Mis skote

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Mis skote

Post by Carl »

Ja Zack of die integriteit van die jagter die ou het gesê "dit was mis oom". Die boer in die geval vertrou die jagter en weerneens is sy vertroue verbreek. Hierdie is die Bosveld so die Boer roep nie die skoot nie.

Gelukkig het ons finansieel fantasties gedoen. Misskoot fooi R500 Rooibok R1200 = -R700. Nee wat ons gaan ryk word uit die wetters.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Zack Benade

Re: Mis skote

Post by Zack Benade »

Stem saam Carl
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Mis skote

Post by DWB »

Manne, ek wat relatief onlanks eers die voorreg gekry het om te begin jag (4 jaar terug), het begin leer met die feit dat daar sekere verantwoordelikhede is wat saam met jag gaan.

Die eerste ding wat ek geleer het is: Jy vat net 'n skoot as jy gemaklik is daarmee

Daai het my bas al baie gered, want ek het al meer as een keer nee gesê vir 'n skoot.

Ek het geleer van die mis skoot fooi en daarom het ek besluit ek kan my skote kies.

In dieselfde asem het ek een keer 'n geweer probleem opgetel en die boer het 'n mis op 'n Blesbok geroep. Gladnie eers vêr nie.

Ek het aangedring daarop om die bok se volle prys te betaal. En ek het.

2 weke later is daai bok dood gevind.

Maar ek het ook elke dag na ek daar weg is die boer gebel om te hoor if iets opgemerk is.

In my geval het die manne nie vreeslik tyd spandeer na die skoot om bloed te soek ens nie, ek voel wel dit is baie belangrik, want elke redelike "jagter" sal graag die dier so gou moontlik wil dood. Dit het my lank gekou...

Word ernstig oor jul skote, en soos wat 99% van die manne hier seker darem baie goed kan skiet, is dit woes moeilik om 'n bok mis te skiet op 'n redelike afstand. As die boer dan nou wil onredelik wees gaan hy eendag daarvoor moet verantwoording doen. Hou jy net jou kant skoon.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Mis skote

Post by johans »

Zack Benade wrote:Stem saam Carl
jy antw nog nie my vraag nie zack,hoe gemaak in my geval?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Mis skote

Post by FCLoretz »

https://scontent-a-lhr.xx.fbcdn.net/hphotos-xaf1/t1.0-9/q71/s720x720/1379328_706907512669870_858544649_n.jpg
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Zack Benade

Re: Mis skote

Post by Zack Benade »

zack nou hoe gemaak waar ek nie gidse het nie,ek laai die jagters in die veld af.ek kan mos nie by elke ou wees as hy n skoot skiet nie.dis mos grootmense hulle moet mos verantwoordelikheid kan vat?
Sorry Johan, Ek het jou brief misgekyk.

Die hartseer van die hele probleem is dat verantwoordelikhede verskil van persoon tot persoon.
Ek weet tyd is die meeste mense se vryand. Is kleiner groepies wat mens kan beheer nie die andwoord nie? Dis makliker om probleme uit te sorteer met 3 of 4 jagters wat dit is met 6 of 10.
Dit sal verseker beter gaan maar ek stem saam dit sal nie die probleem 100% oplos nie.

Smithfield is meer oop veld met 'n paar randjies so hier en daar. Springbok en blesbok is maar grootliks die wild. Ek glo meer kewsskote word hier geskiet as misskote.
Dis makliker om kwesbokke te sien in 'n trop of agter in 'n trop. Jy kom ook makliker agter as daar 1 of 2 uit die trop weg is.

Ek stem saam oor die verantwoordelikheid. Dis nie onregverdig om die kwesdiere te skiet en die koste oor te gee vir die groep nie.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Mis skote

Post by BRNO (Pierre) »

Zack Benade wrote:
zack nou hoe gemaak waar ek nie gidse het nie,ek laai die jagters in die veld af.ek kan mos nie by elke ou wees as hy n skoot skiet nie.dis mos grootmense hulle moet mos verantwoordelikheid kan vat?
Sorry Johan, Ek het jou brief misgekyk.

Die hartseer van die hele probleem is dat verantwoordelikhede verskil van persoon tot persoon.
Ek weet tyd is die meeste mense se vryand. Is kleiner groepies wat mens kan beheer nie die andwoord nie? Dis makliker om probleme uit te sorteer met 3 of 4 jagters wat dit is met 6 of 10.
Dit sal verseker beter gaan maar ek stem saam dit sal nie die probleem 100% oplos nie.

Smithfield is meer oop veld met 'n paar randjies so hier en daar. Springbok en blesbok is maar grootliks die wild. Ek glo meer kewsskote word hier geskiet as misskote.
Dis makliker om kwesbokke te sien in 'n trop of agter in 'n trop. Jy kom ook makliker agter as daar 1 of 2 uit die trop weg is.

Ek stem saam oor die verantwoordelikheid. Dis nie onregverdig om die kwesdiere te skiet en die koste oor te gee vir die groep nie.
Miskien sal ek more my post edit of selfs uitvee, maar dit klink nie vir my altyd asof jy weet waarvan jy praat nie. Effe randte en dale is n "under stetement" vir Smithfield. Daar is "berge/ randte" hoog genoeg vir enige bok om in weg te raak. Gekwes of vars.

By voorsit of selfs bakkie jag is dit glad nie moeilik om n bok te skaaf met n koeel nie, maar tog genoeg skade aan te rig dat daardie bok dit nie gaan maak nie. Daardie bok moet maar van die jaggroep verhaal word, en ek voel dat as daardie jagters hulle sout werd is, sal hulle dadelik betaal. Tussen hulle kan hulle maar die skade uit sorteer.

Ons was die naweek n jag groep van vyf. 36 bokke gedood. Vandag gehoor van een bekskoot springbok. 5 min later betaal. Dis in my opinie hoe dit gedoen moet word.
Veiligheid eerste manne!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Mis skote

Post by FCLoretz »

BRNO (Pierre) wrote: Ons was die naweek n jag groep van vyf. 36 bokke gedood. Vandag gehoor van een bekskoot springbok. 5 min later betaal. Dis in my opinie hoe dit gedoen moet word.
Wel gedaan Pierre en jag maats. Dit is hoe dit hoort en om pa te staan vir foute in die jagveld
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Post Reply