Page 2 of 2
Re: Die ideale jagmes
Posted: Tue Mar 27, 2012 4:33 pm
by Nickvn
Mense hier naby my maak die mooiste messe en goed. Kevin en sy vrou Heather Harvey het n besigheid met die naam Heavin Forge. Nou die interessante punt is dat daar net sowat n 100 "master blade smiths" is in die wereld. Nou Kevin en Heather is altwee master blade smiths, die enigstes in Afrika. Hulle is ook die enigste getroude paar master blade smiths in die wereld en Heather is een van net twee vroue in die wereld. Hulle spesialiseer in Damascus staal.
Nou met dit gese sal julle verstaan hulle het genoeg papiere om messe te maak, en maak hulle mooi goed. Hulle mark is maar die ryk buitelanders en van die manne hier wat iets spesiaal soek. Ek en my ou vried Dave, het nou die dag daar by hulle vir ons elk n jag mes gekoop. Vir die van julle wat hou van mooi messe hou, kyk gerus hier.
www.heavinforge.co.za.
Re: Die ideale jagmes
Posted: Tue Mar 27, 2012 8:52 pm
by stephensonsknives
dwb hier is n foto van die wilddog wat ek al gemaak het van bohler stahl n690 met n rockwell toets van 61
my 2de opsie is maar 44 magnum ruger vir die meer weerbarstige goed in die lewe , 3de opsie n baie skerppunt lem van goeie staal wat diep in die borskas kan dring ,maar dan het jy reeds seergekry .die tipe messe moet altyd n riempie he vir joy hand sodat jy nie jou mes verloor nie.
in combat fighting soek jy ook n lem met n 6 duim skerp punt mes om deur enige materiaal te steek om hoofare in die nek ,hart en heupe te bereik .so jy kom nie om te speel nie
mesgroete,nou vergeet ek alweer van die gewere
Re: Die ideale jagmes
Posted: Wed Mar 28, 2012 8:47 am
by Nickvn
Miskien moet jy een van hierdie sakmessies kry vir daai varke.
[img width=360 height=480]
http://i1079.photobucket.com/albums/w51 ... messie.jpg[/img]
Re: Die ideale jagmes
Posted: Wed Mar 28, 2012 10:33 am
by DWB
Hy kan sommer werk as skietstok ook
Dankie manne, ek het nou maar besluit dis makliker om hulle te skiet dat hulle daar in hul spore val.
Die on/off knoppie tussen die ogies werk baie mooi

Re: Die ideale jagmes
Posted: Wed Mar 28, 2012 1:13 pm
by Musgrave
Re: Die ideale jagmes
Posted: Wed Mar 28, 2012 3:27 pm
by DWB
Die ander manne loop juis met die glock messe rond
Mens kry hulle by S&O vir R700
Re: Die ideale jagmes
Posted: Thu Mar 29, 2012 8:39 am
by johan1
"gee wis" dis n m@#$$ groot ding daai, as my vrou daai ding sien en in die hande kry sal ek nie weer laat wees nie....
Re: Die ideale jagmes
Posted: Fri May 04, 2012 1:44 pm
by johan1
Ek hou van die vorm van die sny vlak, moet dalk so eene probeer met mooi kameelperd been handvatsel en mooi leersakkie
Re: Die ideale jagmes
Posted: Fri May 04, 2012 2:08 pm
by Beretta
Beste waarde vir geld los hande beter is daar nie maklik nie
Beretta
Re: Die ideale jagmes
Posted: Fri May 04, 2012 2:27 pm
by Koos Barnard
Dags?
Elke persoon het maar sy eie idees van wat die ideale jagmes is en dus kan daar eintlik geen ideaal wees nie - net die ideaal vir elke man. As jy eers 'n mes self gebruik kom jy agter wat werk en wat nie. Die meeste manne dra graag 'n mes maar gebruik dit nie eintlik nie. Ek hou nie van gadgets aan 'n mes nie en dink bykans alle gut hooks is verkeerd ontwerp, maar onthou dis maar my siening en nie noodwendig reg nie.
Geniet julle messe wat julle ookal het. Ek weet net nie hoe die Glock 'n ideale jagmes kan wees nie. Ek het twee ontvang om te toets. Behalwe as jy iemand daarmee wil steek, is dit bitter ver van die ideaal. Met 'n mes is dit baie maal soos met ball sports. Gee Morne Steyn of Peter Grant of Johan Goosen enige tipe bal - rond, plat, lank, ovaal en hulle sal hom goed kan skop. Iemand wat gewoond is om 'n mes te gebruik sal met 'n groot verskeidenheid oor die weg kom.
Mooi loop
Re: Die ideale jagmes
Posted: Fri May 11, 2012 11:59 pm
by BenG
Ek lei mense op in selfverdediging op met onder andere 'n mes. Ek het 'n verskeidenheid messe in my versameling, maar die mes wat saam met my gaan as ek gaan jag, is my "Koos Barnard".
Re: Die ideale jagmes
Posted: Sat May 12, 2012 4:38 am
by Dawid
Nou die manne met die mooi messe......Sit bietjie fotos van dit op.
n Mooi mes bly maar n mooi mes en enige iemand behoort dit te wardeer.
Wil graag sien hoe lyk die "Koos Barnard" mes ook.
Groetnis
Re: Die ideale jagmes
Posted: Sat May 12, 2012 7:02 am
by Musgrave
Koos Barnard wrote: Ek weet net nie hoe die Glock 'n ideale jagmes kan wees nie. Ek het twee ontvang om te toets. Behalwe as jy iemand daarmee wil steek, is dit bitter ver van die ideaal.
Juis, DWB het in sy "openingsrede" ges? hy soek 'n mes om 'n vark mee te steek as dit moet.

Re: Die ideale jagmes
Posted: Sat May 12, 2012 5:53 pm
by DWB
Ek het gesien dis veiliger om hom met 'n loodpilletjie te steek

Re: Die ideale jagmes
Posted: Sat May 12, 2012 6:01 pm
by Musgrave
Re: Die ideale jagmes
Posted: Sun May 13, 2012 11:11 am
by spekieries
Ek dink die ding wat 'n mes verkoop of hom popul?r maak is sy vat. Natuurlik is die vorm van die lem belangrik vir die werk wat die mes moet doen, maar die manier hoe die mes in jou hand sit, die hef is volgens my mening van kardinale belang.
Party fundi.s reken omdat jou vingers korter word agter toe moet die hef dunner word, ander s? weer dit moet dik in die middel en weerskante taper.
Gaan toets bietjie die verskillende grepe op 'n mes. Party voel net goed soos 'n pasmaak geweer se kolf.
Groete
Re: Die ideale jagmes
Posted: Thu May 17, 2012 11:45 am
by jacojrdn
Het hierdie mes laat maak by n friend van my, Andrew Middelton, vir n Amerikaner wat saam met my werk en vir my n nag sig teleskoop as persent gegee het.
Hy het die mes self ontwerp om horisontaal agter jou rug te dra en dit is hoofsaaklik n steek mes. Die lem is 5mm dik en die hef is van Kameelperd been gemaak. Die gaatjie in die hef is vir n riempie.
[img width=560 height=420]
http://i1164.photobucket.com/albums/q56 ... eknife.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1164.photobucket.com/albums/q56 ... knife2.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1164.photobucket.com/albums/q56 ... knife1.jpg[/img]
Mooi mes, maar nie aldag prakties nie, sal steeds nie met sy skerp kant moeilikheid soek nie.
Lekker dag verder.
Jaco
Re: Die ideale jagmes
Posted: Sat May 19, 2012 10:31 am
by Piet Breedt
Beste steekmes in die w?reld en een met die meeste "kills" agter sy naam is ons eie "tradisional weapon" die OKAPI...he....he...he
Re: Die ideale jagmes
Posted: Sat May 19, 2012 1:03 pm
by Musgrave
Re: Die ideale jagmes
Posted: Sat May 19, 2012 1:51 pm
by Agentkoos
Hi
Hier is n paar van my messe
[img width=560 height=314]
http://i837.photobucket.com/albums/zz29 ... 07/001.jpg[/img]
Van bo na onder:
MTeck USA
United Cutlery
Cold Steel GI Tonto
Dark Operations
Maxam