Staal teikens

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Staal teikens

Post by Francois Marais »

Beyers
Is daar vasgestelde groottes vir die veldskiet oefeninge?
Sover ek weet 8" 200mm, verteenwoordig die doodmaak area (hart/long) op n Springbok....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Staal teikens

Post by Beyers »

Dankie Francois
Wat is die maksimum afstand waarop geskiet word?
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Staal teikens

Post by Francois Marais »

Manne

Ek het Ammox plaat gebruik, 8mm, dit is die staal wat hulle, gebruik om die yster karre te bou, sommer van hulle offcut stukke gebruik, R400, vir 11 plate betaal, ook maar die boute agterop vasgesweis, 12mm, darem nog nie afgebreek nie. Sal kort voor lank hulle goeie workout gee en weer laat weet of hulle hou. Darm al laaste naweek die een redelik gedreun met n 300 WSM en n 300 WM, afstand was 325m, en hy het niks oorgekom nie, sal moet kyk wat hy op korter afstand maak.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Staal teikens

Post by Francois Marais »

Beyers

Voorskrifte is 150-350m.....maar uit veldskiet posisies...maar ek is n leuk op die gebied, Piet of Johan moet se as ek strooi praat.


Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Staal teikens

Post by Beyers »

Ek is bekommerd oor nader as 150m die kans is goed dat die koeel sal terugkom
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Staal teikens

Post by JOHANNIC »

FM jy is 100% reg
Safari &outdoor verkoop ook hierdie gonge met sy belt jy moet hom net ophang en begin oefen ;)

Ons het al die gonge op 100m uit die vuis geskiet vir oefening as hy aan n belt hang sal die koeel nie terugkom,as die gong nie kan beweeg nie glo ek hy gaan defnitief terug kom :D
Last edited by JOHANNIC on Tue Feb 22, 2011 9:43 am, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Staal teikens

Post by Francois Marais »

Beyers

Is nogal waar wat Jaco op n vorige post gese het, as jy die boute agterop vassweis, en dan aan die belt hang, hang die plaat klaar met n effense vooroor neiging, net genoeg om die skrapnel af te deflekteer, ook die feit dat dit aan die belt hang en maklik kan beweeg, glo ek nie dat dit sommer n koeel direk terug gaan deflekteer nie....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Staal teikens

Post by Stefan764 »

Manne

Newton se 3e wet lieg nie. As daai gong aan n stuk conveyor belt hang is daar nie n manier dat hy kan trugkom tot by jou nie.

Jakes se plan maak dit nog meer veilig, soos FM ook nounet beaam het.

Kan nie vir myself indink dat dit onveilig is om op 100m so te skiet nie..... Mar nou ja, never say never ne?

2c

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Staal teikens

Post by Beyers »

Het seker soos 'n skolier gelees. Ek sal my plate moet modify
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Staal teikens

Post by Geno »

Ja-nee kyk, ekself is al deur 'n koeel in die been getref wat terug gekom het van 'n spoorstaaf af.
Die video verduidelik ook mooi wat kan gebeur:
http://www.youtube.com/watch?v=0ABGIJwiGBc

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Eras
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 88
Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am

Re: Staal teikens

Post by Eras »

Christo,

Gee my asb bietjie meer raad mbt die bou van die gonge.
Ek neem aan Skaar verkoop net die gonge en die res moet jy sef aan mekaar timmer? Waar kan ek die belt kry en wat se tipe raam werk die beste (kan jy iemand aanbeveel wat die raam kan maak).
Byvoorbaat dankie vir die raad en inligting.

Eras
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Staal teikens

Post by Francois Marais »

Eras

Ek het sommer gemaak van 25X25 tubing, die belt sommer aan die raam vas gebout met twee 12mm boute. As jy hom mooi uitwerk het jy net n lengte nodig op n gong, onthou om hom redelik hoog te maak, sodat hy bokant die gras kan uitkom, anders sny jy heel dag gras mo die gonge te kan sien.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Staal teikens

Post by Piet Breedt »

Die gonge wat ons vir die Jaggeweer kompetisies gebruik  word van 8mm - 10mm Ammox 500 pantser staal gemaak. Hulle is lig genoeg om te beweeg as jy hulle met n klein kaliber soos n .22 250 of .223 skiet, en dit deflekteer die koe?ls lekker af. Dit is baie harder as Bennox, en hou baie langer. Ons bestel dit met die  2 x gate reeds in ge pons, aangesien jy knor om dit te boor, en welding hou nie aan dit, tensy jy met die regte pantser draad sweis.

Hulle is 200mm in deursnee, en hang aan n konveyor belt van sowat 120mm breed. Die rame kan van enige iets soos 25 x 25 angle iron of square tubing gemaak word. 12mm reingforcing roundbar werk ook goed. Dit is belangrik om die raam genoeg ondersteuning te gee by die pote, aangesien die swaai van die gong hom maklik omgooi.

Hulle word in kompetisies tussen 150m - 350m geskiet. 5 skote in 120 sekondes vanuit enige posisie en skietpunt wat op die dag besluit word.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Staal teikens

Post by Christo »

Ek het 1' round tubing gebuig en raam gemaak wat uitmekaar kan haal. Die pote is skottelskare en die hele raam ( x 5  ) sal in 'n motor se kattebak pas. Ek sal more foto neem en plaas. Ek sit klippe op die skare en die stelasie/raam werk lekker.

Ek het so tyd terug 'n gewone mild steel plaat aan een ketting opgehang en van so 50m geskiet met 223. So 20 of so skote later sien ek bloed loop op my been. Klein stukkie brass het my vel gesny. Die goete kan terugkom. Pasop maar. Dit werk beter as die gong so effe gedraai is dan weet jy die angle is nie terug na jou toe nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Staal teikens

Post by Beyers »

Piet
Waar kry mens die Ammox 500 en die prys asb?
Beyers
Eras
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 88
Joined: Wed Sep 08, 2010 7:59 am

Re: Staal teikens

Post by Eras »

Piet, Francios en Christo;
Baie dankie vir die raad/inligting - waardeer dit.

Groete

Eras
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Staal teikens

Post by JOHANNIC »

Beyers
PM vir Gert Visser hy sal ook vir jou kan se waar, ons gebruik dit ook in die klub,ek dink hy sit vandag op die parsmasjien so hy sal dalk eers vanaand terugkom na jou toe
Of Pm vir kannolie beukes hy bestel ook die gonge
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Staal teikens

Post by Beyers »

Dankie
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Staal teikens

Post by BLOK »

Nouy kyk nou net

Nooit het ek gedink gonge kan soveel trugvoering kry nie. Baie dankie aan al die manne se raad gaan defnitief vir my van hulle maak. Ek hou nogal van die idee van n bout na agter wat die gong n skuinste gee, ek sien nie kans vir daai loot in die lyf nie.

Dankie.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Staal teikens

Post by Stefan764 »

BLOK wrote: ....... ek sien nie kans vir daai loot in die lyf nie.

Dankie.

Blok.
Blokka

Mens spel dit LOOD, so ek neem aan jy verwys na die lood in jou lyf wat beginne groei en n loot maak!!!!  ;D ;D

Skies kon die enetjie nie laat glip nie...  ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Staal teikens

Post by BLOK »

Stefan

Ja jy het my daar, maar as daai loot help vir die loot sal ek dit heroorweeg.  ;D ;D ;D
Jy sal darem sien hoe sit en skiet die ou manne hulself van nou af in die voet ;D

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Staal teikens

Post by Christo Els »

Bitter baie dankie vir almal se raad.

Ek het nie geweet dat so baie mense die teikens gebruik om te oefen nie en dan is daar van die manne wat nog die lood kan ver gooi.

Wel ek is eerlik ek kan nog nie daardie houe gooi nie, maar sal dit wel probeer.

So as ek reg is moet dit 'n 12-15 mm dikte plaat wees by 200x200mm groot vir afstande van af 100m tot 300m.

Verder afstande reken ek kan 'n mens 400x400mm plaat vat.

Die stand is darem ook eenvoudig om te maak.
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Staal teikens

Post by Piet Breedt »

Beyers wrote: Piet
Waar kry mens die Ammox 500 en die prys asb?
Beyers
Beyers, ek is nie seker nie. Die vereniging het op n stadium laat maak, en dit was goedkoper om n hele plaat te laat sny. Die extra gonge wat oorgebly het, het ons toe by die vereniging ge koop. Ek kan nie onthou wat die prys was nie, maar dit is redelik duur. Regte pantser staal is maar baie duur.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Staal teikens

Post by Piet Breedt »

Christo Els wrote: Bitter baie dankie vir almal se raad.

Ek het nie geweet dat so baie mense die teikens gebruik om te oefen nie en dan is daar van die manne wat nog die lood kan ver gooi.

Wel ek is eerlik ek kan nog nie daardie houe gooi nie, maar sal dit wel probeer.

So as ek reg is moet dit 'n 12-15 mm dikte plaat wees by 200x200mm groot vir afstande van af 100m tot 300m.

Verder afstande reken ek kan 'n mens 400x400mm plaat vat.

Die stand is darem ook eenvoudig om te maak.
Ek sal nie gonge op 100m skiet nie, tensy jy dit skuins draai. As jy die regte staal gebruik is 15mm heeltemal te dik en te duur, en onnodig swaar om in die berg in te dra, en dit beweeg ook te min as jy hom met n ligter kaliber skiet
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Staal teikens

Post by Christo Els »

Hier by ons is die hoogste ding 'n klein duintjie en witgat bome ;D


Wel die off cut plaat kan ek miskien verniet kry of vir 'n kwvtjie ruil.
Maar ek sal hom beslis skuins sit.
Dankie vir die onthou.  Piet

Ek sal meer met die 303 na hom toe oefen as met die 222.
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
Post Reply