Griep inspuiting - help dit?
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Griep inspuiting - help dit?
Naand se manne
Wat dink julle van die griep inspuiting, help dit vir julle of is dit sommer tyd mors?
Wat dink julle van die griep inspuiting, help dit vir julle of is dit sommer tyd mors?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
M98mauser
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ja dit help keer nie noodwendig griep nie maar as jy dit kry is dit half minder erenstig, daar is te veel griepvirusse om n entstof vir al die strains te ontwikkel is onmoontlik.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ek is nie sommer goedgelowig nie, maar ek het 12 jaar laas griep gehad. Ek kry soms asma en griep is dus vir my 'n nagmerrie-ervaring. Weetnie of my jaarlikse April-griepinenting werk nie, maar ek sal aanhou daarmee 
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ek laat my ook spuit.Jy kry wel nog 'n ligte verkoue maar sover het ek nog nie weer griep gehad nie.
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ek bly baie ver weg van daai inspuitings. Die mense hier by die werk raak elke jaar meer en meer siek van die inspuitings. Een van ons executives was laasjaar n week en n half ini kooi na sy inspuiting.
knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Die vrou en kinders gaan elke jaar vir die inspuitings.
Ek bly weg. Ek het 3 jaar terug besluit om maar te kry...ek was siek vir n week.
Dit mag dalk anders wees vir elke ou, maar nee dankie.
Ek bly weg. Ek het 3 jaar terug besluit om maar te kry...ek was siek vir n week.
Dit mag dalk anders wees vir elke ou, maar nee dankie.
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 611
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Na n slegte longontsteking (10 dae in die hospitaal) het ek die longontsteking inspuiting al skreeuende gekry. 2 jaar later en nog nie weer longontsteking gekry nie
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 988
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.
Wel dit is my siening.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Griep inspuiting - help dit?
Hier is statistieke wat julle self maar kan ontleed en n opinie oor vorm:
By my besigheid werk daar 104 mense.Vir 2012 tot 2014 was die gemiddelde siekverlof 9.5 werksdae per werker per jaar. Hoofsaaklik griep.
In 2015 en 2016 het ek besluit om al die staff griepinspuiting te laat gee, natuurlik met hulle toestemming.So 80 mense het die opsie geneem vir inspuitings.
Gemiddelde siekdae het geval na 5.3 per werker per jaar. Hulle spuit weer more ons mense.

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Griep inspuiting - help dit?
Het vir 'n paar jaar die inspuiting elke jaar gekry en toe vir die laaste 2 jaar vergeet daarvan. As ek terugdink, het die griepinspuiting my nie gesond gehou nie, maar die simptome was beslis minder en korter. Meer soos verkoue as griep... Sal maar die jaar weer een gaan kry. Al is dit nou net die plasebo effek, help dit darem nog steeds! Man-griep is nie 'n man se maat nie....
My ma was nogal erg gesteld op daai inentings en ons het al ons sin tydig en stiptelik gekry by die staatskliniek. Dalk was ek gelukkig, maar ek is darem nou al vir 39 jaar hier en het nog nooit enige ernstige siekte gekry nie...Toyrsi wrote:Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.
Aim small, miss small
-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ek en vroulief neem nou al die inspuiting jaarliks vir die laaste 17 jaar of so.
Nog nooit weer siek in die bed gewees sedert daai eerste inspuiting nie...
Nog nooit weer siek in die bed gewees sedert daai eerste inspuiting nie...
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Griep inspuiting - help dit?
Vertel tog bietjie meer hieroor asb?Toyrsi wrote:Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Toyrsi, kan jy vir ons 'n "link" plaas waar om te lees of self bietjie meer uitwei oor wat in die spuit is?Toyrsi wrote:Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.
Dankie mater! Die vrou vat die inspuiting en kry skaars verkoue, ek vat hom nie, kry ook skaars verkoue. Hier tussen die wingerdboere is sinus ons grootste probleem!
Last edited by Johan7 on Mon Mar 27, 2017 1:22 pm, edited 2 times in total.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 988
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Pappabeer.
Die internet is vol inligting.
Hier is n paar.
Het al baie daaroor gelees.
https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... bs.1,d.d24
https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... bs.1,d.d24
Die internet is vol inligting.
Hier is n paar.
Het al baie daaroor gelees.
https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... bs.1,d.d24
https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... bs.1,d.d24
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Daar is sekere voorkonende geneesmiddels soos vir malaria waaroor ek erg skepties is, maar hierdie immuniserings is iets anders. Jy kan siek word agv die inspuiting, my jongste het pampoentjies gekry agv die inspuiting, maar my ervaring is dat die goed wel werk.Toyrsi wrote:Griep inspuitings en kinder immunisasie sal my familie nooit weer sien nie. Gaan lees bietjie watse gif in daai inspuiting is. Dit is net n geldmaak storie. Die selfde mense wat die spuit vervaardig is die mense wat weer medisyne aan jou verkoop as jy siek word.
Wel dit is my siening.
Mens moet ook nou hie die inspuiting vat en dink jy is bulletproof teen die virusse nie. Voorkoming is steeds die beste.
(Weet persoonlik van mense wat malaria profilakse gebruik het, maar dan met kortbroek, kaalvoet en t-hemp heel dag en nag rondloop en glo hulle sal nie malaria opdoen nie, het hulle toemso drie weke later in icu besoek)
Ek het ook nie 'n probleem dat die mense wat die immuniserings voorberei ook die medikasie vir na die tyd maak nie, dit is vir die mense wat nie die inspuitings gevat het nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Sjoe, dit maak 'n mens bekommerd! Ons weet almal hoe gevaarlik kwik is! Hoekom is hierdie dinge so - is die medici ons vriend of ons vyand? Wat moet 'n mens glo? Ek koop onlangs vir my 'n watersuiweraar want die ecoli is hoog hier by ons. Nee se my vriend, dis die verkeerdste ding wat ek kan doen, want ek drink nou "dooie water". Alle noodsaaklike elemente en minerale wat noodsaaklik is vir die liggaam is nou onttrek! Nou hoe nou? Elkeen dink ek maak maar sy mind op wat werk en laat waai. Sometimes what you gain here, you loose there. Altyd 'n moeilike keuse.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 988
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Giepie ek se nie alles is sleg nie maar asb lees eers bietjie op oor iets wat julle vir julle kinders wil laat inspuit. Ek het sommer net die 1ste 2 opsies gekies op Google en gepost. Hoop daar is darem bietjie inligting in.
Ons werk as ouers is om na ons kinder te kyk, dis hoekom ek eers bietjie navorsing doen oor sulke goed.
Dit is elke ou se eie besluit wat hy wil doen en ek het geen probleem met daai besluit nie.
Ek voel net anders oor dit.(gelukkig verskil mense, anders was dit n baie vervelige wereld gewees
.
Dankie
Ons werk as ouers is om na ons kinder te kyk, dis hoekom ek eers bietjie navorsing doen oor sulke goed.
Dit is elke ou se eie besluit wat hy wil doen en ek het geen probleem met daai besluit nie.
Ek voel net anders oor dit.(gelukkig verskil mense, anders was dit n baie vervelige wereld gewees
Dankie
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 988
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Johan7 daar is baie vrae wat ons nie antwoorde voor sal kry nie.
Daar is groot besighede agter elke produk wat ons koop.
Wees versigtig en lees voor jy iets doen.
Ek het ook n filter maar dit is nie n Reverse ormose masjien nie. Net n gewone Carba filter.
Vang die meeste slegte goed maar los al die ander elemente agter.
Mens weet ook nie meer wie om te glo nie en ek probeer maar my bes om die regte besluit te maak.
Daar is groot besighede agter elke produk wat ons koop.
Wees versigtig en lees voor jy iets doen.
Ek het ook n filter maar dit is nie n Reverse ormose masjien nie. Net n gewone Carba filter.
Vang die meeste slegte goed maar los al die ander elemente agter.
Mens weet ook nie meer wie om te glo nie en ek probeer maar my bes om die regte besluit te maak.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- .270 Man
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Wed Apr 29, 2015 2:18 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ek moet saam met ToyRSi stem , ek was al self erg siek as gevolg van die inspuiting.
Tot ons Dokter op die dorp sê dat, hy dit glad nooit weer sal gebruik nie as gevolg van dat hy ook baie siek geraak het.
Dog ek deel maar net.
Tot ons Dokter op die dorp sê dat, hy dit glad nooit weer sal gebruik nie as gevolg van dat hy ook baie siek geraak het.
Dog ek deel maar net.
.270 Sako with K98 action
carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus

carl Zeiss
RPR 6mm Creedmoor
Leupold LRP
.308 Musgrave met swarovski Z5
.38 special Taurus
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ek glo dat hulle die medici vriend wil wees en die beste wil doen. Hulle werk ongelukkig ook maar met wat hulle geleer word, sommige maak wel met verloop van tyd aanpassings.Johan7 wrote:Sjoe, dit maak 'n mens bekommerd! Ons weet almal hoe gevaarlik kwik is! Hoekom is hierdie dinge so - is die medici ons vriend of ons vyand? Wat moet 'n mens glo? Ek koop onlangs vir my 'n watersuiweraar want die ecoli is hoog hier by ons. Nee se my vriend, dis die verkeerdste ding wat ek kan doen, want ek drink nou "dooie water". Alle noodsaaklike elemente en minerale wat noodsaaklik is vir die liggaam is nou onttrek! Nou hoe nou? Elkeen dink ek maak maar sy mind op wat werk en laat waai. Sometimes what you gain here, you loose there. Altyd 'n moeilike keuse.
Hulle sit ook in 'n situasie dat hulle ook soms teen hulle eie voor- en afkeure moet voorskryf. As hulle immunisering afkeur en die pasient word siek, veral as die pasient sou sterf weens siekte wat dalk, moontlik, gekeer kon wees deur immunisering, kan hulle aangekla word en geskrap word van die rol. (Uiterste situasie ek weet) Hulle moet tog hulleself ook beskerm. 'n Huisarts wat baie toer het vir my die situasie verduidelik.
Ek was/is 'n toergids wat mense malaria gebiede toe geneem het. Ekself verkies om nie profilakse te gebruik nie en eerder probeer voorkom om gesteek te word, maar ek moes volgens gedragskode die gebruik van profilakse aanbeveel. Dit was dan in die toeriste se hande wat hulle gaan doen. Ek kyk wel na die nuutste navorsing en produkte op die mark en skryf dit nie af net omdat die Darachlor wat ons destyds in die weermag nie gewerk het nie. Mens moet ook oopkop bly en bereid wees om aanpassings te maak.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ek ken nou nie griep inspuitings en verkoue inspuitings ens nie maar ons jongste seun het altyd baie vinnig siek geword. As daar iets in die lug was het hy dit gekry en dan skiet sy koors die hoogte in en kry hy koorstype. Een van die dokters het gese ons moet hom ook een of ander inspuiting gee om te help dat hy nie siek word nie maar toe ons met on pediater daaroor praat het hy gese dit is ons keuse maar hy sou ons afraai.
Blykbaar was die spesifieke inspuiting 'n bloed produk en is daar allerande risiko's aand verbonde. Ek glo dit is nou nie heeltemal dieselfde as 'n griep inspuiting nie, maar nou ja.
Blykbaar was die spesifieke inspuiting 'n bloed produk en is daar allerande risiko's aand verbonde. Ek glo dit is nou nie heeltemal dieselfde as 'n griep inspuiting nie, maar nou ja.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Julle klomp in Kathu het dit nie nodig nie, die virusse sien nie kans om sover te gaan nie en daar is te veel yster.
Op ernstiger noot, die omstandighede van waar jy is en wat jy doen speel 'n groot rol. Ons kan nie Kathu en Johannesburg oor dieselfde kam skeer nie. Die water daar en elders is bv verskillend. Sekere plekke, soos langs Victoria meer, kan jy weet jy sal siek word as jy dit net so gebruik. Ons as gesin is baie gesonder vandat ons in Centurion 'n suiweringstelsel begin gebruik het. Op ander plekke sal ek verkies om "ongesuiwerde" water te gebruik. Ek verkies om rou melk te gebruik van die melkery wat ek weet skoon is. Ander plekke sal ek gepasteuriseerd verkies.
Belangrik ook voor jy gaan vir immunisasie, sorg dat jy gesond is. Gebruik sommer ekstra vitamienes voor en na die tyd om jou gestel op te bou, sonder om die immuniseringsinhoud tee te werk.
Op ernstiger noot, die omstandighede van waar jy is en wat jy doen speel 'n groot rol. Ons kan nie Kathu en Johannesburg oor dieselfde kam skeer nie. Die water daar en elders is bv verskillend. Sekere plekke, soos langs Victoria meer, kan jy weet jy sal siek word as jy dit net so gebruik. Ons as gesin is baie gesonder vandat ons in Centurion 'n suiweringstelsel begin gebruik het. Op ander plekke sal ek verkies om "ongesuiwerde" water te gebruik. Ek verkies om rou melk te gebruik van die melkery wat ek weet skoon is. Ander plekke sal ek gepasteuriseerd verkies.
Belangrik ook voor jy gaan vir immunisasie, sorg dat jy gesond is. Gebruik sommer ekstra vitamienes voor en na die tyd om jou gestel op te bou, sonder om die immuniseringsinhoud tee te werk.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Jip, ek weet baie mense en duisende rande is op die spel. Ek het self 'n 15 maande oue laaitie wat kort-kort vir inentings moet gaan. In 'n paar gevalle (dalk als) is dit nie wet dat sekere inentings gedoen moet word nie? Ek dink dis goed om die dinge te bevraagteken, en as dit nie wet is nie, gaan ek meer navorsing doen oor die goed. Tans is dit die vrou se afdeling, maar dan gaan ek meer ingryp.
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ek hoor jou Hein, ons was met beide ons kinders al raadop. Ons was naderhand by 'n ander pediater wat absoluut teenoorgestelde behandeling en raad gegee het. Ons was naderhand by 'n homeopaat uit radeloosheid, wat 'n groot positiewe verskil gemaak het.Hein22 wrote:Ek ken nou nie griep inspuitings en verkoue inspuitings ens nie maar ons jongste seun het altyd baie vinnig siek geword. As daar iets in die lug was het hy dit gekry en dan skiet sy koors die hoogte in en kry hy koorstype. Een van die dokters het gese ons moet hom ook een of ander inspuiting gee om te help dat hy nie siek word nie maar toe ons met on pediater daaroor praat het hy gese dit is ons keuse maar hy sou ons afraai.
Blykbaar was die spesifieke inspuiting 'n bloed produk en is daar allerande risiko's aand verbonde. Ek glo dit is nou nie heeltemal dieselfde as 'n griep inspuiting nie, maar nou ja.
Jammer vir dokters wat dalk hier lees. Ek het GROOT respek en waardering, maar een het self erken dat hulle eintlik maar ingeligte raaiskote vat. Almal doen dit maar, nie net dokters nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Griep inspuiting - help dit?
Ek skryf nou te veel, jammer. Maar ek het in graad 2 my beste maatjie verloor aan witseerkeel omdat hy nie die immunisering gekry het nie. Dit is julle besluit, maar ook die verantwoordeliheid vir die nagevolge.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.