Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Ek het verlede week in die Vrystaat gaan jag. Terug saam met my in die trailor het n swartwildebees, drie blesbokke, en drie springbokke gery. Die bokke is soos normaalweg dadelik by die slagter van my keuse afgelaai, en instruksies oor die verwerking is gegee.
Die gewig van die swb was 77kg (Donderdag voor afslag begin is geweeg), die blessies was elk 30kg, Vrydag nog in die OVS geweeg, en die springies laat ek buite rekening aangesien hulle soos skaap in tjops en boude gesny is. Die totale gewig vir verwerking is dus 167kg. Van die vleis word daar wors, patties, maalvleis, kookvleis, biltong en droewors gemaak.
Volgens die slagter sit hy 7kg Varkvleis in die wors, sowel as 1,9kg skaapvet, en dan is daar natuurlik nog derms, spices en water wat ook hierby gesit word. My wiskunde se my dan moet ek in die omgewing van 177kg verwerkte vleis terugkry. Die blessies was aldrie kopskote, en die swb die skoonste skoot reg van voor nog, dus is daar geen vleisskade nie. My instruksie is om al die bene op te sny en aan my te gee in een groot sak. Hier is 30kg bene.
Probleem wat ek het is dat ek slegs 160kg verwerkte vleis terug gekry het. Mis ek iets erens? Kan die drie blessies soveel gewig in n week verloor, want onthou die swb is geweeg net voor hulle begin opsny het?
Ek weet baie mense gaan my na Robbie verwys, en ek sal baie graag sy opinie ook wil hoor, maar ek wil graag hoor of jy al jou vleis wat van die slagter afkom geweeg het, selfs die wat van Robbie afkom? Selfs al verwerk jy jou eie vleis. het jy al die finale produk geweeg?

Veiligheid eerste manne!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Pierre, as ons suiwer na massa kyk het jy dus 160kg vleis plus 30kg bene teruggekry = 190kg in totaal? Of is dit slegs 160kg insluitende die bene?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Nee Marius, die 160kg sluit die bene in. Dit is die som van wat ek terug gekry het.tripodmvr wrote:Pierre, as ons suiwer na massa kyk het jy dus 160kg vleis plus 30kg bene teruggekry = 190kg in totaal? Of is dit slegs 160kg insluitende die bene?
Veiligheid eerste manne!
-
Zack Benade
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Die eerlike mense daar buite droog vinnig op en raak al hoe minder.
'n Paar jaar terug het ek ook vuur gespoeg en ek het tot by die punt gekom dat genoeg ,genoeg is.
Ek gaan nie meer toelaat dat ek verneuk word nie. ek vat niks van niemand nie en ek verwag dieselfde.
Ek was in die verlede genoeg ingeloop en dis waarom ek al my eie vleiswerk doen.
Koop jou eie slaghuis toestelle soos mincer, stopper en saag vir die begin. Die klein goedtjies sal met die tyd bykom.
Vir my was dit 'n belegging want soos alles gaan die waarde van goeie sae en mincers ook jaarlik op.
Kyk op OLX, Gumtree en junkmail na goeie tweedehandse items as jy 'n paar sent wil bespaar.

Last edited by Zack Benade on Mon May 19, 2014 8:21 am, edited 1 time in total.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Pierre,
Klink of daar 'n sak agter gebly het (het my al oorgekom. Doelbewus of per ongeluk;) ), iemand 'n sak wederregtelik gevat het. Die 17kg klink bietjie baie vir 'n weeg fout op die bokke.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Dis moeilik.
Seker daar sal bietjie verlies wees vir senings en ander stront. Maar ek stem dat 10% verlies bietjie baie is.
Seker daar sal bietjie verlies wees vir senings en ander stront. Maar ek stem dat 10% verlies bietjie baie is.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Asb moet nie dink dat ek selfs insinieer dat die ou n skelm is nie, maar soos jy se Martin en Carl, dit klink net asof daar baie vleis "weg" is.
Veiligheid eerste manne!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Dagsê.
Jy en jou slagter behoort by die tyd al op goeie voet te wees.
Ek weeg maar alles by die slagter as ek dit aflaai en weer as ek dit gaan afhaal ook.
Ek wil net graag weet, is jou blesbokke met of sonder haarslagte geweeg? Ek moes ook al my slagter omverskoning vra nadat ek hom aangevat het oor my vleis wat "weg" is.
Jy sê nie of al die vleis nat aan jou terugbesorg is en of van die wors en biltong al effens afgedroog is nie. 10kg verlies is omtrent 7% en met nie al die feite op die tafel is dit moeilik om hier kant te kies.
Laat weet maar, dan ruk ons op en gaan "teer en veer" ons die skobbejak.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Jou woordsom is te lank!!!
Dit is 13% verlies. Jammer.
Dit is 13% verlies. Jammer.
Last edited by Gawie(13mm) on Mon May 19, 2014 8:03 am, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Klink vir my of jy te min bene terug gekry het.
77 x 25% = 19
30 x 25 % = 7.5 x 3 = 22.5
22.5 + 19 = 41.75
Of kry mens meer vleis as 75% uit 'n karkas?

- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Ek dink nie daar is vleis weg nie, daar ontbreek egter klomp bene as ek moet se. As ek die karkasse se gewig vat en persentasie aftrek vir bene moet jy in die omgewing van 120kg verwerkte vleis gehad het en so 50kg bene. Bene raak maklik weg.
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
VdWalt
60 vleis 40 bene afhangende van die tipe bok

- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Indien jy baie wors en maalvleis maak behoort jy meer terug te kry as hy bees of vark en vet byvoeg. Daar is seker 'n persentasie water wat ook bykom. Robbie sal ons meer kan vertel.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Jammer om te hoor, sal die met n valkoog dophou. Het ook so paar jaar terug self n saag en mincer ens gekoop, werk my eie vleis. Nou weet ek wat in die vrieskas is, is my vleis ens. En dit is lekker om my eie vleis te werk, ek geniet dit!
ek soek nog wapens...
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Ek het ook al gewonder....
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Piere jy kan 5% cutting los toe laat wat omtrent 7.5kg is dan is daar nog steeds vog verlies ook
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Pierre, ek redeneer dieselfde as jy. Dis as gevolg van die tipe dinge, dat ek geld gespaar en vir my 'n koelkamer ingesit en 'n slagkamer gebou het. Natuurlik is nie alle slagters dieselfde nie, maar wat jou oorgekom het, het my al vele kere ook oorgekom.
Ek redeneer soos volg: As jy 'n karkas/se van argumentsonthalwe, 100kg ingee en jy word aangeslaan vir 10kg se vet, 5kg se vark en 3kg se spices, dan behoort die totale gewig van alle verwerkte produkte, tesame met die bene, mos ten minste 115kg te wees? Die asyn en pekel waarin jou biltong is, weeg darem seker ten minste 2kg, dan is daar mos 3kg vir "wastage"...
Ek het so paar jaar terug, by al 4 die "erkende" slaghuise by ons bokke ingegee en telkens het ek minder teruggekry in gewig, as wat ek ingegee het. Dan is daar vet, vark en spices by, al die bene en 'n sakkie met die "bloedvleis"...
Hoe is dit moontlik?
375, ek hoor wat jy sê, maar as ek op 'n Donderdag middag my bokke aflaai en die volgende dag gebel word om my vleis te kom haal, hoeveel vogverlies kan daar wees? Behalwe nou die verlies aan die rugstringe en fillets.....

Aim small, miss small
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Ek het ook my eie slaghuis, en vewerk baie wild. Ek het nou al baie bloktoetse op wild gedoen.
Gemiddelde been persentasie oor wild is 30% van karkas gewig. Jy moes dus 50kg se bene teruggekry het.Jou vleis wat jy gekry het is reg. Daar is bene missing.

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Zack Benade
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Ek hoor wat die manne se van Cutting Loss maar ek is verseker daar gaan nie een slaghuis wees wat hierdie seenings, kliere,ens op die einde van 'n week vir jou gaan wys nie.
Waar is dit dan?
In jou wors, mince of paties????
Waar is dit dan?
In jou wors, mince of paties????
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Volgens my somme is jy kort op bene en nie vleis nie.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Ongelukkig is wildsverwerking nie n presiese wetenskap nie. Die verlies op kliere en senings is minimaal. Aan die ander kant, as jy braai wors laat maak kom daar weer water by wat die gewig opstoot. Geen slaghuis gaan jou geld vra vir die water nie, so jy sal nie die gewig weet nie.Zack Benade wrote:Ek hoor wat die manne se van Cutting Loss maar ek is verseker daar gaan nie een slaghuis wees wat hierdie seenings, kliere,ens op die einde van 'n week vir jou gaan wys nie.
Waar is dit dan?
In jou wors, mince of paties????
Op die ou einde van die dag net die volgende. Geen slaghuis wat al lank in die bedryf is sal jou moedswillig verneuk nie.(Ek praat nie van "fly by night slagters nie") Jou naam is baie meer werd as 2kg se wildvleis.
Slaghuise werk maar met mense, soos in enige ander bedryf. Daar gaan nou en dan seker iets wegraak, maar glo my die eienaar sal dit nie moedswillig doen nie. In hierdie geval dink ek daar het n sak bene agter gebly, of Sipho het homself aan bene gehelp.
Die slagter moet wel verantwoordelik gehou word vir daai bene wat missing is.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Hoe akkuraat vind julle is die sg. "carcass processing calculator" vir hierdie doeleindes?
Sien by . . .
http://www.stealthadventures.co.za/Carc ... lator.aspx

ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Hi Pierre.
Sien nou jou post. Op 177kg karkasse sal jou bene so +- so 50kg. Het die slagter nie ingeweeg toe jy aflaai nie???
As jou karkas warm 77kg weeg donderdag, gaan hy by sondag maandag 73kg weeg. Jy kan 5% van warm gewig tot 5grade binne temp aftrek, en dan as hy vir nog nnpaar dae hang, verloor hy steeds nog gewig maar nie meer so drasties nie.
Dis een ding wat ek nie omgee hoe haastag jy is nie, as jy aflaai weeg ons in, tag jou bokke, en jy teken jou kaart met die gewigte.
As jy n beter break down kan gee Pierre sal ek vir jou probeer bereken. Hoeveelmvan wat het jy terug gekry, bv biltong, droewors, steaks, sosatie, skenkels ens se gewigte.
Groetnis.

Manne, dankie vir die saamgesels. Dit lyk dan asof daar bene verlore geraak het, en nie vleis nie. Ek sit gou weer uit hou die gewigte geloop het.
Donderdag oggend, n week na die jag, word die blesse en SWB geweeg. Die total karkas gewig is 167kg. Hierdie karkasse hang onderskeidelik vanaf die vorige Donderdag middag (blesse), en die swb vanaf die vorige Saterdag. Hierdie is skoon karkas. geen hartslag ens ingelaat nie.
Die biltong en droewors is nog 100% nat, en glad nie gedroog nie. Die biltong is inteendeel nog in n effe waterige asyn mengsel.
Hier is uiteengesit soos in die sakke wat ek ontvang het:
Biltong 16.2kg
Droewors 13.7kg
Bene 33.7kg
SWB rumps, fillet en rugstringe 8.4kg
Kook vleis (nek en skenkels) 18.4kg
Maalvleis 31.2kg
Wors 27.0kg
Patties 11.6kg
Donderdag oggend, n week na die jag, word die blesse en SWB geweeg. Die total karkas gewig is 167kg. Hierdie karkasse hang onderskeidelik vanaf die vorige Donderdag middag (blesse), en die swb vanaf die vorige Saterdag. Hierdie is skoon karkas. geen hartslag ens ingelaat nie.
Die biltong en droewors is nog 100% nat, en glad nie gedroog nie. Die biltong is inteendeel nog in n effe waterige asyn mengsel.
Hier is uiteengesit soos in die sakke wat ek ontvang het:
Biltong 16.2kg
Droewors 13.7kg
Bene 33.7kg
SWB rumps, fillet en rugstringe 8.4kg
Kook vleis (nek en skenkels) 18.4kg
Maalvleis 31.2kg
Wors 27.0kg
Patties 11.6kg
Veiligheid eerste manne!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Hoeveel vleis kry jy terug van jou slagter?
Sou dit help as jagter die slagter vra om beraamde finale gewigte te gee (op skrif) voor die verwerking van die vleis begin? As jagter dan tevrede is met beraamde gewigte, gaan die slagter voort met die werk. Dis maar net 'n voorstel om beide partye te beskerm.