Page 2 of 2

Re: Understanding red dot and reflex sights for rifles

Posted: Fri Jul 09, 2021 8:56 pm
by DWB
Ek het erg astigmatisme en ek kom reg.

Re: Understanding red dot and reflex sights for rifles

Posted: Fri Jul 09, 2021 8:58 pm
by Lategan1
Turrets?

Ons almal se kykers verskil!

Re: Understanding red dot and reflex sights for rifles

Posted: Sat Jul 10, 2021 2:42 pm
by Marius@J
Die groot verskil tussen die tube en die reflex visiere is maar dat die tube tipe geseel is. So die dot word nie soveel beinvloed deur water of stof nie. Beide gebruik dieselfde tegnologie en beide is sensitief vir astigmatisme, anders as die prismas in 'n konvensionele teleskoop. Jy sal deur hom moet kyk om te sien of dit jou raak of nie. Baie mense besef eers hulle het astigmatisme as hulle deur 'n dot kyk.

Betroubaarheid kan in twee dele opgedeel word: Hoe hanteer hy die skop van die wapen, en hoe hanteer hy 'n eksterne skok soos om laat val te word. Trijicon is byvoorbeeld top klas wanneer dit by recoil kom, maar ek het al 'n paar SRO's gesien wat breek omdat ouens hulle pistole laat val het. Dan moet hulle teruggestuur word Amerika toe. Die RMR is baie meer betroubaarheid, maar sy skermpie is kleiner.

Ek het driehoeke op my pistool, IPSC geweer en carbine conversion. As ek mooi wil mik, gebruik ek die punt van die driehoek en as dit nader is sit ek net rooi op bruin en trek die sneller. Omdat die middel van die driehoek laer as die punt is, kompenseer dit ook tot 'n mate outomaties vir die trajek van die koeel. Ek is egter van die min ouens wat daarvan hou, en ek sien driehoeke word deur meeste vervaardigers uitfaseer.

Re: Understanding red dot and reflex sights for rifles

Posted: Wed Jul 14, 2021 4:26 pm
by Arnold
Sal hom binnekort gaan zero en kyk wat ek kan maak terwyl die kolletjie vir my soos n strepie lyk wat skitter Image
Image

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: Understanding red dot and reflex sights for rifles

Posted: Wed Jul 14, 2021 5:40 pm
by DWB
Arnold, ek het my kolle die week so gekyk na jy van die astigmatisme gepraat het, en tot die slotsom gekom dat ek mooi met 'n sterretjie mik :laugh:

Ek gebruik die Aimpoint Micro Zeroing Target op 50m.

Re: Understanding red dot and reflex sights for rifles

Posted: Tue Mar 08, 2022 8:14 pm
by Arnold
Ek weet nou nie of ek hierdie by jakkals jagters, semi-auto of reddots moet plaas nie?

Die woef het perongeluk verby gehardloop (seker omdat hy nog onkundig was) terwyl ek rustig in die veld ry ... die AR was op die agtersitplek en ek het net kans gekry om uit te klim, op die agterdeur se sidestep te gaan staan en oor die dak aan te lĂȘ.

Skoot was iewers tussen 80 en 120m maar ek kan eintlik nie onthou nie want dinge het te vinnig gebeur en ek het net gedink dat hy naby genoeg (onder 200m) is en ek hoef nie af te mik vir die afstand nie. 55gr FMJ van een of ander surplus stoor 8)

Hierdie geweertjie skiet baie lekker in die konfigurasie ;D

Image

Image

Image

Re: Understanding red dot and reflex sights for rifles

Posted: Tue Mar 08, 2022 8:23 pm
by Heinz Petersen
Daai een het nog nie baie harde bene gekou nie.

Re: Understanding red dot and reflex sights for rifles

Posted: Mon Jun 19, 2023 3:13 pm
by PRIVATE RYAN
Frederik wrote: Tue Jul 06, 2021 1:46 pm Holosun has same footprint as Trijicon btw.
Hi Frederik, just some clarity on this please?

I mounted the SRO on my rifle and also made an
adaptor plate on my APX for the SRO thinking I
would switch between applications, but if this
is possible, I'd rather buy another more affordable
red dot for the pistol. Any other makes/brands that shares
the same footprint as the SRO?

Thanks!