SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Geno »

Gromit wrote:Daardie is boesman tekeninge in die Leliekloof by Burgersdorp in Ooskaap. Hulle is nie uit n tannie se voortuin gesteel nie.

Biker hier op die forum se plaas, Leliekloof?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Frikkie Coetzee »

Ek dink dit is dieselfde Kloof maar dalk nie op sy plaas nie. Daai kloof is groot.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Gawie(13mm) »

Julle manne is nou net moedswillig of lees soos julle se gatte. >:D

Dit is hoekom manne mekaar se strotte wil uitruk en vir mekaar voer.

Die konteks: Eugene plaas 'n foto van smartie elande wat moontlik kan dui op kleurvariante uit die steen tydperk. Of die Boesman inkleur in graad twee gedop het sal ons nou nie weet nie.

Koos maak 'n opmerking oor geleerde mense wat soms die kat aan die kn@ters beet het omrede hul verplig voel om hul geleerde mening te gee. Reg of verkeerd.

Baasvark beaam dit.

Baasspeuder Geno identifiseer die tekening en "geotag" dit sommer vir ons.

Grommit verskil met Geno, maar stem ook met hom saam. ;D

Nou waar staan dit geskrywe dat die tekeninge wat Eugene geplaas het uit 'n vrou se tuin gekom het? Dit is wat gebeur as plasings geskaak word.

Sies man, ek kyk op na julle en dan moet ek my vir jul skaam. :-[

Lees ek verkeerd of mis ek iets?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Eugene »

Voor die argument begin skuif na die etiek van teken op jou tuinklippe, wil ek net bitter graag noem dat Gromit die tekening vir my aangestuur het en dat ek dit hier geplaas het. Oor die oorsprong van die tekening weet ek niks. Of daar in die steentydperk gekleurde bokke was, weet ek nog minder. Ek het eintlik half tong-in-die-kies die foto geplaas, maar die gemoedere hier loop klaarblyklik nog te hoog vir grappies...... :P
Aim small, miss small
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Koos Barnard »

Jis ja, dit lyk my so Eugene. My opmerking was ook so bedoel. Ek trek nie die oorsprong van die tekening in twyfel nie, net 'n grap gemaak. Terloops die universiteit het ook die carbon dating-metode gebruik. Gawie ek dink nie dis so ernstig nie, ontspan maar.
Mooi loop
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Gawie(13mm) »

Manne, ek is heel ontspanne soos ek met my voete op my lessenaar sit en julle weet almal dat ek hou daarvan om 'n kaart te skiet, maar as iemand nuut is op die forum en die draad tot nou gevolg het en die laaste paar plasings lees, sou hy dink jul soek mekaar. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Baasvark »

Koos Barnard wrote:Jis ja, dit lyk my so Eugene. My opmerking was ook so bedoel. Ek trek nie die oorsprong van die tekening in twyfel nie, net 'n grap gemaak. Terloops die universiteit het ook die carbon dating-metode gebruik. Gawie ek dink nie dis so ernstig nie, ontspan maar.
Mooi loop
Toemaar, ek het dit ook so verstaan :laugh:
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Eugene »

Koos Barnard wrote:Jis ja, dit lyk my so Eugene. My opmerking was ook so bedoel. Ek trek nie die oorsprong van die tekening in twyfel nie, net 'n grap gemaak. Terloops die universiteit het ook die carbon dating-metode gebruik. Gawie ek dink nie dis so ernstig nie, ontspan maar.
Mooi loop
++>: ++>: ++>: Hier is dit soms beter om die wit vlag te hys, voor die skote val....

Jy weet Oom Koos, hier bo is al die bewering gemaak dat iemand nie sy lewe met woorde maak nie. Nou dit kan nou op jou of op my gemik wees. Jy gebruik darem nog gekleurde woorde in die tydskrif, ek meer net swart woorde om grys areas te soek.... >:D >:D >:D
Aim small, miss small
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Fritz »

Miskien is ek bietjie laat. Maar ek wil ook 'n opmerking maak. Ek wil ook net beaam dat Chris se boodskap baie deeglik opgesom is, en ek kan regtig niks wegvat of byvoeg wat hy geskryf het nie. Ek volg ook die draad en is beide trots en soms bietjie skaam oor die manier wat ons met mekaar werk. Maar daar gelaat..

Self is ek nie betrokke by wild telery nie, maar ek bly 'n belanghebbende, want ons almal is. En boonop gaan ek oor 'n paar jaar moet boer op 'n plaas wat ek erf (lucky me :) ). Die plaas is geskik vir die intensiewe teel van wild (met die nodige kennis natuurlik). So ek gaan moontlik self voor daardie besluit kom (dit is natuurlik nou as die "bedryf" nog nie sy agterent gesien het nie).

Dit wat ek wil skryf is nou nie so mooi gestruktureerd soos baie van julle manne s'n nie. Dit wat ek wil skryf en my redenasie is regtig meer op die vlak van 'n std. 3 leerling, maar soms kyk ons bo-oor die eenvoudige goed. Dit handel nie oor SAJWV en staat se ingryping nie, en is nou wel so klein bietjie van topic af. Maar ek weet nie waar anders om dit te plaas nie. Dit gaan vir my spesifiek oor die snaakse kleur variasies. Ek dink nie ek het meer so verskriklike groot probleem met "teel" vir beter genetika of horinglengtes nie, maar dit hang ook af op watter manier dit geskied. Die wild telers en kenners het my baie goed geleer op die draad waarvan ek voorheen onbewus was.

Soos my vorige deurmekaar vraag gelui het, worstel ek baie oor wat ons as mense vir ons medemens bydra deur ons daaglikse werk. M.A.W wat dra jy by tot die samelewing? Waartoe lei die energie wat die Here vir jou gegee het? Hoe wend jy jou dryfkrag en talente aan? Wat is die eindproduk van jou handewerk??? Dit is my siening (en almal mag dalk nie met my saamstem nie) dat 99% van werke of professies 'n definitiewe eindproduk/diens oplewer waarby die samelewing baat. En mense het respek vir iemand wat hard werk en sy bydra lewer, en mens voel dat die man sy geld verdien.

Ek gaan nou regtig nie almal opnoem nie, die boer, prokureur, onderwyser, makelaar, polisieman, verkoopsman (smous), sakeman, joernalis, rugbyspeler en akteur (selfde kategorie >:D ), dokter, die ou wat vrugte op die straathoek verkoop. Almal dra by op een of ander manier. Vat maar so minuut om oor dit te dink.

Nou kom ons by die ou wat boer met wild. Hoe dra hy by? Sjoe, julle sal my moet help want ek weet die lys is lank en ek kan nie alles opsê nie (ons is in die std.3 klas onthou :) ).
- Die wildsboer (saammet die jagter as verbruiker) het gesorg dat vele boksoorte gered is van uitsterwe. Ons almal ken die suksesverhale.
- Die getalle van algemene wild is meer as 50 jaar terug te danke aan die boer.
- Binnedrade van makvee plase is verwyder om groot "corridors" te skep waar ons natuurlike fona en flora kan voortbestaan. Die eindgebruiker is in so geval ons nageslag.
- Dewald het genoem hoe sy pa en Mr. Kriek groot getalle skaarser wild help vestig het in baie nationale parke. En dit is net een van vele sulke stories.
- Ek is seker die inteel van nuwe gene in 'n populasie van 'n spesie dra by tot die algemene genetiese welstand van daardie wildsoort in ons land?
- Die biltongjagter baat natuurlik. Hy kan sy passie uitleef in die natuur saammet sy familie en die wildsvleis geniet.
- Trofeë jagters van regoor die wêreld kan hul drome uitleef, en boonop bring dit baie geld van die buiteland in en stimuleer ook toerisme in ons land. Die boer wat homself hierop toespits gaan verseker gereeld beter gene inbring, of selfs nuwe boksoorte vestig om by die aanvraag te hou.

Ek is seker daar kan nog tien punte opgenoem word, maar elke punt hier is al klaar genoeg op sy eie. Niemand kan die wildboer ontken van sy bydra tot hierdie land se welstand nie.

Die ding waaroor ek egter worstel is hierdie sogenaamde smartie bokke waarvan julle praat. Op watter wyse help spesifiek daardie bedryf die samelewing?

Werk daardie boer hard? Verseker
Is dit winsgewend? Verseker
Skep hy werk? Ja natuurlik is dit 'n spinoff
Help hy sy medemens op 'n volhoubare manier? Ek kan dit net eenvoudig nie insien nie.

Ek weet hierdie was net 'n baie lang manier om te sê: Daar is geen eindverbruiker nie. Maar ten minste kan ek sê ek het oor dit gedink. So miskien is daar 'n gevoel van die algemene Suid-Afrikaner dat hy respek verloor het vir sekere wildboere, wat nie meer hard werk om die land 'n beter plek te maak nie, maar net hard werk om geld te maak deur 'n baie duur spelletjie te speel met sy tjommies.

Mense, ek verkondig nie my opinie as die absolute waarheid nie. Dit is maar net 'n punt wat ek wou uitlig benewens al die meer feitlike en wetenskaplike besware wat teen die bedryf gerig is.

Nou toe. Ek wag in spanning vir die swaap wat gaan vra of std. 3 vir my baie moeilik was ;D
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Frikkie Coetzee »

Gawie(13mm) wrote:Julle manne is nou net moedswillig of lees soos julle se gatte. >:D

Dit is hoekom manne mekaar se strotte wil uitruk en vir mekaar voer.

Die konteks: Eugene plaas 'n foto van smartie elande wat moontlik kan dui op kleurvariante uit die steen tydperk. Of die Boesman inkleur in graad twee gedop het sal ons nou nie weet nie.

Koos maak 'n opmerking oor geleerde mense wat soms die kat aan die kn@ters beet het omrede hul verplig voel om hul geleerde mening te gee. Reg of verkeerd.

Baasvark beaam dit.

Baasspeuder Geno identifiseer die tekening en "geotag" dit sommer vir ons.

Grommit verskil met Geno, maar stem ook met hom saam. ;D

Nou waar staan dit geskrywe dat die tekeninge wat Eugene geplaas het uit 'n vrou se tuin gekom het? Dit is wat gebeur as plasings geskaak word.

Sies man, ek kyk op na julle en dan moet ek my vir jul skaam. :-[

Lees ek verkeerd of mis ek iets?
Net ter inligting. Ek het daai foto geneem. Ek het nie met Geno gestry nie. Lees mooi. Ek se ek is onseker of dit Biker se plaas is. Eugene het die foto by my gekry
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Baasvark »

Gromit jy lees verkeerd.
Koos het tong in die kies 'n opmerking gemaak. Ek het (ook grappend) 'n tweede voorbeeld gegee.
Dis ligsinnig en geensins op iemand gemik nie.
Wees rustig. :)
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by wlm »

Van die manne op die draad dra rooi hemde sodat niemand die bloed kan sien nie. Ek dra om 'n soortgelyke rede 'n bruin broek. ;D
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Frikkie Coetzee »

Baasvark. Ek het hom so.
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Tarzan »

Fritz Hagen wrote: Ek weet hierdie was net 'n baie lang manier om te sê: Daar is geen eindverbruiker nie. Maar ten minste kan ek sê ek het oor dit gedink. So miskien is daar 'n gevoel van die algemene Suid-Afrikaner dat hy respek verloor het vir sekere wildboere, wat nie meer hard werk om die land 'n beter plek te maak nie, maar net hard werk om geld te maak deur 'n baie duur spelletjie te speel met sy tjommies.
Nou toe. Ek wag in spanning vir die swaap wat gaan vra of std. 3 vir my baie moeilik was ;D
Frith, ek het op m stadium gedink jy praat sense maar helaas, die stad 3 het deur geslaan! Jou laaste gedeelte van jou poste is beledigend teenoor kleurvariant boere om die minste te sê! Terwyl jy jou grond gaan erf het ek myne gekoop, met geld waarvoor ek hard gewerk het. Moet net nie 'n hippokraat wees en kleurvariasies teel sodra jy jou plaas het en sien jou jagplaas en skapies cover net nie die kostes nie
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Baasvark »

Gromit wrote:Baasvark. Ek het hom so.
ok :laugh: :laugh: :laugh:
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
stephan2
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Mon Oct 10, 2011 9:39 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by stephan2 »

Tarzan
Stem 100%
Enige ou met n besigheid in die stad kan met n ekstra vertakking baie geld maak.
Nou hoekom moet ek as boer op n R20 mil plaas sit en wonder of ek n nuwe bakkie kan koop dis droogte .
Maar as jy by durbanville skietbaan staan is die halfmiljoen tjorre baie.
Ek glo die ding sal hom self uitsorteer.
Kyk na die dorper skaap bedryf dis niks snaaks meer as n teller n kwart miljoen kry vir n ram nie.
hoe maak dit sin en dra by tot voedsel sekerheid nooit kan dit.
So ek sal maar my jakkalse skiet en kyk hoe die manne geld rond gooi en hoop eendag sal ek ok instaat wees om geld rond te gooi.( As dit droog is klim die voerprys lekkerman)
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Fritz »

Tarzan, dit was regtig nie my bedoeling om enigiemand in persoon te beledig nie. As dit so oorgekom het, vra ek omverskoning. En ek skryf nie vir enigiemand voor wat hy moet doen nie. Jy moet net asb ook weet dat ek geregtig is op my opinie oor wat bydra tot die sameleweing en wat nie. Ek is bly jy was in staat om jou eie plaas te koop, dit wil gedoen wees. Ek sal nooit vir my eie plaas kan betaal nie, so ek is maar net te dankbaar. Ek verdien dit verseker nie.

Dis maar 'n moeilike besluit die kleurvariant storie. Ek het simpatie met ouens soos Frikkie wie se gewone trop gemsbokke sommer spontaan goue kalwe oplewer. Sal ek die geld gevat het? Ja seker, ek weet nie. Jy moet ook net onthou, wat vir een ou reg en eties is, sal nie noodwendig vir die volgende ou reg wees nie.

Tarzan. Dalk wou ek net bietjie delf in die psige van die anti-bontbok aktivis. Hulle word beskuldig dat hulle net jaloers is en nie die son oor sy broer wil laat skyn nie, maar daai gevoelens kom dalk van 'n tekort aan respek soos ek verduidelik het. Ek dink jy moet dit meer sien as 'n analise. En enige analise kan heeltemal verkeerd wees as die aannames ook verkeerd is.

As jy nou nog al die slegte dele van my skrywe gaan quote, gaan voort. Ek gaan soos Eugene voorgestel het maar die wit vlaggie waai.
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Tarzan »

Fritz Hagen wrote:Tarzan, dit was regtig nie my bedoeling om enigiemand in persoon te beledig nie. As dit so oorgekom het, vra ek omverskoning. En ek skryf nie vir enigiemand voor wat hy moet doen nie. Jy moet net asb ook weet dat ek geregtig is op my opinie oor wat bydra tot die sameleweing en wat nie. Ek is bly jy was in staat om jou eie plaas te koop, dit wil gedoen wees. Ek sal nooit vir my eie plaas kan betaal nie, so ek is maar net te dankbaar. Ek verdien dit verseker nie.

Dis maar 'n moeilike besluit die kleurvariant storie. Ek het simpatie met ouens soos Frikkie wie se gewone trop gemsbokke sommer spontaan goue kalwe oplewer. Sal ek die geld gevat het? Ja seker, ek weet nie. Jy moet ook net onthou, wat vir een ou reg en eties is, sal nie noodwendig vir die volgende ou reg wees nie.

Tarzan. Dalk wou ek net bietjie delf in die psige van die anti-bontbok aktivis. Hulle word beskuldig dat hulle net jaloers is en nie die son oor sy broer wil laat skyn nie, maar daai gevoelens kom dalk van 'n tekort aan respek soos ek verduidelik het. Ek dink jy moet dit meer sien as 'n analise. En enige analise kan heeltemal verkeerd wees as die aannames ook verkeerd is.

As jy nou nog al die slegte dele van my skrywe gaan quote, gaan voort. Ek gaan soos Eugene voorgestel het maar die wit vlaggie waai.
Frits, ek het net jou laaste gedeelte gequote, want dit is waar jy begin beledigend en verkleinerend raak het. Die res van jou post kan ek as jou opinie sien en respekteer.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Fritz »

Tarzan wrote:

Fritz Hagen wrote:
Manne, ek verkondig nie my opinie as die absolute waarheid nie. Dit is maar net 'n punt wat ek wou uitlig benewens al die meer feitlike en wetenskaplike besware wat teen die bedryf gerig is.
Tarxan dit lyk vir my dat wild teel is nie die enigste ding wat jy selektief doen nie ;D (daai was 'n grappie jy kan maar glimlag hoor ;) )

OK, jy wen. Ek sal toegee dat ek miskien my woorde beter moes gekies het, sodat dit nie so neerhalend teenoor ander mense is nie. Die probleem is egter dat my opinie dieselfde bly, en maak nou nie saak hoe ek dit sê nie, jy gaan nie daarvan hou nie. Om met wild allerhande snaakse kleure te teel en geld daaruit te maak is nie 'n "regte werk" nie. Regte werke dra by tot die samelewing. Alles is ook nie swart oof wit nie, reg of verkeerd nie. Ek sê nie die boer wat so bietjie ekstra geldjies aan die kant probeer maak is 'n sleg mens nie, en dat hy mammon aanbid nie. Ons is almal immers sondig en skiet vêr te kort om onsself te red.

Daar is 'n sekere geloof in ons wêreld vandag wat ek haat. As ek myself gaan uitspreek teenoor dit, maak nou nie saak hoe mooi ek dit probeer doen nie, gaan ek beskuldig word daarvan dat ek beledigend is.

Give it a rest now...
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Cobus(Cobb) »

;D As jy mooi na daai klipskilder "info grafic" kyk, en jy neem die kop se form en ontwikkeling in ag, maar jy neem die feit dat die artiste dalk 'n voet en mond skilder was buite berekening, kan jy 'n goeie argument maak vir dinasarusse, as jy natuurlik Argon dating gebruik wat 'n knippie meer betroubaar is as carbon dating, waarvan die karakter wat dit uitgedink het, erken het dis maar baie onakuraat... ;D ;D ;D

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Eugene »

Fritz, kies jou battles pella! Na 130 posts is almal wat al na 'n jaggeweer gekyk het, beledig en sleggesê. Selfs erfgename is nie ontsien nie. Geen vrae is beantwoord nie, maar daai een sinnetjie van jou word uitgelig asof dit 'n gelaaide geweer is wat op wildsboere gerig is....
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Jean Marais »

En so neuk ons aan... :-[ :'(

Feit is, die kleurvariasies, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, bly FRATSE. In dieselfde asem wil ek dan sommer sê/vra: Wonder wat die waarde van 'n "Siamese" rooibok/sprinkbok wat ook al sal wees? Sal dit ook nou "geteel" word omdat dit so raar is, of sal daar 'n internasionale raad van Veeartse bymekaar kom, om te probeer kyk of die tweetjies lewensvatbaar geskei kan word? Wonder of die jagter vir 1 of 2 bokke sal moet betaal, hulle's dan "1"? Wonder of ek eendag in prentjieboeke en ou jagtydskifte aan my kleinkinders sal moet wys hoe 'n oorspronklike koedoe, rooibok, blesbok ens ens nou eintlik gelyk het?

Frits is reg, Daar is geen "eindverbruiker" nie, want geen regdenkende jagter sal teen daardie pryse 'n vleisie op die tafel kan sit nie. Die huidige en enigste sogenaamde eindverbruiker is net die telers/nuwe toetreders onder mekaar. Is dit "biodivers", wetenskaplik en ten behoue van die spesie? Nee, in my opinie is dit 'n "verfratsing" van die natuur, wat onder die voorwendsel van "wetenskaplik tewerk gaan" weggsteek word. 'n 1974 Volkswagen Beatle sal nooit 'n 2015 Porche Carrera GT word nie. >:(
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Baie is al hier gese en n mens glo die meeste lede het nou al hulle se gese wat hier betrokke is. Natuurlik is almal nog meer as welkom om iets by te voeg indien hy so goed dink. Ons vra net van Jaracal se kant af dat ieder en elk dit hier met die nodige respek teenoor mekaar sal doen en dat almal darem die voordeel van die twyfel vir mekaar sal gun alvorens daar kommentaar gelewer op skrywes. Die ou gesegte van plaas jouself in die ander man se skoene is n baie gepaste se-ding in die geval. Kom ons respekteer ook die onderwerp aangesien dit wel n ontsaglike ingewikkelde mulifaset een is wat verseker ons almal in die bedryf raak.

Groetnis
Wouter
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Baasvark »

Wouter Roets wrote:Hallo Manne

Baie is al hier gese en n mens glo die meeste lede het nou al hulle se gese wat hier betrokke is. Natuurlik is almal nog meer as welkom om iets by te voeg indien hy so goed dink. Ons vra net van Jaracal se kant af dat ieder en elk dit hier met die nodige respek teenoor mekaar sal doen en dat almal darem die voordeel van die twyfel vir mekaar sal gun alvorens daar kommentaar gelewer op skrywes. Die ou gesegte van plaas jouself in die ander man se skoene is n baie gepaste se-ding in die geval. Kom ons respekteer ook die onderwerp aangesien dit wel n ontsaglike ingewikkelde mulifaset een is wat verseker ons almal in die bedryf raak.

Groetnis
Wouter
+1!!!!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: SAJWV wil kommersieele wild telers voorskryf.

Post by Geno »

03 March 2015

To:
Minister of Environmental Affairs: Ms Bomo Edna Molewa

Cc:
Deputy Minister of Environmental Affairs: Ms Barbara Thomson
Director-General of Environmental Affairs: Ms Nosipho Ngcaba
Chief Directorate – Biodiversity Economy and Sustainable Use: Dr Moscow Marumo

Dear Minister Molewa,

RE: ATTACKS ON WILDLIFE RANCHING

I, all my colleagues at WRSA, and I am sure the great majority of game ranchers are deeply disturbed (as I am sure you are) by the unprecedented attack orchestrated by a few individuals with an agenda that I cannot understand. This has culminated in media hype that totally distorts the facts and which is aimed at discrediting wildlife ranching – the pride of true conservationists in South Africa.

Many totally unfounded allegations not based on fact or science are made by these individuals and the organisations they lead. Most are so nonsensical that they do not require any riposte.

The one area I believe WRSA needs to focus on is providing science and fact on the so-called ‘inbreeding’ of buffalo as well as sable and colour variants. Some time ago, WRSA recognised the need and devised a programme of scientific research looking into the ‘relatedness’ of animals in and between our wildlife ranching herds, in some instances comparing them with those of herds in the parks. You will appreciate that such scientific research and work takes a long time but I am pleased to say that we will, proactively, have the first report/paper available to provide to you and your staff for evaluation by the end of March 2015.

Part of this first project, at the expense of WRSA, is to use the world’s leading genetic statistician to bring his expertise and experience to SA and to train eight of our local scientists, post-graduate students and technicians in this technique and its interpretations. This training was arranged some time ago for late March 2015. These trained individuals will then be able to take the planned programme further over the next year or two with similar projects on sable antelope, roan and the golden gnu.

The second area of focus for WRSA is the finalisation of a “Code of Best Practice: Wildlife Breeding”. This will be added to our WRSA Constitution and Code of Conduct. In this way, we will be able to take action against defaulters by expelling them from the Association. Of course, if obtaining a permit to be a wildlife rancher were to be conditional on being a member of WRSA, then we would be in a position to really act strongly against any defaulters and, in so doing, rid our industry of any possible defaulters.

Finally – and most definitely not because we accept that the animals in the hands of private game ranchers are in any way inferior – we at WRSA point out that we do not wish to lose any of the animals that are so very valuable to us. Accordingly, we have very secure fencing to keep them confined to our private ranches. Further, we undertake to ensure that none of the animals under discussion reach ‘the wild (in the South African context, the national and provincial parks) without the necessary risk analyses.

I trust, Minister, that WRSA’s proactive research and other actions taken will serve us both well in terms of placing this criticism into perspective.

Yours sincerely

Dr Peter Oberem
President: WRSA
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply