Page 2 of 2

Re: Vlakvarke - Pongola - LIEWE OUERS

Posted: Mon Jul 15, 2013 9:07 am
by mariusr
welver wrote:Deon, jy moet maar tender vir n jag pakket aan die parkeraad kant.Die pryse is redelik ,en daar van is die mooiste varke in die omgewing.Daar word ongelukig net n paar van die jagte op tender gesit.Maar dis die moeite werd.

Groete
Jaco
My broer hulle het een jaar so pakket gekry daar skiet toe 14duim wielneus is mooi varke in daai omgewing maar betaal wragtig nie R2k nie! :): :o

Re: Vlakvarke - Pongola - LIEWE OUERS

Posted: Mon Jul 15, 2013 10:39 am
by Wouter Roets
Deon

Ek het ook al by Kemp hulle gejag en selfs in die berge was die varke n vervuiling. Daai trip het die varke en die nayla's my klaar gehad, net waar jy kyk was hulle. Ons het n hele paar rooibokke daai trip geskiet en dit was van die kleinste lyfies wat ek al in my lewe geskiet het. Ons is seker maar bederf hierbo. Toe ons besig was om ons plaas te stock het ons ook so 150 gekoop uit Piet Retief se wereld en hulle lywe was ook aan die klein kant en nie vergelykbaar met ons wereld s'n nie.

Deon waar ek die meeste varke in my lewe gesien het was op n plaas daar naby aan julle. Die grond het aan Oom Johan Kriek behoort en het gegrens aan Ithala. Hy het so swew hektaar rye gras aangeplant om hulle te lok en jy kon enige tyd van die dag meer as vyftig op die stuk tel. Ons rekord vir die week was 134 varke op die stukkie. Die varke was skoon van die pes en hy het hulle gevang met n tennis nette wat hy op die park en sy grens se draad gegooi het. n Skoot is dan geskiet aan sy kant en die varke het dan verstrengel in die nette. Sy makkers het dan die varke aan die agtervoete gevang en soos n kruiwa bestuur na die hokke toe. Ek onthou nog n foto in sy jagterskamp waar sewe so bestuur was wat teen die horison geneem is. Werklik iets besonders! Hy het n wa-vrag geld destyds gekry vir die varke aangesien hulle skoon was. Ek hoor die grond is ook nou aan die staat verkoop so dit is nou vir eweig verlore., wat n jammerte is want dit was n besonderse plaas.

Groetnis
Wouter

Re: Vlakvarke - Pongola - LIEWE OUERS

Posted: Mon Jul 15, 2013 11:08 am
by 375fanatic
DWB wrote:Ek het hom ook gesien Pierre.

Right manne, so varkie bo 10" kos R2000.

Dan kom die dag en PH fooie by, wag nog om die te kry, dan sal ons nou maar sien.

Maar ja, dit kan op 'n stewige bedraggie opeindig
as ek reg onthou mag jy ook net 2 grotes skiet dis hoekom jou kanse baie goed is om n trofee daar te kry hulle moor hulle nie uit nie

Re: Vlakvarke - Pongola - LIEWE OUERS

Posted: Mon Jul 15, 2013 12:26 pm
by DWB
Wouter,

Ek het ook al gehoor van daai plaas, maar soos jy sê is hy nou aan die staat verkoop!

Eish, die varkies interresseer my darem baie!

Re: Vlakvarke - Pongola - LIEWE OUERS

Posted: Mon Jul 15, 2013 3:02 pm
by Johan Nel
Dis iets om van mal te word. Na die skoot toe peul daar orals diere uit, sommer koedoes ook. Nee jissie, hulle sal my moet grond toe stoei en vasdruk tot alles weg is, want wragtig dis darem net een te veel vir 'n man soos ek met beperkte geleenthede... :): :): :):

Re: Vlakvarke - Pongola - LIEWE OUERS

Posted: Mon Jul 15, 2013 5:36 pm
by H2O
Daai video is so wild dit hoort 'n ouderdoms beperking op te he, vanaand ga ek nagmerries he va al daai varke.

Re: Vlakvarke - Pongola - LIEWE OUERS

Posted: Mon Jul 15, 2013 6:34 pm
by Pvdw
Ek het nou so paar keer saam met my broer gaan tiere vang op Jozini. My broer moes my maar gereeld aansê om die aas in die water te kry want op die oewer het die otte soos skape geloop. Hoe moet man dan nou konsentreer op die vis as die otte so lekker daar rondloop??

Re: Vlakvarke - Pongola - LIEWE OUERS

Posted: Mon Jul 15, 2013 6:38 pm
by Ian
Al wat ek kan sê is:
BLIKSES

Baie mooi om te sien.