280 Ackley punt en kruit keuse
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
Node 5 58.4gr = 2830vps Druk 53K psi
Spoed kan hoër wees weens beter ontbranding by groter druk. Hopelik is ES ook laer.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
ajs14
- Newbie

- Posts: 42
- Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
Baie dankie, waardeer dit opreg!
Die ES kan seker ook wees a.g.v die feit dat ek 'n paar keer skoongemaak het tussen in.
Ek het die loop nou na die 20 skote ook behoorlik skoongemaak so ek gaan seker 5-10 foulers moet skiet voor ek die ladeer begin.
Weet nie of ek reg redeneer nie maar dalk moet ek op 56gr begin en in 0.3gr (kan seker 0.4gr ook) inkremente werk tot op 60gr (of tot wanneer ek druk sien). QL is uiteraard uitstekend maar ek hou daarvan om altyd 'n ladder "deur" nodes te skiet en self so ook te bevestig (dit is maar net hoe ek my proses uitgewerk het).
Dalk so iets:
56.00
56.30
56.60
56.90
57.20
57.50
57.80
58.10
58.40
58.70
59.00
59.30
59.60
59.90
60.20
Nogmaals dankie.

As jy nie omgee om so baie komponente uit te skiet nie is dit jou keuse oor die inkremente. Met al my berekeninge wat ek al gedoen het, het ek baie vertroue in QL. Ek het ook nie altyd die tyd om so baie skote te skiet nie. Omdat die groter kalibers se spoed gewoonlik met so 50vps per grein verander is 1gr inkremente voldoende vir QL om die beste lading te soek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
ajs14
- Newbie

- Posts: 42
- Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
Nee ek verstaan heeltemal, dankie. Trek geensins QL in twyfel nie. Dalk is ek maar net bietjie te “OCD” en wil nie aan my proses verander nie. Dit is onnodige rondtes om uit te skiet seker maar dit gee my ook nog bietjie oefening met die nuwe roer.
Ek gaan laai en ladder skiet dan gee ek weer terugvoer, baie dankie. Ek sal dan hopenlik volgende naweek ‘n paar 5-skoot groeperings gaan skiet met 58.4gr en wat QL addisioneel verfyn met die inligting van die ladder toets môre.
Ek gaan laai en ladder skiet dan gee ek weer terugvoer, baie dankie. Ek sal dan hopenlik volgende naweek ‘n paar 5-skoot groeperings gaan skiet met 58.4gr en wat QL addisioneel verfyn met die inligting van die ladder toets môre.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
100%. Met al daardie skote sal ons baie inligting kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
ajs14
- Newbie

- Posts: 42
- Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
Dagsê oom Tri en manne
Hoop julle het 'n lekker Sondag.
Dit was 'n interessante tyd op die baan. Die wind het vreeslik gewaai vanaf 11uur tot 1uur se rigting ("headwind" meestal) en ek moet my litte effe roer om nie deur die reën gevang te word nie. Ek gee die konteks want dit mag dalk gemaak het dat die skud nie op sy beste was nie. Dus weet ek nie lekker of die teiken 'n goeie/ooreenkomstige storie met die spoed lesings vertel nie maar ons het darem nou meer inligting. Die ladder was op 300m geskiet.
Ek is aangenaam verras met die spoed wat ek kon kry. Ek het gelaai tot op 60.5gr waar ek net oor die 2900fps kon kry sonder enige tekens van druk (geen stywe "bolt lift", geen "primer cratering", geen "flat spot" nie). Ek sal dus seker weer nog 'n mini ladder moet gaan laai om te kyk waar ek in druk in hardloop, ek sal dalk nog 3000fps kan haal. Dit gesê, ek is nie so erg gepla om spoed te jaag hier nie. Ek sal veel eerder 'n goeie en akkurate groepering, lae ES+SD verkies bo 'n ekstra 100fps (ek beplan om die geweer meestal te gebruik vir langafstand baan en kompetisies skiet).
Hier onder (en aangeheg) is die details van die ladder toets. Ek sal opinies oor waar ek moet gaan soek deur 'n paar 5-skoot groeperings te skiet waardeer asseblief.
Shot # Load (gr) Speed
1 56.0 2683
2 56.3 2714
3 56.6 2718
4 56.9 2712
5 57.2 2771
6 57.5 2781
7 57.8 2815
8 58.1 2758
9 58.4 2778
10 58.7 2818
11 59.0 2853
12 59.3 2864
13 59.6 2874
14 59.9 2925
15 60.2 2931
16 60.5 2911
Baie dankie!

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
Ek sou eksperimenteer met ladings tussen 58,7 en 59gr en kyk hoe maak hulle. My kalibrasie is op die 59gr lading gedoen.
Die 1/2 node na bo is naby 61gr, maar druk bereken as 62K psi, so ek sal dit nie aanbeveel nie. Spoed by 2860vps.
Die 1/2 node na bo is naby 61gr, maar druk bereken as 62K psi, so ek sal dit nie aanbeveel nie. Spoed by 2860vps.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
ajs14
- Newbie

- Posts: 42
- Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
Uitstekend, baie dankie. Ek sal volgende naweek gaan kyk wat maak hulle.
Lekker week!
Lekker week!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
AJS
Onthou tog net asb dat konvensionele druktekens telkemale awesig is by die Ackley weergawes. As jy nie druk sien nie beteken nie dit is nie daar nie.
Groetnis
Wouter
Onthou tog net asb dat konvensionele druktekens telkemale awesig is by die Ackley weergawes. As jy nie druk sien nie beteken nie dit is nie daar nie.
Groetnis
Wouter
-
ajs14
- Newbie

- Posts: 42
- Joined: Tue Mar 01, 2022 1:59 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
Dankie Wouter, nie dit geweet nie, hierdie is my eerste Ackley. Waardeer dat jy dit uitwys. Dan is dit maar beter om na die data / QL te luister reken ek.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 280 Ackley punt en kruit keuse
AJS
Daar is baie informasie hier op die forum oor Ackley's, so gebruik die soek funksie en lees lekker op daaroor. Meer as welkom om te vra sou iets onduidelik wees.
Ek maak gebruik van n verkorte of beter gestel n gekombineerde ladder metode. Ek kry my nodespoed en dan laai ek in inkremente om daai spoed(bo en onder) en skiet dan n mini ladder om te kyk hoe breed my nodeband is en waar hy werklik sit. Gewoonlik kies ek dan n die lading reg in die middel van daai nodeband. Jy kan dan verder gaan en met jou TPL korter speel as jy voel jy moet. Hierdie word ook breedvoerig bespreek onder die QL hofie.
O-ja en nog n ding, die meeste gewere se lope vat ook n ruk om te settle in spoed terme. Gewoonlik hier rondom 100 skote so hou dit maar ook ingedagte.