Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Win vleisskade gaan die een baie moeilik maak. Nie almal skiet kopskote nie.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Ek stem Peet. By my is daar gewoonlik bladskootbokke by.Pvdw wrote:Win vleisskade gaan die een baie moeilik maak. Nie almal skiet kopskote nie.
Veiligheid eerste manne!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Vleisskade se impak op finale gewig is mos dan ook deel van die vooraf gesprek tussen die jagter en die slagter. Dis nie 'n waterdigte oplossing nie, maar help minstens om sekere moontlike misverstande vooraf uit te stryk.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
stem saam Eugene as jy sny is daar bloed op die tafel en daar is saw dust in die bandsaag dit is waarvan ek praat ons het met blok toetse al tot 8% verlies gehad op goed soos pork rashers en so . dit het defenitief n effek op die gewig .Eugene wrote: 375, ek hoor wat jy sê, maar as ek op 'n Donderdag middag my bokke aflaai en die volgende dag gebel word om my vleis te kom haal, hoeveel vogverlies kan daar wees? Behalwe nou die verlies aan die rugstringe en fillets.....
ek moet ook by se dat daar omtrent 2kg (water en spices ) by jou wors vleis kom maar wors drup ook nog so ek weet nie wat finale verlies daar is nie
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Elke ou hoop seker maar sy 100kg bok gee 300kg se biltong en droewors....
Soos met alles in die lewe, maak een of twee "skelms" ongelukkig dat almal in die bedryf wantrou word....
Die slaghuis wat ek nou gebruik, sny nie die biltonge so perfek soos ek dit graag wil hê nie, maar die prys en gemak daarvan, maak dat ek dit oorsien. En as die man graag 'n fillet of rugstring vir homself wil hou, kan hy net vra, ek sal dit verniet vir hom gee!

Aim small, miss small
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Win ek gaan dit werklik nie doen nie, vir geen klient nie, om 2 redes, no1 daars nie tyd die tyd van die jaar om daai somme te sit en maak nie, en 2dens hang dit skoot plasing en die algehele karkas toestand af, ek kan nie sien hoe lyk die vleis binne in die blad waar die bok geskiet is nie, ens. Ek glo nie enige slagter sal dit doen nie.
Afhangende van die % vet wat die ou bysit sou ek se hy moes op die droewors 11 kg, boerewors 21kg en pattys 9.5kg vleis gebruik het. Dit gee dan vir jou n totaal van 149.9kg wat jou karkasse vleis en bene is. Jou karkasse het 167kg geweeg, op n 30% been, sening, kliere en bloedvleis verlies moes jou bene 50.1 kg geweeg het.
Daars n 16.4kg tekort, wat dan as jy dit bytel by dit wat jy ontvang het, vir jou 176.6 kg gee.
My opinie is dat jou vleis redelik reg lyk, maar jou bene verseker te min is.
Hoop dit het so effe gehelp.
Afhangende van die % vet wat die ou bysit sou ek se hy moes op die droewors 11 kg, boerewors 21kg en pattys 9.5kg vleis gebruik het. Dit gee dan vir jou n totaal van 149.9kg wat jou karkasse vleis en bene is. Jou karkasse het 167kg geweeg, op n 30% been, sening, kliere en bloedvleis verlies moes jou bene 50.1 kg geweeg het.
Daars n 16.4kg tekort, wat dan as jy dit bytel by dit wat jy ontvang het, vir jou 176.6 kg gee.
My opinie is dat jou vleis redelik reg lyk, maar jou bene verseker te min is.
Hoop dit het so effe gehelp.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Dankie Robbie en ander, soos gese ek het nooit gedink die man vat kanse nie, hy is verseker te besig daarvoor. Die wiskunde bly maar net interresand.
Veiligheid eerste manne!
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Pierre niemand is volmaak nie ne!
Dit het met my ook al gebeur dat n persoon laai en daar iets agter bly, maar omdat ek alles baie duidelik merk, elke pak het n naam op, kom mens dit wel agter, en dan bel ek dadelik die klient en se dit vir hom. As dit vir hom ongerieflik is om te kom haal, vat ek dit weg, want dis sy bok se vleis of wat ookal.
Jy kry verseker manne wat jou oop oe befoeter, en kan ek nie verstaan hoe daar steeds mense is wat teen R13/kg biltong en droewors maak nie, dit is totaal onmoontlik, en is die eenigste oplossing dat hy jou vleis laai met water en goedkoop vet, en daai hoeveelheid vleis by jou steel. Wees maar versigtig manne.

- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Of hulle maak donkie vleis Robbie of soos daai jakkals van Ge, mens weet nie altyd wat mens eet nie. Soos hulle in afrikaans sê:
Wat die oog nie sien maak die hart nie seer