Page 2 of 3
Re: Amper daar...
Posted: Tue Mar 19, 2013 9:03 am
by savage(P Coetzer)
n Knie is n vieslike ding as hy eers pla.
Watter dr gaan aan oom sny?
Re: Amper daar...
Posted: Tue Mar 19, 2013 9:04 am
by savage(P Coetzer)
Gerhard, wat was destyds die weermag se vereiste fiksheid om basies te voltooi?
Optrekke, 2.4km tyd ens.
Re: Amper daar...
Posted: Tue Mar 19, 2013 9:40 am
by Gerhard
savage wrote:Gerhard, wat was destyds die weermag se vereiste fiksheid om basies te voltooi?
Optrekke, 2.4km tyd ens.
2,4km in 12 min
40 push ups
60 sit ups
8 pull ups
As ek reg kan onthou...
Die Bats se fiksheids toetse is baie taaier...
Re: Amper daar...
Posted: Tue Mar 19, 2013 7:21 pm
by theedge
savage wrote:n Knie is n vieslike ding as hy eers pla.
Watter dr gaan aan oom sny?
Dr Botha -
Re: Amper daar...
Posted: Wed Mar 27, 2013 3:33 pm
by SV MAD (Henk)
Impressive Gerhard! Nee kyk, jy sal my gaar maak in daai paar minute hoor!
Re: Amper daar...
Posted: Wed Mar 27, 2013 11:00 pm
by Gerhard
Nee wat...
Ek sweet ook maar lekker.
Maar word met elke sessie sterker...
Sal volgende Dinsdag weer begin na ek die week af gevat het.
Dan druk ons hom weer inni rooi
Re: Amper daar..
Posted: Wed Apr 03, 2013 10:09 am
by Gerhard
Gaan loer bietjie op
www.madbarz.com
Hier sal julle n idee gee van my tipe program wat ek nou in die gym doen.
Die lekker ding is jy hoef nie naby n gym te wees om hierdie oefeninge te doen nie.
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 7:58 am
by Gerhard
Amper daar....

Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 8:11 am
by kopskoot
wat probeer jy ,met daai linker duim, onder hou?

Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 8:13 am
by SV MAD (Henk)
Baie netjies Gerhard!
Baie groot vordering, jy het voorwaar al baie verloor.
Vertel bietjie stats ens asb, waar jy was en hoeveel jy nou is
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 8:34 am
by Gerhard
SV MAD (Henk) wrote:Baie netjies Gerhard!
Baie groot vordering, jy het voorwaar al baie verloor.
Vertel bietjie stats ens asb, waar jy was en hoeveel jy nou is
Nee vrek ek het nie veel stats nie...
Toe ek einde Oktober begin het het ek 103kg geweeg op die gym se skaal...
Vandag was 94.5kg
Ek het nie regtig mates geneem voor die tyd nie.
Die broek was n 97cm ...

Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 8:35 am
by SV MAD (Henk)
Dit lyk baie goed, ek skat jou so op 18% BF. Waar wil jy wees ongeveer?
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 8:38 am
by Gerhard
Ek moet my BF laat behoorlik meet.
Ek wil val tot 12%
My grootste struikel blok is my eet plan agv werks omstadighede ...
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 8:39 am
by SV MAD (Henk)
Hoekom se jy so? Ek maak kos naweke gaar en vries dit, eet klokslag 10 uur en 3uur (gym van 12-2). dan weer 5 uur, 7 uur en 9uur
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 8:41 am
by Gerhard
Ek het mos nie n huis nie.
My huis is waar ek my hoed neer sit.
As dinge by die werk besig raak soos nou en as ek weer op my horlosie kyk is dit 15:00
Dan het ek 10:00 en 13:00 geskip...
As bachelor is ek ook nou die grootste kos maker nie...
Dis waar ek vasbrand
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 8:53 am
by SV MAD (Henk)
Self disipline maat. Dis al wat dit vat, en beplanning. Stel alarms ens, dis wat ek gedoen het. Abs are made in the kitchen and not the gym. It is what you eat.
As jy nie jou liggaam die regte kos gee nie (en etes skip), gaan jy nooit van daai vetlagie ontslae raak nie, want jou liggaam gaan die vet stoor. Maar as jy gereeld eet, dan gaan daai logie afval, want jy gee jou liggaam genoeg kos.
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 11:36 am
by Gerhard
Nee,
Ek stem 100% saam.
Die regte kos is wat die vet brand...
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 11:40 am
by savage(P Coetzer)
Het nou net my discovery toets gedoen en alhoewel ek k@ksleg is en 4jr laas verby n gegym gery het is ek aangenaam verras oor hoe ek verbeter het deur net reg te eet en 17kg te verloor.
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 12:50 pm
by Gerhard
savage wrote:Het nou net my discovery toets gedoen en alhoewel ek k@ksleg is en 4jr laas verby n gegym gery het is ek aangenaam verras oor hoe ek verbeter het deur net reg te eet en 17kg te verloor.
Baie netjies!!!
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 3:01 pm
by SV MAD (Henk)
Baie netjies.
Het ook laas donderdag die vitality gedoen glukose, bloeddruk cholesterol as is binne normale perke. Waar ek laasjaar die tyd met 'n bloeddruk van 140/100 gesit het, het ek nou 110/70.
Dit help as mens 15-20kg afskud hoor!
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 3:20 pm
by Gerhard
Awesome Henk!!!
Kan jou nou spot en se jy was n lekker duk gat... hehehe
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 3:25 pm
by savage(P Coetzer)
Ek het nou na die vorige uitslae gekyk. Bloeddruk was 130/85 gewees en vandag mooi 120/80. My glukose en cholestrol is steed mooi binne perke. Sal seker oor n week die res van die uitslae kry maar wat ek nou weet is my middel van 106cm na 91cm, gewig van 115kg en nou op 97.5kg. Vet % was 23.7 dink hy behoort nou darm nader aan 18% te draai. Met die push ups en crunches was ek maar baie gemiddeld 44 push ups en 58 crunches. Kan eintlik my eie dinges skop want ekt die crunches heeltemal te stadig benader en kon maklik 70 haal as ek bietjie spoed gevang het. Hopelik is ek volgende keer nader aan Gerhard se 58 push ups....
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 3:29 pm
by Gerhard
savage wrote:Ek het nou na die vorige uitslae gekyk. Bloeddruk was 130/85 gewees en vandag mooi 120/80. My glukose en cholestrol is steed mooi binne perke. Sal seker oor n week die res van die uitslae kry maar wat ek nou weet is my middel van 106cm na 91cm, gewig van 115kg en nou op 97.5kg. Vet % was 23.7 dink hy behoort nou darm nader aan 18% te draai. Met die push ups en crunches was ek maar baie gemiddeld 44 push ups en 58 crunches. Kan eintlik my eie dinges skop want ekt die crunches heeltemal te stadig benader en kon maklik 70 haal as ek bietjie spoed gevang het. Hopelik is ek volgende keer nader aan Gerhard se 58 push ups....
Mooi,
Gee gas.
My volgende toets is 60+ push ups en 100 crunches my doelwit.
Ek is nie veel gepla oor Vitality se BF% nie...
Volgens hulle is ek nog steeds op 24,5%
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 3:43 pm
by SV MAD (Henk)
Nee, daai masjiene by die gym wat BF% meet is stront. Kry iemand wat calipers het en jou dan meet, dis die beste manier.
Re: Amper daar...
Posted: Tue Apr 09, 2013 3:47 pm
by Gerhard
Vitality se toets is met calipers maar net op 3 plekke wat nie n akkurate lesing gee nie.
Sal by die Biokenetikuste gaan kuier om dit reg te laat doen.