Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Niemand by sy volle positiewe (hel, een breinsel is ook genoeg) sal mos 'n galjoen vir 'n karp wil ruil nie, nie eers die foto's nie
Sand en rooiaas werk vir my, modder en pap.... is vir iemand anders
baboonstalker wrote:
Niemand by sy volle positiewe (hel, een breinsel is ook genoeg) sal mos 'n galjoen vir 'n karp wil ruil nie, nie eers die foto's nie
Sand en rooiaas werk vir my, modder en pap.... is vir iemand anders
(en natuurlik 'n bietjie OMO-water)
Pieter, tx lekka gesmile nou.
Reseppie vir karp gaarmaak op vuur.
Eers baie warm kole, karp mooi gekrap en skoongemaak, sit ou tipe dik tamatiekas plankie wat in water geweek is direk op kole en plaas karp daarop, gooi sout en peper. Sodra karp deur gaar is gooi karp weg en eet plankie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ek is 'n paar dae na jou op die gespreksblad maar is dadelik gevra om my l?plek uit te wys.
Ek het in die Groot Karoo (Beaufort Wes) groot geword, Stellenbosch verstand gekry en Wes Transvaal werk gekry.
(Kan ons nie 'n stop die "Fracking van die Karoo" vir skalie gas projek van hier af loods en die dom politicie tot hul sinne roep nie")
Ek het die voorreg gehad om die Cederberge te voet te leer ken van Algeria deur Crystal pools al die pad deur Wolfberg skeure tot Wuphertal.
Het hier saam met "Klein Dani?l Donkie" geleer van spoorlees. alles van die groot "Tiere van die Berg" (Kaapse Luiperds), "Klossie-oor" (rooikat), Klipspringers, Vaalribbokke, Dassies, Geelslange ( sulke 6vt menere), armdik Pofadders wat in die paadjie vir jou wag om op hom te trap, Skerpioene (van die giftigste in die W?reld), Toktokkies en Leeumiere ("blindemolle"). Hy het my geleer hoe om stil te sit tot die brandwag "Sitbok" by jou verby stap onder die wind dat jy sy pisreuk nie kan verduur nie, maar roer sal jy nie roer nie. Kos was in die berg, van "Oukers vir die dro? bek", Ghaap, Rosyntjie bessies, Noem Noem en lus vir vleis vang jy 'n geelvis en braai hom oor 'n stok. Hier het ek geleer "neem slegs fotos en laat slegs voetspore agter". Iets wat die nuwe Suid Afrika nog nie geleer is nie.
Rooies wrote:
Bartelo
Ek sien nou eers jy't ok hier uitgeslaan, baie welkom en as jy gedink het daar by die see
was dit lekker hier gaan dit nog erger.
Carel
Reds
ek dink Bertelo het van die aardbol verdwyn. Seker maar bang vir sy baas (sy is afterall 'n onderwysers )
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.