Page 9 of 11

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jun 24, 2012 11:35 am
by James Wilson
Lekke Danie, ek het geweet dit is net n kwessie van tyd voordat die varke by julle ook is. ;D

ek is bly hier is van julle manne wat goeie resultate van die impalas gekry het, ek het egter uit so 200koeels wat ek van impala geskiet het(meeste op varke) gladnie goeie resultate gehad nie. alles het verander toe ek op die varke oorslaan na Hornady v-max.

as die Impala's vir julle resultate gee, geniet dit. self het ek hulle probeer en so tot n negatiewe antwoord gekom.

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jun 24, 2012 8:06 pm
by Spanner
Gerrit Visser wrote: Al die bokke was bladskote [ een skoot bokke]
Ek het wel probeer om die bokke styf agter die blad te skiet en tot my vebasing het die bokke baie gou geval en gevrek. Kon ook sien as die bok reg weghardloop [?20 - 30m] hoe die bloed beide kante uitblaas.

Dit wil voorkom of die borskas nie 'n vakuum kan trek nie, agv die 2x oop gate aan die borsholte [longe blaas nie weer op na punt die dier tref nie]
G Gert
Ek het so paar naweke terug 60 springbokke en blesbokke uitgeskiet met my .223.  Ek het volmantel PMP ammo gebruik en baie bokke is bladskote geskiet omdat breinskote nie dadelik beskikbaar was nie.  Bokke was in 'n 300Ha kamp met kort gras, kwesskote kan lank in die oog gehou word en opgevolg word.  Ek is geen voorstaander van volmantel koeels nie, maar hulle het goed gewerk !  Die bokke het nie een meer as 40 tree gegaan voor hulle gaan l? het nie.  Vir die uitskiet oefening, het hulle goed gewerk.  Ek het ook duidelik die bloed aan altwee kante van die lyf waargeneem.  My ervaring is dat die longe vinnig platval (afblaas) as jy altwee tref of reg deur die bok skiet, en dood tree vinnig in. Uit die aard was vleisskade bitter min. Springbokke en blesbokke is nie moeilik om dood te skiet nie - nie naastenby so taai derduiwels soos BWbees nie, so miskien het dit ook gehelp.  Ek gaan self die Impalas probeer en kyk wat maak hulle volgende jaar. 

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jun 24, 2012 8:40 pm
by Danie Lombard .243
Pierre

Yip, ek skiet 87gr Hornady Varmint HPBT asook Hornady 87gr V Max in my 243  Ek kry baie klein groepe en plat trajek met die koeels. Die 243 gebruik ek slegs vir jakke en katte asook springbokke in die nag waar ek slegs brein skote skiet. Ek het die Impala koeels in die 243 probeer maar kon nie groepe kry waarmee ek tevrede was nie. Ek glo 'n geweer met baie klein groepe skiet en dan weet ek die geweer is reg en dat ek my kant moet bring om sukses te behaal. as dit skoot mis is, is dit ek en nie die geweer nie.
My 243 se 8X56 scope is ingestuur na Lynx toe vir reperasies. Die onderste vertikale kruishaar het gebreek. Sou die 243 se scope reg was sou ek met die 243 in die bakke gery het. Sou ek met die 243 geskiet het sou ek nie so 'n gat oor kop ondervinding gehad het nie.


James

Net soos jy se, die varke is hier, so vir 3 jaar sien ons hul, skaam en skugter en is lekker skelm. Hul teel goed aan en word meer. Ons sien tans gereeld 'n sog met kleintjies. Die varke maak my lekker bedompig met die wat hulle die drade breek, droppers buig en krippe vuil maak. Jinne James, 'n vark jag darem oor lekker!

My buurman wat ook saam met my jakke jag en ook lid is van Jaracal, Jaco 7mm Rem Mag het gister die vark by my kom haal. Soos julle sekerlik al kon aflei eet ek en Yollie nie wiel neus nie. Hy vertel dat daar by hom onlags 'n skut was met .233 Rem gelaai met Impala koeels wat nie kon bok dood skiet met die koeels nie. Skoot plasings wat blykbaar goed genoeg gewees. Ek hou voet by stuk volgens my ondervinding dat die koeels slegs goed vaar teen 'n baie hoe trompselheid.
Ook het ek al ervaar dat sommige gewere glad nie goeie groepe kan skiet met die Impala koeels nie. Ander maat van my jag met Impala koeels in sy .270  Ek was by waar hy twee vlak varke mors dood geskiet het met die Impala koeels


Danie

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jun 24, 2012 9:09 pm
by VdWalt
Ek sien op die Impalas se website hulle het dryf bande wat maak
dat die druk laag gehou word en die spoed gejaag kan word.

Ek moet dalk die Bosvelder in die 6.5 probeer.

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Fri Jul 06, 2012 6:42 pm
by BLOK
Jammer die forum vat nie mooi taal nie maar kom ek julle se Impala is Twak.

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Fri Jul 06, 2012 6:44 pm
by Frederik
Hoe so Blok ?

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Fri Jul 06, 2012 6:48 pm
by DWB
Ek wil ook graag hoor?

Baie mense sweer daarby?

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Fri Jul 06, 2012 6:57 pm
by Pvdw
Blok jy is seker geregtig op jou opinie.

Peet

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Fri Jul 06, 2012 6:58 pm
by Frederik
DWB, ek dink sweer daarby is bietjie te ver ek gebruik hulle en hulle pas my maar nou met die 270 wat ek nou een van die dae gaan kry gaan ek meer probeer kopskotte skiet op goed diere en ek sal nie die impalas daarvoor gebruik nie. Dink aan interbond of accubond miskien dalk gmx, tsx soveel ander keuses maar dit gaan definitief iets wees wat oopmaak.

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sat Jul 07, 2012 8:42 am
by Geno
Blok, jy't maar redelik uitasem geklink oor die foon gister.
Vertel bietjie die storie toe? Afstand, skootplasing, spoed, hoe ver jy gestap het agter die bok aan ens....

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sat Jul 07, 2012 9:06 am
by DWB
Hahahaha,

Dit vertel bietjie meer oor hoe die opinie gevorm is!

Blok moes jy nie 'n vinniger punt gebruik het nie ;D

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sat Jul 07, 2012 9:11 am
by Vlakvark
;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D DWB
              Speed kills

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sat Jul 07, 2012 2:46 pm
by Danie Lombard .243
Blok

Jy het my nou baie nuuskierig, ek sal bitter graag meer wil hoor wat het gebeur met jou en die Impala koeels.






Volgens my is Impala koeels se sukses gebaseer op spoed.  Erge woes vinnige spoed.

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sat Jul 07, 2012 3:17 pm
by Koos Barnard
En skiet 'n Impala uit 'n .375 sommer op 'n stadige jakkalsdraffie en hy doen steeds sy werk perfek. Die het ek al talle male ondervind. Terloops, of ek nou vinnige of stadige koe?ls, Sierra, Nosler (BT of Accubond), Speer, Rhino, GS Custom, V-Max, Claw of wat ook al gebruik. As die koe?l tref waar dit moet, val die bokke. Die PUNT wat ek wil maak oor die belangrikste aspek van elke koe?l is dat jy die grys massa tussen die ore moet gebruik en raak moet kan skiet. ;D 

Re: Impala koe?ls vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sat Jul 07, 2012 10:04 pm
by Gerard
Ek sien op die Impalas se website hulle het dryf bande
  Vir duidelikheid:  GSC koe?ls het dryfbande en Impala, Barnes TSX, Spartan en so aan het groewe.

Dryfband koe?ls word gemaak sodat die skagdeursnee van die koe?l verband hou met die boordeursnee van die loop en die dryfbanddeursnee verband hou met die groefdeursnee van die loop.

Gegroefde koe?ls word gemaak sodat die skagdeursnee verband hou met die groefdeursnee van die loop en die groewe in die skag word gesny sonder enige verband met die boordeursnee van die loop.

Met dryfband koe?ls is die totale wydte van al die dryfbande, minder as die helfte van die skaglengte.

Met gegroefde koe?ls is die totale wydte van die groewe in die skag, minder as helfte van die totale lengte van die skag.

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jul 08, 2012 7:42 am
by DWB
Wil oom nie dalk die voordele en werking hiervan vir ons in die GS Custom bespreking verduidelik nie? Voel half deurmekaar op die stadium... Wetenskap was nooit my sterkpunt nie ;D

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jul 08, 2012 12:01 pm
by Danie Lombard .243
Is dryfbande en groewe nie presies dieselfde nie? Dit is soos wat dit vir my lyk.

Ek self is baie tevrede met die Impala koeels, tot en ment hede het alles op die plek morsdood neesgeslaan wat ek met die Impala koeels geskiet het vanuit my .300 Win Mag.

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jul 08, 2012 1:21 pm
by BLOK
Manne ja

Vrydag middag paar manne gevat om bokke te skiet. Nou die manne het nie gewere en ek het dat hulle my 204 gebruik vir blesbok en roobok skiet. Nou ek laai gewoonlik 45g hornady grsp's wat maar min of meer selfde is as V-max. Twee rooibokke mooi op die blad so 100 en 150m het in hulle spore plat geval toe n blesbok op so 180meter hy het so 80meter verder gedraf gaan staan vir so paar tellings en omgeval ek het so 2 of drie minute kans gegee voor ons nader is en daar gekom was hy reeds dood.

Toe dog ek ek gaan die 30g Impalas n tyr gee, ek wou graag sien watse resultate hulle lewer. Nou ek het nog nie lading ontwikkeling op hulle gedoen nie bloot gelaai soos Koos vir my uitgewerk het wat n beraamde spoed van 3500 behoort te wees. Op 150 meter het hulle nie te wonders gegroep nie so +- 40mm maar genoeg vir n bladskoot op daai afstand sou ek se.

Die blesbok het ek van agter die bakkie teen n skuins afdraand geskiet met n helling van tussen 30 en veertag van waar ek bo op die bakkie was. Die skoot is in so driekwart op teen die bokant van die linker blad deer die boonste gedeelte van die longe en die regterkanste bladbeen gebreek en onder die vel gaan sit.

Die bok het net daar plat geval om net weer enkele sekondes later weer op te staan en weg te hardloop. Nou dit was al baie laat middag en ek is maar te voet agter die bok aan tot donker sonder enage bloedspoor.

Volgende oggend het ek die plaas deur gery opsoek na n karkas maar niks gekry nie. Later toe ek weer uit is met n jagter het ek n baie krippel bok in die trop gesoen en hom maar met die 45's n kopskoot gegee en gehoop dit was die kwesbok.

Dit was toe.

Nou die penetrasie van die punt was uitstekend veral as in ag geneem word dat die oorkantste bladbeen ook gebreek was. Die skootplasing was seker nie wat dit moes wees nie maar steeds is die koel deer die boonste gedeelte van die long. Met die enagste skate aan die long n punch gaatjie met so sentimeter se bruising om die gaatjie.

Ongelukkag was my foon se baterye pap en kon ek nie fotos neem nie.

Kyk Impala is seker n goeie punt en lewer seker goeie resultate as die skootplasing 100% perfek is maar as ek met enage ander punt die selfde skootplasing gegee het sou die bok virseker geval het binne enkele minute of ten minste n behoorlike bloedspoor gelos het. n Ander punt sou met omklinking of selfs in die V-makse se gaval opbreking genoeg skade aan die long kon gee wat die Impala nie gedoen het nie.

Wat ek dink die moontlike probleem met die 204 se punte is is die skouer wat die shockwafe moet gee is effe te klein wat n te klein shockwafe tot gefolg het. Ek gaan virseker vir Koos terugvoering hiervan gee en nog verdere toetse doen, om weer te bevestag of dit wel die geval is. Sal seker iewers in die week as ek n tyd kry die punte gaan probeer in putty en kyk wat die resultate daarop is.

Sal julle op hoogte hou van my waarnemings.

Ek wonder net of Lourens nou al daai gel van hom klaar het en of ons al van dit in die hande kan kry om op toetse te doen.

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jul 08, 2012 1:37 pm
by Beretta
Blok
Lyk my die 204 werk mooi wat crony hulle op die 204 en wat is jou lading.
Beretta

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jul 08, 2012 1:38 pm
by Beretta
Blok
Sorry die Hornadys

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Sun Jul 08, 2012 1:48 pm
by BLOK
Oom Beretta

Ek het nog nie spoed geskiet nie maar die 45g'e groep bitter mooi. Ek reken so in die omgewing van 3400fps volgens die lading van 24.6g. Ek het 200van hulle gekoop en skiet hulle tot hulle klaar is dan gaan ek net die 32V-maxe en die GSC wat nog in wording is gebruik. Daarmee dek ek dan jakkals jag en kopskote en dan lyfskote vir kleinwild as die kinders skiet.

Ek weet nie sal maar nog verdere toetse met die Impalas doen nog so een of twee bokke op die lyf probeer dalk met Koos praat oor n dieper skouer, wie weet miskien verras hulle my nog sal nie kan se nie.

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Mon Jul 09, 2012 7:51 am
by Frederik
Ek het weer die naweek of gister gesien hoe taai 'n blesbok is as hy nie wil vrek nie. Dit was 'n skoot op 'n mooi ram so 220 meter van die stokke af met my 303 en 130gr impalas. Ek het die skoot bietjie getrek maar hy het mooi gewys hy is raak dit was 'n skuins frontal die koel is in by sy linker skouer voor en ek moes bietjie meer die skoot in die middle van sy sy bors skiet maar nou ja dit was ver vir my. Hy het verder weggedraf en lank gaan staan met sy bene wyd oop en ek het gedink hy gaan omval maar toe bly hy net staan en staan en ek besluit om maar nog 'n skoot te skiet maar daar was 'n jonger ram agter hom so ek moes wag aftsand was seker maklik oor 250 meter.  Toe begin hy direk van my af wegloop en ek besluit toe nee wat hy lyk nog te gesond en gee om 'n texas waar hy toe val en almal is toe bly.

Toe on nader beweeg toe staan hy so waar as wragtig weer op en gaan toe in die rigting van langer gras en haastig probeer ek nog 'n skoot inkry terwyl hy stap maar skiet  toe oor hom waar hy besluit om toe te draf en weg is hy in die lang gras. Skoot was maklik oor 350 meter en my naam is nie Kopskoot nie.  ;D

Toe het ons gaan soek in die lang gras waar my baas om sien opspring en weer gaan le en hy roep my ons loop toe soos wafferese grootwil jagters langs mekaar om hom te skiet as hy opstaan ek sien hom toe le maar die gras is dik en ek beweeg nader toe ek 30 meter van hom af is toe spring hy op waar ek net agter die blad en deur die longe 'n skoot kiet met geen reaksie en toe hy wegdraai weer 'n texas waar hy toe gaan staan met die agterbene plat. My baas gooi toe ook lood terwyl hy val en skiet toe hoog deur die kamme maar uiteindelik is die ram plat. Klaar gemince ook  :o

Nou ja ek wou nie kopskoot skiet toe hy le nie want ek sien toe sy pragtige stel horings ondersoek op om was my eerste bietjie getrek en moes seker net langs die ribbes in die pens ingaan die tweede texas was so 2 duim van die gat links my tweede texas terwyl hy opgespring het langs hom met skoot toe hy le en opspring net agter blad en deur die longe en my baas se skoot tussen die kamme van skuins af.

Ek dink nou weet ek waar morsdoodgeskiet fontein vandaan kom en ja die bliksems kan taai wees as hy wil en op einde van die dag my eesrte RW blessie net onder 17 duim sal fotos post en berig as ek tyd het.

Soos Koos gese het skoot plasing nommer 1 oor twee weke is dit springbokke in Britstown sal sien hoe werk die impalas op hulle en langer afstande.

Re: Impala koe?ls vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Tue Jul 10, 2012 12:07 am
by Gerard
DWB,
Wil oom nie dalk die voordele en werking hiervan vir ons in die GS Custom bespreking verduidelik nie?
Ek maak so.  Die bladsy sal 'n klompie dae vat om te voltooi want dit kan op ons FAQ afdeling gelys word.

Danie Lombard 243,
Is dryfbande en groewe nie presies dieselfde nie?
Lees weer asb.

"Dryfband koe?ls word gemaak sodat die skagdeursnee van die koe?l verband hou met die boordeursnee van die loop en die dryfbanddeursnee verband hou met die groefdeursnee van die loop.

Gegroefde koe?ls word gemaak sodat die skagdeursnee verband hou met die groefdeursnee van die loop en die groewe in die skag word gesny sonder enige verband met die boordeursnee van die loop.

Met dryfband koe?ls is die totale wydte van al die dryfbande, minder as die helfte van die skaglengte.

Met gegroefde koe?ls is die totale wydte van die groewe in die skag, minder as helfte van die totale lengte van die skag."

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Wed Jul 11, 2012 9:35 pm
by Danie Lombard .243
Skiet en jag maat van my het vanmiddag 11 Julie 'n swartwildebees op net anderkant 300 meter skiet afstand suksesvol gejag met sy Marlin .308 Win geweer gelaai met 130gr Impala koeels teen 2900fps  Dit was 'n hoog deur die longe blad skoot. Na die swb die skoot gekry het,het hy net 5 tot 7 meter (geskat) gestap en morsdood neergeslaan.
Die maat van my is ook gaande oor die koeels.

Danie

Re: Impala punte vir JAG - die praktiese Jaracal Forum toets

Posted: Thu Jul 12, 2012 11:30 am
by grumpy
Ek kyk na die Impalas maar wil eers meer uitvind oor die looplewe as jy dit gebruik en hoe effektief die koeel is as dit nie perfek geplaas is nie!!