mar 24, 2017 9:58 am
by Johan7
Chris (vdB) wrote:Darem my derde dag na die inspuiting en al wat sover begin pla het, is dat ek begin lus raak het vir n' dop
Wat praat jy! In my drink dae (ai toggie!) het ek geglo dis brandewyn en Coke wat my gesond hou, want ek het nooit maar nooit siek geraak nie! Niks griep, geen verkoue! Nou is dit 'n ander storie...
Sal seker ook maar vir daai inspuiting moet gaan aanklop! Ai, daar hi-jack ons al weer die draad! Sorry manne!

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Sun Mar 26, 2017 9:40 am
by Doomslayer

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Sun Mar 26, 2017 11:46 am
by Hein (Haan)
Ek het so jaar terug die inenting gesprek met n dokter gehad wat spes. in kinder siektes en ook n pediater is. Hy het vir my in detail die ins and outs verduidelik al wat ek wou weet is of hy sy kinders laat inent.
Sy antwoord was dat hy hulle self spuit.
Die mainstream media se inligting neem ek nou al vir n tyd lank met meer as net n knippie sout.



Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Sun Mar 26, 2017 1:16 pm
by Morkel
Hoe weet jy iemand het n MBA? Hy vertel jou wel ek werk in die Pharma bedryf. Wat jy lees is waar maar dit hang af met watse oe kyk jy. Feit vandag is daar meer kanker survivors, ek werk saam met n maatskapy in VSA wat op stadium 3 sy nuwe kanker middel moes ontrek - $130miol koste en moet oor begin. Slegs 1 uit 15 produkte maak dit na die mark en dan het hulle net patent reg vir 20 jaar voor dit generies beskikbaar is. Twee onafhanklike beheer ligaame beheer westerse medisyne FDA en Euro council. Die WHO onderskryf inenting want dit werk - polio maasels kinder siektes hoor ons amper nie meer van nie. Medisyne het sy plek maar ons het n verantwoordelikheid om na ons self te kyk. Comfort food, feed lots, NACL injected chicken, steroids, om gewig te verseker, groter RRRR op ons investment. Maar dit bring mee n bose kringloop. My beste oomblik was toe ek daai 6 cent plantjies kon plant en 70 dae later toe verkoop ek hulle teen RRRR. Die enigste manier om geld te maak is, plant dit ini grond, grawe dit uit die grond of omskep grondstof na dit wat gemeenskap nodig het.
Vandag is die alternative, vitamins, supplements, probiotics net so groot as die medisyne mark. Daar is geen navorsing maar ons begin ons dag met gummy bears hand vol pille, n boost vir elke kondisie. Die health shops is die in ding. Is dit? N vitamin word gemaak vir R40 en eindig op dis-chem se rak teen R200+. Ek kan jou verseker dat wat jy dink jy koop soos beskryf op label nie nastenby dieselfde is nie!
Wat probeer ek se, die pharma mark is hoogs gereguleerd, dit vat baie geld om n produk te ontwerp. Die health mark is net waremlug, maar dit maak baie geld onder die vandel van CAM's
My advies vat jou inspuiting iets like eating your greens, it taste like sh1t but its good for you.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Sun Mar 26, 2017 1:25 pm
by karoo.vellies
Al die inspuitings en "gif" wat ons gekry het as kinders en nou nog kry hou ons aan die lewe. Gaan kyk bietjie wat gebeur met "inboorling" stamme wat vandag nog in isolasie leef, as hulle net naby ons moderne mense kom sterf hulle in groot nommers agv geen inentings. Self die gewone ou verkoue maak mense dood wat nie gespuit is nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Sun Mar 26, 2017 6:37 pm
by Alwin
Pappabeer wrote:...
Maar dit daar gelaat. Kontak net asb eendag n homeopaat of vorm van alternatiewe geneeskundige as jy of n familie-lid wel n hartaanval, beroerte, of gebarsde apendix kry. Moenie dat n westerse ICU en teater jou uitbyt met al hulle medisyne nie. En ditto vir daai soms nodige keisersnitte - laat ons nie dat tegnologie in die pad staan van peri-natale kinder en moeder sterftes in die land nie. As ons so aanhou wen ons binnekort vir Sudan, Gambië, en Etiopië.
Pappabeer. Kan ek hieruit aflei dat daar nou effektiewe inentings is teen hartaanvalle, beroerte, blindederm, keisersnee, kinder-en moeder-sterftes? ;)

Kom ons probeer nie die goeie lewensreddende werk wat ons mediese proffesionele doen verwar met die inentings-industrie nie.

Toe die staats-suster my laas by die skool wou inent, moes my ouers 'n vrywaringsvorm invul en teken. Dit het my nogal laat wonder oor die veiligheid van inentings oor die algemeen. Daar is ook heelwat navorsing en hofsake al afgehandel oor inentings-veiligheid. Die groot farmaseutiese maatskappye hou graag hierdie inligting dig, want dit benadeel hulle aandeelhouers se dividende.

Laat elkeen maar self 'n ingeligte besluit neem sonder om iemand se persoon aan te val.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Sun Mar 26, 2017 7:16 pm
by Doomslayer
Wys asseblief vir ons voorbeelde van hierdie hofsake en navorsing wat in Peer Reviewed gerespekteerde mediese joernale
gepubliseerd is?
Die dokter wat verantwoordelik was vir die oorspronklike artikel wat MMR inentings en Outisme probeer koppel het aan mekaar is geskrap van die rol, en dit het duidelik uitgekom in sy verhoor dat hy die data uit sy navorsing ge "cherry pick" het, d.w.s. hy het net die inligting gebruik wat sy hipotese ondersteun. Sy "navorsing" is deur verskeie onafhanklike navorsers as verkeerd bewys en is beskryf as "The biggest medical fraud in the last 100 years".

Wat betref die "vrywaringsvorm" - dit is 'n ingeligte toestemmingsvorm wat ingevul word met enige mediese prosedure wat op minderjariges uitgevoer moet word. Dit word ook ingevul as jy jou ingroeitoonnael wil laat uitsny. Dit laat jou tog nie wonder oor die veiligheid van 'n ingroeitoonnael operasie nie. Sonder 'n toestemmingsvorm ingevul deur 'n voog van 'n kind is enige mediese prosedure 'n vorm van mediese aanranding en dus onwettig.

Ek klim in niemand se karakter in nie, maar ek gaan as mediese profesionele persoon definitief nie stilbly as sg. pseudo wetenskap of "fringe" mediese opinies as die waarheid voorgehou word nie. Dit benadeel ons almal en veral ons kinders.

Gaan lees maar gerus bietjie op oor hoeveel kinders aan polio, masels, duitse masels, kinkhoes, pampoentjies en difterie gesterf het en watter verskil immunisasie gemaak het aan kinder en baba mortaliteits syfers.

Eers as jy 'n deurgronde kennis het van wyd aanvaarbare wetenskap kan jy begin om dit te bevraagteken. Dit is waar van die meeste dissiplines in wetenskap.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Sun Mar 26, 2017 8:22 pm
by Eugene
Alwin wrote:
Toe die staats-suster my laas by die skool wou inent, moes my ouers 'n vrywaringsvorm invul en teken. Dit het my nogal laat wonder oor die veiligheid van inentings oor die algemeen. Daar is ook heelwat navorsing en hofsake al afgehandel oor inentings-veiligheid. Die groot farmaseutiese maatskappye hou graag hierdie inligting dig, want dit benadeel hulle aandeelhouers se dividende.
Toe my kind nou die dag gaan rugby speel, moes ek ook 'n vrywaringsvormninvul. Ek hoop nie daai skelm groot farmaseutiese maatskappye het 'n hand in daai pie ook nie..... ;)

Na aanleiding van die post, het ek die naweek bietjie die aangeleentheid rakende griep inspuitings en inentings met 'n hele paar mense bespreek, waaronder 'n paar dokters en aptekers. Almal wat op een of ander manier in die mediese beroep staan, se kinders in ingeent en meeste kry griepinspuitings vir hulself en hul werkers. Dit verseker nie 'n wetenskaplike steekproef nie, maar ek glo nie GP's en spesialiste sal hul kinders laat inent as hulle van beter weet nie.... Maar weereens, dis elke ouer se keuse.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Mon Mar 27, 2017 1:18 pm
by Alwin
Eugene wrote: Toe my kind nou die dag gaan rugby speel, moes ek ook 'n vrywaringsvormninvul. Ek hoop nie daai skelm groot farmaseutiese maatskappye het 'n hand in daai pie ook nie..... ;)

Na aanleiding van die post, het ek die naweek bietjie die aangeleentheid rakende griep inspuitings en inentings met 'n hele paar mense bespreek, waaronder 'n paar dokters en aptekers. Almal wat op een of ander manier in die mediese beroep staan, se kinders in ingeent en meeste kry griepinspuitings vir hulself en hul werkers. Dit verseker nie 'n wetenskaplike steekproef nie, maar ek glo nie GP's en spesialiste sal hul kinders laat inent as hulle van beter weet nie.... Maar weereens, dis elke ouer se keuse.
Jy vergelyk dus die risiko van inentings met die van 'n rugby-toer. Ek dink ons verstaan mekaar op die punt. Daar is wel risiko.

As jy gaan oplees oor die bestandele van die entstowwe (aluminium-verbindings, formaldehyde, kwik-verbindings ens.) dan sal jy verstaan waar die risikos vandaan kom.

Baie mense spreek 'n mening uit sonder enige detail kennis. Hulle baseer hulle uitsprake op ander se menings. Ek sien dit in hierdie draad ook. Dit is sekerlik hulle reg. Verskoon my asb. as dit nie te veel gewig by my dra nie? Dis vir my soos hoorsê getuienis in die hof.

Ek glo elkeen het die reg om te kies of hy ingeent wil word of nie. Gee hom die volledige inligting en laat hom kies. Sodra die inligting weerhou word en die keuse ontneem word, dan begin ek nukkerig raak. Ek, persoonlik is nie geneë dat "big brother" besluite namens my neem nie.

My punt is dit: Lig jouself in en neem dan 'n besluit. Ek self het al 'n hele paar inentings in en dit oorleef. Ek praat dit dus nie sleg nie. Ek glo ook nie dis die antwoord vir alle gesondheidsprobleme nie. Kies oordeelkundig.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Mon Mar 27, 2017 2:13 pm
by Eugene
Alwin, my stelling oor die rugby was tong in die kies! >:D Soos Doomslayer hierbo sê, die vrywaringsvorm is maar praktyk wat enige iets aanbetref as jy met minderjarige kinders werk. En ja, daar is risiko, want daars naalde betrokke...

Stem met jou saam oor 'n opinie vorm by mense met kennis. Daarom het ek vir dokters en aptekers hul opinie gevra. Ek kon nie aan iemand beter met meer kennis dink nie. Hoe dit ook al sy, elkeen is geregig op sy eie opinie hieroor en moet dit maar self vir hom/haar regverdig. Ek is gemaklik met my keuse.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Mon Mar 27, 2017 3:03 pm
by Pappabeer
Alwin, die probleem kom in met die konsep van "lig jouself in". Hoe doen die man op die straat dit? Hy google. Watse toerusting het hy om die skrywes op n blog en in n mediese joernaal krities te evalueer, die data te vergelyk, sydighede te evalueer en dan n besluit te maak? Die andwoord is amper geen.

Om vir Doomslayer aan te haal: "Eers as jy 'n deurgronde kennis het van wyd aanvaarbare wetenskap kan jy begin om dit te bevraagteken. Dit is waar van die meeste dissiplines in wetenskap."

Dit sal presies dieselfde wees as ek my opinie teenoor n siviele ingenieur uitspreek nav ervaring of n geïsoleerde fraksie inligting wat ek het aangaande n konstruksie. Ek het nie die agtergrond om te verstaan hoe die Golden Gate brug verskil van die een oor die rivier buite Empangeni nie. Om te dink ek weet waarvan ek praat sal redelik dwaas wees.

NAV wat jy sê oor elke persoon se vrye keuse. Ek is 100% gelukkig met n volwassene wat eienaarskap vat van sy eie gesondheid. Wat ek egter nie mee kan saamstem nie is dat ouers op grond van foutiewe inligting en propoganda hulle kinders se gesondheid in gedrang bring deur hulle nie vir die nodige kondisies te immuniseer nie.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Mon Mar 27, 2017 3:08 pm
by PWV
Om terug te keer na die griep-inspuiting:
Die entstof is gladnie gevaarlik nie en uiters voorkomend t.o.v. sekere soorte griep - gewoonlik die drie wat op daardie tydstip oorwegend voorkom.
Behalwe:
Wanneer jy allergries is vir eier (die medium waarin dit berei word).
Wanneer jy 'n verkeerde inspuiting kry.
Wanneer die spuitnaald of entstof gekontamineer is.
Wanneer jy reeds griep onderlede het.

Luister maar vir Pappabeer. Hy weet van die goeters - effens meer as ek. Ek klop hom net met jare!! :)

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Mon Mar 27, 2017 3:26 pm
by LoopSoosStroop
My 2c oor inentings:

My oudste seun is outisties. Alhoewel dit nie goed is om 'n skaal daaraan te koppel nie, is hy wel 'n baie matige geval, waarvoor ons baie dankbaar is.

Natuurlik toe ons dit uitvind het ons baie vrae gehad en soveel daaroor gelees as wat ons kon. Beide my seuns het hulle inentings gekry, so dit was deel van die ondersoek. Soos wat Pappabeer noem, is dit baie moeilik om goeie inligting te bekom vir die gemiddelde leser. Die internet is vol van hippies en new age mense wat allerhande ongestaafde bewerings maak.

My probleem is dat as dit wel 'n "conspiracy" is soos wat die anti brigade dit uitmaak, dit 'n enorme multi nasionale een is, groter as enigeiets anders voorheen. Baie Europese lande (veral in Skandinawee) het onafhanklike studies gedoen wat geen verbintenis het met outisme en inentings kon kry nie. So as dit verkeerd en 'n vervalsing is is 'n enorme hoeveelheid mense betrokke, en is nie beperk tot een deel van die wereld nie.

Net soos die maan landing. As dit vervals is, hoekom het geen van die 400 000 mense betrokke met die program al so gesê nie?

Feit is dat verskeie lewensgevaarlike siektes omtrend nie meer bestaan a.g.v. inentings nie, en baie meer mense bereik volwassenheid a.g.v. inentings.

Sal ek weer my kinders laat inent? Ja.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Mon Apr 03, 2017 10:29 am
by tau
Ek kry nie griep nie, ek kry wel so mislukke verkoue en brongitus as ek myself nie oppas nie.

Ek het wel tweekeer die inspuiting gekry en was albei keer vrot van griep en dit was my enigste gevalle wat ek griep gehad het.

Met 'n oorsee rugby toer het die bestuur ons verplig om die inspuiting te kry om griep te voorkom. EK was so siek ek het amper die toer gemis.

Tweedekeer het ek self besluit om inspuiting te kry omdat my Pa en ouma sulke goeie rusultate kry met die inspuiting en twee weke later het ek vrot griep gehad.

Of dit toevallig was weet ek nie. My Pa en Ouma glo in die inspuiting en as hulle hom nie kry nie raak hulle iewers in die winter met griep slaags.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Mon Apr 17, 2017 3:00 pm
by Hein M.
http://i936.photobucket.com/albums/ad205/hmostert1/Imune_2.jpg

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Thu Feb 12, 2026 9:32 pm
by Alwin
Baie jammer om te verneem van ons gerespekteerde Dr Pappabeer se voortydige afstewe.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Thu Feb 12, 2026 9:47 pm
by toxicsox
Baie jammer. Sy laaste post op hierdie draad: “ NAV wat jy sê oor elke persoon se vrye keuse. Ek is 100% gelukkig met n volwassene wat eienaarskap vat van sy eie gesondheid. Wat ek egter nie mee kan saamstem nie is dat ouers op grond van foutiewe inligting en propoganda hulle kinders se gesondheid in gedrang bring deur hulle nie vir die nodige kondisies te immuniseer nie.”

Fantasties dat ‘n forum soos Jaracal soveel mense in verskillende areas het om ‘n ingeligte opinie te gee.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Fri Feb 13, 2026 9:06 am
by JohanvB
Ek drink elke Donderdag 2ml Ivermecton, werk vir my geen griep nie of verkoues nie..

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Fri Feb 13, 2026 9:23 am
by toxicsox
Ek drink elke aan so 3 Johnnie blacks. Kan nie onthou of ek al griep gehad het nie.

Re: Griep inspuiting - help dit?

Posted: Fri Feb 13, 2026 9:45 am
by Zuku
Nog nooit n griep inspuiting in my lewe gekry nie. Die afgelope 50 jaar seker so 10 keer griep gekry. Drie dae loop neus , seer keel en blaf soos n hond. dan weer ops normaal