Page 2 of 2

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Posted: Tue Apr 15, 2014 10:44 am
by Geno
Ek stem saam met Mac. Groot ooie word gewoonlik deur katte gevang.

Ek sou enkeljakkals roepe gebruik (om die jakkalse te teiken), 20min wag en dan kos soos Springhaas2, Lightning Jack en Scrubhare (Om beide jakkals en rooikat in te roep), en Rooikat geluide soos Tossels3.

Dan sou ek ook naby rante roep, en aan die noord-ooste kant van die rant konsentreer.
As daar nie rante is nie, sou ek naby vleie en kuile roep.

Re: Ek en friend is moedeloos!!

Posted: Tue Apr 15, 2014 12:32 pm
by BLOK
Die manne gee mooi raad, maar as ek jy was sou ek op die stadium eerder n expert ingekry het. Skade is lyk my reeds gedoen en nog karring gaan alles net vererger.