Page 2 of 2

Re: Winston on Whisky

Posted: Sun Jan 25, 2015 1:22 pm
by henning
Ludwig wrote:Wlm, ek dink as mens goeie witblits net verdun na tussen 40 en 50% drinkbare sterkte, kan jy 'n baie goeie produk hê. Soortgelyk aan amerikaanse moonshine wat onverouderde whiskey is. Daarmee sal ek geen probleem hê nie en in der waarheid sal dit iets wees wat ek self sal wil maak ook. :) Ek kort net toegang tot genoeg druiwe en nie teen winkel pryse nie.

Die enkele grootste verskil tussen goeie en slegte "craft" drank is die vermoë om die regte "cuts" te kan maak. Dit is waar die kuns inkom. Te veel plaaslike witblits en mampoer stokers maak swak skeidings en mens kan die voorloop en naloop daarin proe. Dis nou waar jy sê mens kan die verskil tussen goeie en minder goeie witblits proe. Absoluut ja. Daarmee stem ek volkome saam.
Ludwig wil jy nie vir ons noem watter verskeidenheid produkte jy gebruik om jou "mash" te maak.

Groete
Henning

Re: Winston on Whisky

Posted: Sun Jan 25, 2015 2:07 pm
by Johan Reyneke
Ludwig wrote:Johan, ek terg jou maar net oor die bier, want ek hoor ook baie mense reken dat Lager is nie ware bier nie.
Ludwig

Ek het dit ook in daai gees aanvaar.

Re: Winston on Whisky

Posted: Sun Jan 25, 2015 3:14 pm
by PWV
Ludwig wrote:Wlm, "bourbon" word aanvaar as 'n whiskey wat in die VSA gemaak is en dat minstens 51% van die graan samestelling uit mielies (American corn) bestaan en dat die veroudering proses geskied in vaatjies van nuwe amerikaanse eike hout wat geskroei is. Hierdie is die tipe whiskey wat ek nouself probeer maak, alhoewel ek dit volgens wette nooit 'n bourbon mag noem nie en amerikaanse eike hout is vrek skaars in SA, so ek is afhanklik van veroudering op gebruikte franse eike hout.
.
Ludwig, jy kan sommer 'n lekker Afrikaanse boerenaam kies, nl. Boerboon, vir jou whisky!

Re: Winston on Whisky

Posted: Sun Jan 25, 2015 7:56 pm
by Gawie(13mm)
wlm, was jy al by die "Spice Route" hier agter die berg by ons?
Indien nie, gaan jy vir ons kom kuier en ons gaan bietjie grappa en bier proe by die landgoed. Vir vroulief en die kinders is daar sjokolade en biltong proe.

My wereld is verbreed met die bietjie kennis en insig wat ek daar opgedoen het. Ek is 'n leek wat al die gekultiveerde smake aanbetref, maar dit het my genees van my onkunde. ;D

Gaan loer hier: http://www.spiceroute.co.za/

Re: Winston on Whisky

Posted: Mon Jan 26, 2015 3:00 pm
by jamalley
Ek het nie soveel kultuur verwag nie, manne julle verbaas my elke dag.

Re: Winston on Whisky

Posted: Tue Jan 27, 2015 12:42 pm
by wlm
Gawie(13mm) wrote:wlm, was jy al by die "Spice Route" hier agter die berg by ons?
Indien nie, gaan jy vir ons kom kuier en ons gaan bietjie grappa en bier proe by die landgoed. Vir vroulief en die kinders is daar sjokolade en biltong proe.

My wereld is verbreed met die bietjie kennis en insig wat ek daar opgedoen het. Ek is 'n leek wat al die gekultiveerde smake aanbetref, maar dit het my genees van my onkunde. ;D

Gaan loer hier: http://www.spiceroute.co.za/
Gawie
Ek sal met jou reel, dan maak ons so.

Re: Winston on Whisky

Posted: Tue Jan 27, 2015 1:27 pm
by Finfan
Hy was n wyse man. Verwys ook na die volgende quote:

Lady Astor said to Churchill, "If you were my husband, I'd poison your tea," to which he responded, "Madam, if you were my wife, I'd drink it!"

Hy verdien n Bells!!!

Re: Winston on Whisky

Posted: Wed Jan 28, 2015 10:52 am
by mva2912
Johnnie.jpg
James.jpg
Jack.jpg

Re: Winston on Whisky

Posted: Wed Jan 28, 2015 10:53 am
by mva2912
Al drie menere by name Johhnie, James en Jack het geweet wat hulle doen! Tyd en 'n plek vir alles. Kies net reg...

Re: Winston on Whisky

Posted: Wed Jan 28, 2015 11:03 am
by Finfan
Liewe ouers! Ekt ook so Johnny versameling, maar daai King George is bo my vuurmaakplek.

Re: Winston on Whisky

Posted: Wed Jan 28, 2015 11:07 am
by mva2912
Die versamel dinge gebeur mos nie in 'n middag nie (alhoewel baie mense so dink). Dit vat so rukkie en spaar en droom en wens. Daar is nog een wat my ontwyk. Teen huidige wisselkoers is hy so raps oor R35 000,00! Hy moet maar wag. Lank wag...

Re: Winston on Whisky

Posted: Wed Jan 28, 2015 11:25 am
by Finfan
Mens is net bang vir daai inbreker wat homself help en glo daai Whiskey is dieselfde kwaliteit as n vaaljapie terwyl hy gou sy job afhandel. Mens moet hul maar uitdrink en weer vol Harrier maak met so bietjie van n temik mengsel.

Re: Winston on Whisky

Posted: Wed Jan 28, 2015 11:28 am
by mva2912
Deure, trellidoors en alarm, twee woefs, vroulief se goeie ore en ek en my roer. Hy gaan nie baie verder kom as om die eerste een se label te lees nie!