Watter GPS

User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Watter GPS

Post by Raven »

Manne,
Gooi bietjie deur watter GPS julle gebruik en wat is die prys.
Daar is 'm moontlikheid om Garmin GPS teen 'n billike prys te kry, en ek wil weet wat die algemeenste een is.
As ons na een GPS kyk, en 'n paar bestel kan ek dalk 'n goeie prys beding vir ons, maar ek below eers niks, en kyk eers nog net na die opsie.

1. Die beste Garmin wat julle aanbeveel vir ons doeleindes.
2. Die prys waarteen julle aankoop.

Dankie Raves.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Watter GPS

Post by Chris101 »

Raven

Die 60CSX is baie gewild.

Almal

As jakkies my antwoord stap ek fiesie met gps in daai riting kry dan die grade
merk my wapoint so ver ek hulle skat dan vertrek ek.
OF IS daar n makliker manier

Chris 101
Knou die gediertes AF.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Watter GPS

Post by Raven »

Chris101 wrote: Raven

Die 60CSX is baie gewild.

Chris 101
En die prys??

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Watter GPS

Post by Chris101 »

Weet nie rerig myne al 2 jaar
Knou die gediertes AF.
User avatar
WOLF
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am

Re: Watter GPS

Post by WOLF »

GARMIN eTREX VISTA HCx R2800

Upington so ses mde terug gekoop en uitstekend met waypoints.Ek het nie nodig om van bakkie af te klim om die bearinglyn op te line nie.

WOLF
HOU JOU BEK DAN BLY HY HEEL
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Watter GPS

Post by Chris101 »

Wolf

Hoe bepaal jy presies in watter rigting jakkies gegil het.
Help my asb.

Chris101
Knou die gediertes AF.
User avatar
WOLF
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am

Re: Watter GPS

Post by WOLF »

CHRIS101
GPS gee opsie van "sight n go"
Gebruik rooi pyl en lock direction.Dis die rigting waaruit jakkies gegil het.En dan kan jy hom die geskatte afstand insit.Dan se jy vir hom "go to".As jy die afstand volgens jaracal se metode skat kan jy baie na aan reg wees.

WOLF
HOU JOU BEK DAN BLY HY HEEL
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Watter GPS

Post by KSV »

Norton,

Die E-trex H kos hier en by julle so R1100.  Het informante daar by julle ook.  Hy is goed vir waypoints en bearing lyne kry.

Dan die 60 reeks is nou die Offroad manne en die pad kaarte gemeng.  Hy is bietjie duurder maar kan albei se funksies verrig.  Jy kan topografies kaarte ook op hom laai.  Hulle wys dan al die ho? plekke soos randjies, slote en koppies mooi uit(daai lekker staanplekke wat ons altyd soek).

Louis en Freddie dink ek gebruik hulle ook.

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Watter GPS

Post by henslin »

Het die afgelope paar jaar die Etrex Legend HCX met kleurkaarte gebruik. Puik diens en akkuraat genoeg vir veldwerk Net nou die Dakota 20 aangeskaf wat ek vir werk en jag gebruik. Het 'n 3D kompas in wat beslis die beste is van almal wat ek al gebruik het. Hy kos wel 'n arm en 'n halwe been. Wat die kaarte aanbetref. Ek gebruik tans die Tracks4Africa kaarte. Baie goedkoper as die Garmap produkte en ek vind dat hulle baie meer veldinligting gee bv. 4x4 roetes en alles wat met off-road te make het. Kan my self tot in die natuurreservate help waar die Garmap produkte nie veel werd is nie. Wat akkuraatheid betref. Die beste wat jy met die prysklas GPS gaan kry is 3 meter. Enige verdere akkuraatheid is net geluk !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Watter GPS

Post by Raven »

Ok Manne,
As enige iemand belangstelling het, ek kan Garmin 60CSX teen R2600 vat incl in Namibia kry, ek weet nie of die prys goed is of nie  :-\

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter GPS

Post by Piet Breedt »

Raven wrote: Ok Manne,
As enige iemand belangstelling het, ek kan Garmin 60CSX teen R2600 vat incl in Namibia kry, ek weet nie of die prys goed is of nie  :-\

Raven
Dit is n uitstekende prys vir n baie goeie en akkurate GPS. Dit is die kragtigste "handheld" van Garmin. Hy het ongelooflikke baie funksies. Ek het myne al sowat 4 jaar en het daardie tyd R 6500.00 vir hom betaal.
Last edited by Piet Breedt on Sun Dec 12, 2010 10:41 pm, edited 1 time in total.
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Watter GPS

Post by henslin »

Raven - daai prys is uitstekend. Lokaal gaan jy baie min kry vir R2600  !!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Watter GPS

Post by tafjak »

Pieta

Wat sal die mounting bracket en power cord saam kos? Ek het so jaar gelede R3500 vir die lot betaal. R2600 + (R450 vir bybehore) sal nogsteeds een van die bargains wees van die jaar.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Watter GPS

Post by Namib »

Hi ,more julle

Net by te voeg die nuwe Garmin 62 S is nou hier by ons op special vir N$ 3349.00  (Cymot)

Raven;baie goeie prys daai.

Groete
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Watter GPS

Post by Raven »

Namib,
Ok ek kon toe nie meer die 60CSX kry, want die is van die mark af nou, ek kan wel die vervanging kry en dit is die 62S, my prys is R3000.00.

NOu moet ek seker maar koop  :-\

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Watter GPS

Post by Namib »

Hi Raven

Hardloop, jy moes al daar gewees het. Baie goeie prys daai. :o :o

Groete
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter GPS

Post by Kalahari »

More almal

Die onderwerp is al redelik oud , maar ek het nou die nuwe speelding gekoop en nou sukkel ek my vrek met die leerproses, is so bietjie tegnologies agtergeblewe  ;D.

Die gps wat ek gekoop het is die garmin map 62s. Raven het mos een van die man met die rooi pakkie gekry, ......... kort storie, ek sukkel om 'n volledige handleiding op garmin se webblad se kry, dalk kan iemand help asseblief. Asook 'n plek waar ek die algemene terme van gps kan naslaan. Die ding het so 'n klomp funksies, maak darem al 'n paar uit, maar sukkel nog met 'n paar gps termes. Wil eers die handleiding deurkyk voor ek weer raad vra, maar ek sal dit def later doen. Die stukkie wonder het 'n paar $ gekos, so ek wil al haar funksies ten volle benut!! ;)

mooi dag (het laasnag 30mm by huis gehad, wil nou gou die veld s'n gaan kyk)
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watter GPS

Post by Francois Marais »

Johan

https://buy.garmin.com/shop/store/manua ... 0-00868-01

Kyk by no 2, hele manual, verniet om af te laai, jy moet egter kan PDF format op jou computer sien....

Hoop jy tol.......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watter GPS

Post by Francois Marais »

Johan

http://gpsinstruction.com/gps-terms-and-definitions/
http://www.navcity.co.uk/information/GP ... nology.htm

Twee sites wat jou kan touwys maak oor die regte terme........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter GPS

Post by Kalahari »

Franscois

Dankie man, ek sal nou die studietye maar moet meer maak. Sal daar gaan oplees, wetie of my laptop die pdf formaat sal lees nie, maar sal kyk wat gebeur.

Ander meters se reen was toe 24 en 36mm gewees. Mooi dag verder

Johan
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Watter GPS

Post by Francois Marais »

Johan

Meeste nuwe notebooks sal kan pdf lees, as jy sukkel, laat weet........

Man die reen is dam mooi en lekker, het ook gister weer so n ietsie gehad..........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter GPS

Post by Kalahari »

Naand Francois

Nou van Aranos terugkom, kerk gehad, gou kom loer of daar weer iets is om te lees. Baie dankie, die ou laptoppie van 4 jaar gelede is darem toe nie so agter die graspol nie, het die pdf ding gedoen. ;) Sal nou mooi gaan lees.

Ja man, die reen is baie mooi, het nou van ek laaste daar by jou weg is op Waldeck (ou jaars aand) van 190, 219, tot 281mm gehad, die kalahari sal hierdie jaar man se dorpers insluk, plekke staan die leeubaard polle vol in saad by die hilux se venster! :o Maar ek soek eerder my skaap in die lang gras as wat ek gras vir my skaap moet soek  ;D

Alle beste en dankie vir die hulp.

Mooi week

Johan
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Watter GPS

Post by Heinds »

Hallo Julle

Jammer om nou weer ou koeie uit te grawe, ek sien die topic is laas aan geraak in die begin van die jaar..

Ek het nou maar besluit om 'n nuwe GPS te koop aangesien dit nie lyk of iemand van een wil ontslae raak nie.

Ek kan 'n  Garmin Etrex Vista Hcx Handheld GPS Receiver kry vanaf ebay vir R1799 alles ingesluit.

http://www.iwarehouse.co.za/index.php?p ... t&Itemid=1


Al probleem wat ek nou raakgeloop het is dat die ding nou met amerikaanse kaarte gaan uitkom by my.

Is daar iemand hier wat Tracks4Africa gebruik en wat vir my kan se of dit die moeitewerd sal wees om dit te koop eerder as Garmin se eie suid afrikaanse kaarte vir R1000 extra?

Groete
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Watter GPS

Post by Kalahari »

Hein

Ek het vir my die gpsmap 62s gekoop, bietjie duurder as die een wat jy nou genoem het. Saam met die die gps net vir my die tracks4africa gekoop en hy loop baie mooi, het nou wel nog nie in die unie gaan rondry nie, maar in Windhoek self kom ek mooi reg. Ek gebruik hom egter meeste van die tyd in die veld, so dit hang seker af wat jou applikasie vir die gps gaan wees wat sal bepaal of dit die doel gaan dien.
Hoop jy kom reg en geniet die nuwe tegnologie, dit maak 'n nuwe deur vir mens oop. Baie interessant.

Kalahari
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Watter GPS

Post by JPS »

Hi,
Ekself het die Oregon 450. Heelwat duurder maar hy werkredelik goed. in die bos asook op die pad.

Groete
JP
Post Reply