Krimpvarkies

JohannPotgieter
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Fri Nov 20, 2015 10:03 pm

Re: Krimpvarkies

Post by JohannPotgieter »

dag almal wil net se vir Taffie ek is well hier van SWA en hier in die noorde het ek ook laas een van hierdie wonderlike diertjies gesien seker in 1995. sal ek ooit een herken as ek weer een tee kom?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Krimpvarkies

Post by Cobus(Cobb) »

Gisteraand een gekry, tussen Sasolburg en Parys, so 2-3km van die Vaalrivier af.
Oom Tripod kan dalk die fotos laai.

.Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
BansheeZA
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Mon May 05, 2014 9:50 pm

Re: Krimpvarkies

Post by BansheeZA »

Ek self het een gehad wat ek 6 jaar terug uit n swembad in Stilfontein gered het. Hy was so half gegroei al en baie maer toe ek hom kry en het hom meer as 2 jaar gehad. Was hy nou vir jou n kwaai babatjie in die begin... Het hom binne so 3 maande heel mak gekry en hy was die liefdevolste dingetjie. Hy is huidiglik by n vriendin in JHB want ek moes hom skuif toe my laaitie begin loop en stront aanjaag het en was so bang hy maak hom seer. sover ek weet is hy nog vol lewe en gesond sonder enige probleme. Moet biekie uitfind of daar al n wyfie of so al by hom was.
papa beer
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Mon Mar 27, 2017 11:38 am

Re: Krimpvarkies

Post by papa beer »

Het in die 1970s altyd by my Oupahulle in Frankfort soggens krimpvarkies uit die moterhek se gat gaan uithaal. Gewoonlik so 2-3 n week. Ek weet nie of dit dieselfde een is wat ek oor en oor gekry het nie. Het wel eenkeer 2 saam gekry. Weet nie of daar nog is nie, kom nie meer daar. Hoop nie hul sterf uit nie want hulle is regtig ougat. Iemand moet bitjie navorsing doen.
User avatar
HunterB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm

Re: Krimpvarkies

Post by HunterB »

Ons is op Frankfort en boer naby Tweeling, het self altyd die krimpvarkies so in die moterhek gekry, soms sommer so 2 of 3... Het so tyd gelede vir my pa gese dit is vreemd hoe min mens hulle nou kry, kry hulle darm nog so van tyd tot tyd as ons jag in die aande. Maar ek weet ons mede landsburgers glo mos in die goed, dit het glo baie voordele as jy die pote in jou huis het.

Het in die week n skilpad gekry by een werker se huis, gat in sy dop gemaak en n draad vas gemaak met ketting...
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
Post Reply