Page 2 of 3

Re: Krimpvarkies

Posted: Wed Jul 21, 2010 8:11 am
by hannesfouche
Hallo Freek
Die selfde by ons in Lady Grey.
Ek het in Bedford distrik heelwat in die aand gesien,en in Burgersdorp op 2 geleenthede nou onlangs,maar soos jy se,hulle is skaars

Re: Krimpvarkies

Posted: Wed Jul 21, 2010 10:01 am
by Yalair
Hannes
Het jy na die topic ook gekyk

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=3

Groete
Ben

Re: Krimpvarkies

Posted: Wed Jul 21, 2010 7:59 pm
by hannesfouche
Hallo Ben
Ja ek het, na jy my bedag gemaak het daarop.Sal probeer om gps possisie te bepaal,wat hulle is sal ek nie weet nie,het hulle nie hanteer nie,sal in die toekoms meer bedag wees op die dinge.
Groete
Hannes

Re: Krimpvarkies

Posted: Thu Mar 15, 2012 10:07 am
by johan1
Het die krimpvarkie ding toe van die grond af gekom!

Johan Viljoen
082 857 4057

Re: Krimpvarkies

Posted: Thu Jan 10, 2013 9:00 pm
by tafjak
Darem 'n krimpvark ook raak gekiek:
Image

Re: Krimpvarkies

Posted: Thu Jan 10, 2013 10:49 pm
by PJS
Ek en n maat van my gaan skiet Jakkalse in die Coligny en Lichtenburg omgewing die 22 ste Des. Ek sien toe die krimpvarkie in die mielieland.
Dit is maar die 2 de een wat ek in my lewe sien.
Image


Mooiloop
PJ

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Jan 14, 2013 9:55 am
by Dawie Malan
Freek

Ek voel saam met jou oor die krimvarkies. Hulle is baie minder. 'n Groot rede daarvoor is natuurlik trekarbeiders uit Mosambiek en Zim wat hulle eet. Gooi hulle leweindig op die vuur. Skilpaaidjies ook.

Wat my nog meer die duiwel in maak is dat daar instansies is wat hulle beywer vir die rehabiltasie van blouape en bobbejane, maar niemand kyk na krimvarke en verkleurmannetjies nie.

Dawie

Re: Krimpvarkies

Posted: Sun Apr 14, 2013 11:11 pm
by Fanie
Ek het al verskeie kere gesien dat die "arbeiders" die goed loop en net doodmaak, geen mens weet waarom nie :( Ek dink dis maar in hulle natuur om so destruktief te wees.

Ek sal ook graag wil weet van die krimpvarkies, is daar dalk 'n skakel of web werf waar mens daarna kan kyk ?

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Apr 15, 2013 6:09 am
by Tarzan
Weet iemand dalk of krimpvarkies in jansenville area voor gekom het/nog voorkom? Nog nie een hier gesien nie

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Apr 15, 2013 6:43 am
by tripodmvr
Baie interessante onderwerp. Ek dink ek het nog net eenmaal so diertjie op 'n plaas gesien. Ek gaan probeer om 'n geskandeerde beeld te laai wat meer oor hulle sĂȘ. Sonder om die boek te verkrag is die beeld nie van goeie kwaliteit, maar wys darem waar hulle moontlik kan voorkom. Die' inligting is verkry uit Chris en Tilde Stuart se boek "Field Guide : Mammals of Southern Africa". 'n Baie handige boek met 500 goeie fotos van die diere wat identifikasie vergemaklik.
Krimpvarkie klein.jpg

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Apr 15, 2013 7:17 am
by G-force
Is dit nie die simpel jakkalse wat die krimpvarkies uitgevang het?

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Apr 15, 2013 1:12 pm
by Fanie
Gravitasie, ek twyfel of n jakkals 'n krimpvarkie maklik sal opvreet. Die natuur het mos elke diertjie sekere vermoeens gegee om homself te kan beskerm of uit die moeilikheid te kan hou.

Vat nou maar 'n trap-suutjies, hulle kan darrem vir jou BYT hoor. Veral as hy jou aan die lip beetkry ! As kind baie met hulle gespeel en ons het seker maar nie emosioneel dieselfde oor mekaar gevoel nie toe ek die oulike ou trapsiekies wou soen. Ek het eers jare later van meisies uitgevind.

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Apr 15, 2013 3:25 pm
by Freek
Manne ek is bevrees vandat ons hierdie topic begin het - way back in 2009, het ek nog nie weer 'n krimpvarkie gesien in die veld nie. Ek jag gereeld, Limpopo, Noord - en Oos Vrystaat, asook Noordwes. Wat my nog meer bekommer is die feit dat hier ook bitter min terug voering gegee is van insidente waar hul wel raak gesien is. Dit laat mens wonder...

Kan ons nie maar eerder 'n voorstel maak aan Bool en sy span dat hulle teiken op Jakkals en Rooikatte eerder verplaas moet word na Krimpvarkies nie? Ons spot nou maar ek het 'n ongemaklike onrustigheid in my binneste dat laas genoemde diertjies baie meer bedreig is.

Ek sal graag meer aksie wil sien van bewarings bewustes - moontlik is dit reeds aan die gang - om meer lig op hierdie onderwerp te plaas. Wat is julle gevoel?

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Apr 15, 2013 3:35 pm
by Fanie
Freek ek sal dit steun. Mens weet net nie altyd hoe om daadwerklik te help nie.

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Apr 15, 2013 3:56 pm
by Tarzan
Waar kan n ou n teelpaartjie in die hande kry? Ek sal graag van my kant af iets will doen en dan nog die voorreg he om dit te kan sien groei en beskerm. Wie kan ons help?

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Apr 15, 2013 5:19 pm
by Freek
Stacey Hallam hier op die ledelys het nogals geintereseerd geraak op 'n stadium en later het die topic heeltemal dormant geraak.


Stacey, if you are still arround, perhaps you can assist again with more updated information. Think we should realy try harder this time to get something going or at least be directed in the right direction where we can provide assistance and support to save our "Krimpvarkies"/hedgehogs.

Ambessa, moontlik kan die uwe ook aanduiding gee oor wie gekontak kan word i.v.m die saak.

Re: Krimpvarkies

Posted: Mon Apr 15, 2013 5:28 pm
by G-force
Ek het een so maand terug gesien hier naby my in die ooste van Pta in Zwavelpoort.

Re: Krimpvarkies

Posted: Wed Apr 17, 2013 5:14 am
by Tarzan
Manne help asb! Wil nie weer tread laat doodloop nie! Enige raad, kontak nr ens

Re: Krimpvarkies

Posted: Wed Apr 17, 2013 6:26 pm
by Tarzan
Bump

Re: Krimpvarkies

Posted: Fri Apr 19, 2013 2:51 pm
by Vaalboer
Hi

Julle sal nie glo nie maar hier in Alberton aan suide van JHB is hulle nogal volop in die nature estate. Sien en hoor gereeld van mense wat hulle in die tuine kry..

Blerrie oulike goedjies!

Re: Krimpvarkies

Posted: Fri Apr 19, 2013 3:23 pm
by Tarzan
Eks nou sommer lekker jaloers! Jhb nogal! Stuur bietjie fotos dat ons jou kan glo!

Re: Krimpvarkies

Posted: Fri Apr 19, 2013 3:26 pm
by Vaalboer
He he - het fotos maar kan nie op photobucket laai nie - geblok aan die kant. PM my jou e-mail of cell dan stuur ek!

Re: Krimpvarkies

Posted: Fri Apr 19, 2013 3:50 pm
by FHM
Vaalboer wrote:He he - het fotos maar kan nie op photobucket laai nie - geblok aan die kant. PM my jou e-mail of cell dan stuur ek!
Vaalboer laai van jou hardeskyf direk op n 'post reply'
Daar is n 'browse' en 'add file' funksie as jy pos of reply. ;)

Re: Krimpvarkies

Posted: Fri Apr 19, 2013 4:10 pm
by Vaalboer
Thanks FHM!

Hiershy...

Re: Krimpvarkies

Posted: Fri Apr 19, 2013 4:17 pm
by FHM
Ai te pragtig!
Ek het lank een as troeteldier in die huis gehaad as tiener in Olifantshoek. Ougat man!