Page 2 of 7

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Thu Jan 26, 2017 11:44 am
by Jurgen Visser
Basjan123 wrote:Sterkte aan al die manne wat probeer en opgehou het. Ek het net een vraag en jammer as ek die draad hi-jack hoe kan ek my van my soet tand genees?? Dit is bitter moeilik vir my..... :confused:
Laat haal 'n stopsel uit >:+ >:+ >:+

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Thu Jan 26, 2017 12:02 pm
by Wouter Roets
Ds J wrote:Vasbyt! Onthou om elke dag of week jou sigaretgeld in 'n blikkie te bêre. Gaan op 'n wegbreeknaweek daarmee.
So gepraat. n Knaap vra my nou die dag hoe lank rook ek al? Ek se toe vir hom so 26 jaar. Hy se toe as ek al daai geld eerder gevat het en in n hoe opbrengs belegging geplaas het sou ek nou gemaklik n nuwe vliegtuig kon koop. Ek se toe vir hom dit is te oulik en vra hom toe waar is sy vliegtuig.....

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Thu Jan 26, 2017 12:29 pm
by Basjan123
Jurgen Visser wrote:
Basjan123 wrote:Sterkte aan al die manne wat probeer en opgehou het. Ek het net een vraag en jammer as ek die draad hi-jack hoe kan ek my van my soet tand genees?? Dit is bitter moeilik vir my..... :confused:
Laat haal 'n stopsel uit >:+ >:+ >:+
Dankie Jurgen nooit daaraan gedink nie ..... :o :laugh:

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Thu Jan 26, 2017 3:27 pm
by Ds J
"Soet tand" het verskillende vlakke. Lief vir 'n soet ding is iets anders as suikerverslaaf, want lg bestaan ook.


Die maklikste is om met klein treetjies te begin. Stel die set happie uit met net vyf minute, dan nog vyf, dan nog vyf. En as jy hom vat eet jy net die helfte van die stukkie. Ens ens ens, totdat jou konsentrasie reg om en sonder seker funksioneer.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Thu Jan 26, 2017 4:51 pm
by dennisinpe
Vriend van my het altyd geseg dis maklik om op te hou - het dit al baie gedoen!

Thanks and regards
Dennis

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Thu Jan 26, 2017 10:00 pm
by Krobb
Ek het ook 12 jaar terug opgehou. Zyban gebruik. Sou dit wragtig nie sonder die pille kon doen nie. (Paar keer probeer)
Raak nog erg lus veral as ek ontspan en rustig is. Snaaks genoeg nie as ek stres nie.

Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jan 27, 2017 4:18 am
by koos 2
Ek het bietjie meer as drie jaar terug opgehou, een van die beste besluite van my lewe.
Ek het wel gewig opgetel maar ek voel baie beter .

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jan 27, 2017 8:50 am
by Hennie Oelofse
Nou Ja, ek het per toeval ook Maandag ophou rook.

Ek het nie meer n ander keuse gehad nie, ek het my longe so gaar gerook dat ek sulke skiet pyne in my longe ontwikkel het. Hoop dit is maar inflamasie, want dit voel asof dit bietjie beter word nou dat ek nie meer rook nie.
Ek het so 2 jaar terug ook vir 6 maande opgehou rook met met champix, dit werk... maak mens net erg naar! Een oomblik van swakheid by n braai en hy het my weer gevat. Dit is daai gewoonte wat my altyd in die steek laat, gewoond aan rook by n kuier, gewoond aan rook as jy jag, gewoond aan rook as jy visvang, ensovoorts.

Hierdie keer sal ek maarnet moet sterk staan!!!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jan 27, 2017 9:39 am
by Roxette
Sterkte vir die lang moelike pad wat voorle Velti!
As jy weer wil begin onthou net hoe spyt jy was omdat jy die vorige keer ook weer begin het!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jan 27, 2017 11:33 am
by Lourens Potgieter
Hennie, as jy wel iets wil gebruik, kry maar Zyban. Ek het self eers Champix gebruik en dit het my na 2 weke so naar begin maak dat ek moes hardloop 5 minute na die pil, elke keer. Zyban is wel die ouer produk, maar vir my was die newe effekte baie minder. Dit het my glad nie naargemaak nie, ek het dit vir 2 maande gebruik, en sal nou September 2 jaar sonder rook wees(ek het BAIE moeilik opgehou). Sal Zyban vir enige iemand aanbeveel.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jan 27, 2017 1:11 pm
by Hennie Oelofse
Deeg (Lourens) wrote:Hennie, as jy wel iets wil gebruik, kry maar Zyban. Ek het self eers Champix gebruik en dit het my na 2 weke so naar begin maak dat ek moes hardloop 5 minute na die pil, elke keer. Zyban is wel die ouer produk, maar vir my was die newe effekte baie minder. Dit het my glad nie naargemaak nie, ek het dit vir 2 maande gebruik, en sal nou September 2 jaar sonder rook wees(ek het BAIE moeilik opgehou). Sal Zyban vir enige iemand aanbeveel.

Baie dankie Lourens, ek sal maar kyk hoe gaan dit nou. Ek staan darem sover sterk, maar as ek nie regkom nie sal ek Zyban n go gee!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jan 27, 2017 2:47 pm
by Cohibas
I stopped 1/04/2016 smoking 6 cherry cigars a day. It just got too expensive after the 'sin' tax.

I took that money and bought a 1200GS. Havent looked back yet.

My advice - set a goal and change your routine.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Jan 27, 2017 8:16 pm
by Spartan
Baie geluk ou maat! Dit wil gedoen word. Die ware toetse is daardie geleenthede wanneer mens saam die vriende rugby kyk en almal rook en drink om jou. Dan kom die temptasie sterk wanneer jy moet vasstaan. Hou maar 'n pakkie neute of droë vrugte by jou wanneer jy weet jy in so situasie gaan verkeer. Dit help baie wanneer die temptasie kom om saam te wil rook!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sat Jan 28, 2017 5:52 am
by neef
sterkte manne daai is n moeilike storie maar uit hou aan hou

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sat Jan 28, 2017 8:08 am
by Francoisv
Deeg (Lourens) wrote:26 Sept 2015 my laaste sigaret gerook. Af en toe as ek 'n sigaar ruik wil ek trane afvee maar verder is ek fine!Ek het Zayban gebruik, beslis gehelp. Champix se newe effekte was net te erg(konstante naarheid).

Dit het my seker 10 keer se probeer ophou sonder meds gevat voor ek besef het my verslawing is sterker as wat ek gedink het. Gebruik die tegnologie, dit gaan jou beslis help!!!
Ek ken van. Zayban gebruik met die laaste ophou poging, gaan ok, ek byt vas. Oor 18 maande is dit 10 jaar, maar glo my, die lus is soos daai ander LUS, hy los jou nooit.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sat Jan 28, 2017 8:15 am
by 6mmMusgrave
Ek moet erken elke nou en dan swig ek nog voor n goeie sigaar. Dit bly maar net te lekker.

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Feb 03, 2017 11:52 am
by Ashley
More julle

Ek is self ook nou vry van die teer&tabak stokkies, finaal!

Ek het al voorheen 1 maal op gehou, en vir al die dom redes weer begin. Nou is ek klaar.

Hierdie boek het my voorheen gehelp, en ek moet sê, toe ek nou weer sit en hom deurlees toe besef ek hoe simpel ek was om weer te begin. En hoe eenvoudig ophou eintlik is. Dit wys jou die waarhede uit van rook, en laat jou anders dink oor die hele ding.
Hoop dit sal iemand anders daar buite ook kan help...

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Fri Feb 03, 2017 12:33 pm
by JohanvB
Ek het vir Hipnose gegaan Oktober verlede jaar...so far so good..

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sat Feb 11, 2017 2:43 pm
by Ds J
Vestig, hoe voel dit intussen om verlos te wees van die gifpyltjies? Ek hoop jy staan nog sterk?

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sat Feb 11, 2017 4:13 pm
by Lategan1
Groot waarheid en mooi neergepen, kolskoot Viking!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sat Feb 11, 2017 4:21 pm
by velti.botha
Moet sê ek trek swaar! Is hier by die Midmar myl vir die naweek en die kamp en ontspan maak dit nie maklik nie. Maar staan nog heel sterk! Voel fantasties!!! Wie van julle het intussen moed bymekaar geskraap om Ashley se raad te volg en daai boek te lees?

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Sat Feb 11, 2017 7:36 pm
by Ashley
Kom nou man..dis net 40 bladsye :laugh: :laugh:

Ek sê eerlik, ek mis dit glad nie, na 15 jaar se rook.
Daar was wel die 1e drie dae of so n craving of 2. Maar dis weg!
En ja, ek voel ook baie goed!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Mon Mar 13, 2017 3:32 pm
by heywillie
Het in 2010 opgehou na 9jaar se rook. 3 jaar later weer begin en nou sit ek nogsteeds met die ding. Sommer die m#$r in vir myself.
Ek weet ek moet ophou, maar gaan dit darem maar mis as mens so sit en wag op n koue winters oggend vir daai eerste springbokkie wat aangedraf kom !!

Julle manne wat al 'n ruk opgehou het - sterk staan, julle is ysters !!

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Tue Mar 14, 2017 9:11 am
by Johan7
Ook nou 2 jaar bevry van die rook! My weight is nou bietjie way over the top, want als smaak so lekker! Ek het soveel meer energie! O ja, ek kry hom nou nog lus, moenie 'n fout maak nie! Baie gehelp toe ek die brandewyn ook sommer neergesit het, anders sou dit maar gelol het! 'n Oom wat ek jare geken het, het ons nou-die-dag gaan groet. Hy was klaar. Was geskok om te sien wat emfiseem aan 'n mens doen! Dis jare se rook daai! Dit wil ek nie beleef nie!!! Die oom is verlede week oorlede.

So nou is ek rookvry en alkohol vry. Moet nou nog net daai ander ding los...., maar dan kan julle my seker maar kom skiet. Ek sal hier adverteer as ek iemand soek vir die job. Dalk vir Armand vra om met sy 300 WSM te kom, dan kry ek nog so 2 of 3 dae ekstra.... (grap net Armand).

Re: Vry van die rook verslawing!!!

Posted: Mon May 22, 2017 3:06 pm
by Hennie Oelofse
Sien ek het January gepost toe ek oppad was om te stop.

Ek is baie trots om te sê ek is nou amper 4 maande vry van die verslawing!!!!