Naand almal uit n nat Ceres

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by baboonstalker »

Niemand by sy volle positiewe (hel, een breinsel is ook genoeg) sal mos 'n galjoen vir 'n karp wil ruil nie, nie eers die foto's nie ???
Sand en rooiaas werk vir my, modder en pap.... is vir iemand anders ;D ;D ;D

(en natuurlik 'n bietjie OMO-water)
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by Christo »

baboonstalker wrote: Niemand by sy volle positiewe (hel, een breinsel is ook genoeg) sal mos 'n galjoen vir 'n karp wil ruil nie, nie eers die foto's nie ???
Sand en rooiaas werk vir my, modder en pap.... is vir iemand anders ;D ;D ;D

(en natuurlik 'n bietjie OMO-water)
Pieter, tx lekka gesmile nou.

Reseppie vir karp gaarmaak op vuur.

Eers baie warm kole, karp mooi gekrap en skoongemaak, sit ou tipe dik tamatiekas plankie wat in water geweek is direk op kole en plaas karp daarop, gooi sout en peper. Sodra karp deur gaar is gooi karp weg en eet plankie.  :D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by Beyers »

Waasku die Groot Boek nie dat as jou kind vir 'n vis vra jy hom nie slang moet gee nie ;D
Galjoen vir 'n karp my magtig die is 'n baie groter sonde
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by Monrique (SJ) »

Sien julle manne het vir goosebumps so geterg oor die naam hy het toe maar verander!! ;D ;D
Die BLUES fan
Groetnis
OomKobus

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by OomKobus »

Naand Blues Ondersteuner,

Ek is 'n paar dae na jou op die gespreksblad maar is dadelik gevra om my l?plek uit te wys.
Ek het in die Groot Karoo (Beaufort Wes) groot geword, Stellenbosch verstand gekry en Wes Transvaal werk gekry.
(Kan ons nie 'n stop die "Fracking van die Karoo" vir skalie gas projek van hier af loods en die dom politicie tot hul sinne roep nie")
Ek het die voorreg gehad om die Cederberge te voet te leer ken van Algeria deur Crystal pools al die pad deur Wolfberg skeure tot Wuphertal.
Het hier saam met "Klein Dani?l Donkie" geleer van spoorlees. alles van die groot "Tiere van die Berg" (Kaapse Luiperds), "Klossie-oor" (rooikat), Klipspringers, Vaalribbokke, Dassies, Geelslange ( sulke 6vt menere), armdik Pofadders wat in die paadjie vir jou wag om op hom te trap, Skerpioene (van die giftigste in die W?reld), Toktokkies en Leeumiere ("blindemolle"). Hy het my geleer hoe om stil te sit tot die brandwag "Sitbok" by jou verby stap onder die wind dat jy sy pisreuk nie kan verduur nie, maar roer sal jy nie roer nie. Kos was in die berg, van "Oukers vir die dro? bek", Ghaap, Rosyntjie bessies, Noem Noem en lus vir vleis vang jy 'n geelvis en braai hom oor 'n stok. Hier het ek geleer "neem slegs fotos en laat slegs voetspore agter". Iets wat die nuwe Suid Afrika nog nie geleer is nie.

Groete,

Oom Kobus
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by PITSMIT »

welkom bluesfan.  hoop jy geniet

pitsmit
uitenhage
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by Rooies »

Bartelo
Ek sien nou eers jy't ok hier uitgeslaan, baie welkom en as jy gedink het daar by die see
was dit lekker hier gaan dit nog erger.

Carel
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by Christo »

Rooies wrote: Bartelo
Ek sien nou eers jy't ok hier uitgeslaan, baie welkom en as jy gedink het daar by die see
was dit lekker hier gaan dit nog erger.

Carel
Reds

ek dink Bertelo het van die aardbol verdwyn. Seker maar bang vir sy baas (sy is afterall 'n onderwysers )
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by Rooies »

Maar dis mos net die regte besigheid..... sy laat jou dit oordoen tot jy dit reg doen !!
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Naand almal uit n nat Ceres

Post by Christo »

Rooies wrote:
Maar dis mos net die regte besigheid..... sy laat jou dit oordoen tot jy dit reg doen !!
Bly daar is nie meer baie telefoniste oor nie  ;)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply