Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het Ammox plaat gebruik, 8mm, dit is die staal wat hulle, gebruik om die yster karre te bou, sommer van hulle offcut stukke gebruik, R400, vir 11 plate betaal, ook maar die boute agterop vasgesweis, 12mm, darem nog nie afgebreek nie. Sal kort voor lank hulle goeie workout gee en weer laat weet of hulle hou. Darm al laaste naweek die een redelik gedreun met n 300 WSM en n 300 WM, afstand was 325m, en hy het niks oorgekom nie, sal moet kyk wat hy op korter afstand maak.
FM jy is 100% reg
Safari &outdoor verkoop ook hierdie gonge met sy belt jy moet hom net ophang en begin oefen
Ons het al die gonge op 100m uit die vuis geskiet vir oefening as hy aan n belt hang sal die koeel nie terugkom,as die gong nie kan beweeg nie glo ek hy gaan defnitief terug kom
Last edited by JOHANNIC on Tue Feb 22, 2011 9:43 am, edited 1 time in total.
Is nogal waar wat Jaco op n vorige post gese het, as jy die boute agterop vassweis, en dan aan die belt hang, hang die plaat klaar met n effense vooroor neiging, net genoeg om die skrapnel af te deflekteer, ook die feit dat dit aan die belt hang en maklik kan beweeg, glo ek nie dat dit sommer n koeel direk terug gaan deflekteer nie....
Ja-nee kyk, ekself is al deur 'n koeel in die been getref wat terug gekom het van 'n spoorstaaf af.
Die video verduidelik ook mooi wat kan gebeur: http://www.youtube.com/watch?v=0ABGIJwiGBc
Gee my asb bietjie meer raad mbt die bou van die gonge.
Ek neem aan Skaar verkoop net die gonge en die res moet jy sef aan mekaar timmer? Waar kan ek die belt kry en wat se tipe raam werk die beste (kan jy iemand aanbeveel wat die raam kan maak).
Byvoorbaat dankie vir die raad en inligting.
Ek het sommer gemaak van 25X25 tubing, die belt sommer aan die raam vas gebout met twee 12mm boute. As jy hom mooi uitwerk het jy net n lengte nodig op n gong, onthou om hom redelik hoog te maak, sodat hy bokant die gras kan uitkom, anders sny jy heel dag gras mo die gonge te kan sien.
Die gonge wat ons vir die Jaggeweer kompetisies gebruik word van 8mm - 10mm Ammox 500 pantser staal gemaak. Hulle is lig genoeg om te beweeg as jy hulle met n klein kaliber soos n .22 250 of .223 skiet, en dit deflekteer die koe?ls lekker af. Dit is baie harder as Bennox, en hou baie langer. Ons bestel dit met die 2 x gate reeds in ge pons, aangesien jy knor om dit te boor, en welding hou nie aan dit, tensy jy met die regte pantser draad sweis.
Hulle is 200mm in deursnee, en hang aan n konveyor belt van sowat 120mm breed. Die rame kan van enige iets soos 25 x 25 angle iron of square tubing gemaak word. 12mm reingforcing roundbar werk ook goed. Dit is belangrik om die raam genoeg ondersteuning te gee by die pote, aangesien die swaai van die gong hom maklik omgooi.
Hulle word in kompetisies tussen 150m - 350m geskiet. 5 skote in 120 sekondes vanuit enige posisie en skietpunt wat op die dag besluit word.
Ek het 1' round tubing gebuig en raam gemaak wat uitmekaar kan haal. Die pote is skottelskare en die hele raam ( x 5 ) sal in 'n motor se kattebak pas. Ek sal more foto neem en plaas. Ek sit klippe op die skare en die stelasie/raam werk lekker.
Ek het so tyd terug 'n gewone mild steel plaat aan een ketting opgehang en van so 50m geskiet met 223. So 20 of so skote later sien ek bloed loop op my been. Klein stukkie brass het my vel gesny. Die goete kan terugkom. Pasop maar. Dit werk beter as die gong so effe gedraai is dan weet jy die angle is nie terug na jou toe nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Beyers
PM vir Gert Visser hy sal ook vir jou kan se waar, ons gebruik dit ook in die klub,ek dink hy sit vandag op die parsmasjien so hy sal dalk eers vanaand terugkom na jou toe
Of Pm vir kannolie beukes hy bestel ook die gonge
Groete johan
Nooit het ek gedink gonge kan soveel trugvoering kry nie. Baie dankie aan al die manne se raad gaan defnitief vir my van hulle maak. Ek hou nogal van die idee van n bout na agter wat die gong n skuinste gee, ek sien nie kans vir daai loot in die lyf nie.
Dankie.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Ja jy het my daar, maar as daai loot help vir die loot sal ek dit heroorweeg.
Jy sal darem sien hoe sit en skiet die ou manne hulself van nou af in die voet
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"
Beyers wrote:
Piet
Waar kry mens die Ammox 500 en die prys asb?
Beyers
Beyers, ek is nie seker nie. Die vereniging het op n stadium laat maak, en dit was goedkoper om n hele plaat te laat sny. Die extra gonge wat oorgebly het, het ons toe by die vereniging ge koop. Ek kan nie onthou wat die prys was nie, maar dit is redelik duur. Regte pantser staal is maar baie duur.
Christo Els wrote:
Bitter baie dankie vir almal se raad.
Ek het nie geweet dat so baie mense die teikens gebruik om te oefen nie en dan is daar van die manne wat nog die lood kan ver gooi.
Wel ek is eerlik ek kan nog nie daardie houe gooi nie, maar sal dit wel probeer.
So as ek reg is moet dit 'n 12-15 mm dikte plaat wees by 200x200mm groot vir afstande van af 100m tot 300m.
Verder afstande reken ek kan 'n mens 400x400mm plaat vat.
Die stand is darem ook eenvoudig om te maak.
Ek sal nie gonge op 100m skiet nie, tensy jy dit skuins draai. As jy die regte staal gebruik is 15mm heeltemal te dik en te duur, en onnodig swaar om in die berg in te dra, en dit beweeg ook te min as jy hom met n ligter kaliber skiet